Amptelike Nuusblad : NG
Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 7 - Nommer 3 - 5 Februarie
2009 - www.ngkok.co.za/enuus
Gemeentes
opgeroep om publieke dae van gebed en verootmoediging in gemeenskappe te hou
Swart
bemagtiging in die landbousektor werk uitstekend op Humansdorp
Ondersteuning
van leerders met Spesiale Behoeftes - Ringsprojek van die Ring van Cradock
Die
vestiging van die Christelike geloof in Oos-Kaapland
Koos
Kombuis oor sy bekering(s), en meer
Geloofsgebaseerde
Geboortevoorbereidingskursus
In
die afgelope jaar gepreek oor Johannes 4?
Kerkeenheid: Saam op weg verg méér as reg of weg!
Jonk verskaf inligting vir die Biddag vir Onderwys
en Opvoeding
Herfsskool vir Aanbidding en Musiek in George
‘n
Spesiale gas uit Egipte, en: Jy is genooi vir ontbyt!
Winkerk-kursus
vir gemeenteskriba’s te Cradock aangebied
Vir ondersteunersgroepe en -selle vir sendelinge
‘n Geleentheid om die Mighty Men Saamtrek by te woon: 24 – 26 April 2009
Inligtingstuk
vir die sentralisering van gemeenteregisters
Voortrekker Gedenkkerk word ruimte waar swart,
wit en bruin welkom kan voel
Vir lede van Discovery Health - die Vitality
HealthyFood™ benefit
Nuut op ons sinodale foto-album
Besoek gerus ons fotoblad by www.flickr.com/photos/ngkok.
Stuur julle gemeentelike foto’s asb aan my, dan plaas ek dit graag op ons blad.
Gemeentes opgeroep om publieke dae van
gebed en verootmoediging in gemeenskappe te hou
Die Dagbestuur van
die Sinodale Kommissie roep gemeentes op om publieke dae van gebed en
verootmoediging in gemeenskappe te hou. Die oproep kom in die lig van die
ergste droogte in 50 jaar wat tans in die Oos-Kaap ervaar word. Oos-Kaapland
word ook swaar getref deur die insinking in die vraag na nuwe motors.
“Publiek” beteken in hierdie konteks om met
soveel as moontlik rolspelers te skakel - soos ander kerke, boereverenigings,
gemeenskapsorganisasies, handels- en nywerheidsverenigings, die plaaslike
munisipaliteit - en dan die hele gemeenskap by so ‘n geleentheid te
betrek. Op Cradock is verlede week so ‘n
byeenkoms gedurende die middaguur gehou, en dit is baie goed bygewoon. Langs
hierdie weg word gemeenskappe verenig in die uitdrukking van hulle afhanklikheid
voor die Here.
Hierdie oproep kom nadat gemeentes reeds in
November 2008 op versoek van die Sinodale Kommissie doelgerig tydens eredienste
vir die droogte begin bid het.
Talle versoeke van leraars en lidmate is
ontvang waarin gevra word dat die gebedsgeleentheid meer publiek van aard moet
wees. Ds Stephen Sass van Patensie vra dat gemeentes ‘n weeklikse
gebedsgeleentheid vir die droogte moet hou.
Die bedoeling is nie om die Here te
manipuleer nie, maar ons afhanklikheid voor Hom te bely.
Angus Buchan hou op Vrydag 6 Februarie ‘n
gebedsbyeenkoms vir die droogte in die Binneshuise Sportsentrum te Uitenhage.
Die NG Gemeentes van Uitenhage het ‘n sleutelrol in die reël van hierdie
byeenkoms gespeel.
Ons is tradisioneel daarop ingestel om op
hierdie wyse vir droogtes te bid. Ander faktore, soos ekonomiese droogtes, kan
ook daartoe lei dat gemeenskappe hulself verenig voor die Here. Dit is ‘n
belangrike manier waarop gemeentes “daar kan wees” vir mense.
Swart bemagtiging in die landbousektor werk
uitstekend op Humansdorp
Die deel-melkskemas
wat in die Humansdorp-distrik geskep is as gevolg van herverdeling van grond,
is van die min suksesvolle voorbeelde van swart bemagtiging in die land. Só vertel
mnr Johannes Vermaak, ‘n melkboer van Humansdorp, tydens ‘n werksete op
Humansdorp.
Humansdorp is die distrik in die land wat die
meeste melk produseer. Sowat 60,000 melkkoeie lewer ‘n kwartmiljoen liter melk
per dag.
Deelmelkskema’s op vier plase in die Agri
Tsitsikamma-Oos area van die distrik tot stand gekom. Die grond behoort aan
plaaswerkers en die Fingo’s, ‘n stam wat op groot skaal grond weens suksesvolle
grondeise bekom het. Daar word sowat 4,000 koeie op die vier plase gemelk,
waarvan die grootste twee onderskeidelik 1,350 en 1,150 koeie melk.
Die werkers betaal die grond gedeeltelik
met ‘n skenking van die staat, en die res met banklenings. Hulle voorsien die
grond en die vaste verbeterings in die deelmelkskemas. Die boere voorsien
melkbeeste, trekkers, implemente, weiding en bestuur. Daar bestaan ‘n tien jaar
kontrak vir die benutting van die grond, waarna die eienaars sou kon besluit of
hulle die kontrak wil hernu, of self verder wil boer. Teen daardie tyd sal die lenings op die grond
ten volle betaal wees.
Waarom is die projek so suksesvol? Johannes sę die verhoudinge is op wedersydse
respek en interafhanklikheid gebou. Die boere is afhanklikheid van die
grondeienaars om sekuriteit vir die noodsaaklike vaste verbeterings te verskaf,
terwyl die eienaars van die boere se ekonomiese en tegniese vaardigheid
afhanklikheid is. Beide partye is dus werklik bemagtig. Die bestuurder is Xhosa
magtig, wat ‘n onontbeerlike vereiste is.
Daar bestaan ‘n grondtoon van welwillendheid.
Mooi!
Ondersteuning van leerders met Spesiale
Behoeftes - Ringsprojek van die Ring van Cradock
Dit is aangrypend om
die lewendige kindergesiggies, glimlaggies en trots op hulle werk, van die
Cradock Sentrum vir Leerders met Spesiale Behoeftes te sien. Sommige van die
outjies is fisies en ander intellektueel gestremd.
Die Afrikaanse klas bestaan uit 15
leerders, terwyl die Engelse klas 40 sterk is. Die entoesiasme van die
onderwyseresse, wat in die absolute netheid en versorgdheid van die klaskamer,
die skoolwerk en die meelewing van die kinders weerspieël word, is ‘n
inspirasie.
Dit was vroeër vandeesweek my voorreg om
saam met Hansie Schutte ‘n draai by die skool te maak. Dit word gehuisves in
die Sofunda Sentrum vir Volwasseleer. Die Departement van Onderwys voorsien die
lokale, water en ligte en sekere skryfbehoeftes. Die res van die toerusting en
salarisse word befonds uit die skoolgeld en die ruimhartige bydraes van die
gemeentes van Cradock. Die bediening van die skool is ook as ringsprojek
geregistreer. Die Ring van Cradock maak bydraes, waarvan die sinodale
ringsprojekbydraes ‘n onderdeel uitmaak.
Ek het ‘n paar foto’s geneem. Hierdie
skakel neem jou soontoe: http://www.flickr.com/photos/ngkok/sets/72157613370293093/
Die vestiging van die Christelike
geloof in Oos-Kaapland
In ‘n merkwaardige
voordrag, oorspronklik gelewer by die Seën die Volkere konferensie van 2006,
vertel oom (ds) Giep Louw die verhaal van die koms van die evangelie na
Oos-Kaapland. Sommige dele is meer bekend, soos die werk van die sendelinge van
die Londense Sendinggenootskap. Dan is daar ook die storie van Ntsikana wat tot
bekering gekom het nadat hy ‘n visioen gesien het.
Dr Frank Drew se verhaal, as ‘n mediese
dokter met ‘n meestersgraad in teologie, wat tot op 85 onder die Pondo’s gewerk
het raak mens diep. Oom Giep vertel ook die verhale van besondere herlewings in
die Oos-Kaap. Sy voordrag is op ons webblad beskikbaar.
Hier is die skakel: http://www.ngkok.co.za/Artikels/Overview-of-Mission-in-the-EC-June-06.pdf
Koos Kombuis oor sy bekering(s), en
meer
‘n Hele aantal
merkwaardige lesings is verlede week gelewer by die opening van die Teologiese
Fakulteit, Universiteit Pretoria. Dit is op die webblad www.teo.co.za gepubliseer, en julle kan hierdie
skakel volg: http://teo.co.za/artikel/categories/Artikels/
Die lesings sluit Koos Kombuis se voordrag
oor bekering, Neels Jackson van Beeld se lesing oor Calvinisme, Johan van der
Merwe se inleiding oor die lewe en werk van Calvyn, Jurie le Roux oor
Calvinisme en nuwe individualiteit, en Christo van der Merwe se artikel oor die
missionale aard van die kerk in.
Geloofsgebaseerde Geboortevoorbereidingskursus
Vir egpare wat in 2009 'n
baba verwag, word daar DV op Saterdag21 Februarie 'n geloofsgebaseerde
geboorte-voorbereidingskursus in Jeffreysbaai aangebied. Hierdie kursus is
daarop gemik om egpare geestelik én prakties voor te berei op die koms van hul
kindjie, en word DV ook later in die jaar opgevolg met 'n
soortgelyke kursus vir die ouers van babas en kleuters.
Temas wat onder andere bespreek word, sluit
in: Bestekopname van my geloofslewe; veertig weke van verwagting uit 'n mediese
oogpunt; hoe kiesons 'n naam vir ons baba?; my verhouding met my eie ouers / my
eie verlede; werd-om-te-weet praktiese wenke, en nog vele meer. Die kursus word
aangebied deur Hanneke Friedl, 'n NG-proponent en ma van twee dogtertjies (4
jr. en 1 jr. oud), en Dr. Petro Maritz, algemene praktisyn van Jeffreysbaai en
ma van twee seuntjies (5 jr. en 2 jr. oud).Vir meer besonderhede, besoek gerus
die webblad http://50myrtleroad.synthasite.com/geloofsgebaseerde-ouerskapskursusse.php
of kontak Hanneke onder 076 874 5134 of by hak1friedl@telkomsa.net
In die afgelope jaar gepreek oor
Johannes 4?
Het jy in die
afgelope jaar of twee gepreek oor Johannes 4, die fokusteks sedert Sinode 2007
in die Oos-Kaaplandse sinodale gebied?
Indien wel, stuur asb jou preek aan ds
Hansie Schutte by schutte@ngkok.co.za.
Hansie wil tot ons almal se voordeel ‘n kompilasie van die preke maak, wat tot
almal se beskikking sal wees.
Kerkeenheid:
Saam op weg verg méér as reg of weg!
Jean Oosthuizen, nuusredakteur van Kerkbode, bring die
volgende belangrike onderhoud wat in die nuutste Kerkbode gepubliseer word
onder ons aandag:
Die Nederlandse Hervormde Kerk, die
Gereformeerde Kerke in Nederland en die Evangelisch-Lutherse Kerk in Nederland
het op 1 Mei 2004 ná ’n jare lange moeisame proses verenig om die Protestantse
Kerk in Nederland te vorm. Prof Leo Koffeman, dosent in Kerkreg en ekumene aan
die Protestantse Teologiese Universiteit in Utrecht was nou gemoeid met dié
eenheidsproses. Jean Oosthuizen het met prof Koffeman gesels oor die
eenwordingsproses in Nederland en die lesse wat die NG Kerkfamilie daaruit kan
leer. Prof Koffeman verduidelik onder meer in die onderhoud breedvoerig hoe die
kerke in Nederland die verskille oor belydenisskrifte hanteer het en waarom
kerkeenheid vir hom belangrik is. Die volledige onderhoud met prof Koffeman
verskyn in die jongste uitgawe van Kerkbode en kan ook HIER op die NG Kerk se webwerf
gelees word,
Jonk
verskaf inligting vir die Biddag vir Onderwys en Opvoeding
Ds Gielie Loubser, predikant vir Jeug, skryf
namens Jonk (die ou Algemene Jeugkommissie) het ’n versoek wat aan alle
dominees gerig word:
Geagte Liturg,
JONK (die ou AJK van die
Algemene sinode) vra vriendelik of u nie iets van die Biddag vir Onderwys
hierdie Sondag, 8 Februarie, wil maak nie.
Hiervoor gee ons aan u ’n paragraaf wat u kan voorlees of uitdeel asook
praktiese wenke wat die gemeente kan doen om die krisis van onderwys in ons
land aan te spreek.
Afkondiging/uitdeelstuk
Op 'n onlangse indaba waar al die belangrike
rolspelers was – onder wie die minister van onderwys, skoolbeheerliggame en
onderwysersvakbonde – is die krisis in onderwys geledere in oënskou geneem. In
'n dokument is erken dat daar groot probleme is:
* Die dokument
bevestig dat die meeste van die onderwyserskorps nie toegerus is vir hul werk
nie.
* Die meeste skole nie die nodige hulpmiddele
het nie.
* Die geletterdheids- en syfer vaardigheidsvlakke
van die meeste leerlinge so laag is dat Suid-Afrikaanse leerlinge laaste is in
elke groot internasionale geletterdheids- en syfer vaardigheidstoets.
* Die aanbevelings sluit in dat
uitkomsgebaseerde onderwys (UGO) hersien moet word.
Daar sal, om die skade te herstel,
teruggekeer moet word na basiese onderwys wat kinders leer lees, reken en
skryf. Om die onderwys te red, is egter
veel meer as ’n nuwe kurrikulum nodig. Nie net is die opleiding en heropleiding
van onderwysers ’n prioriteit nie, aandag moet ook gegee word om die probleme
met dissipline, wat ’n krisisvlak bereik het, te hanteer.
Wat kan die kerk doen?
1. Beheerliggaam verkiesings
Verkiesings van beheerliggame in openbare skole
word elke drie jaar gehou. Die volgende
rondte verkiesings vind juis in 2009 plaas.
Vanweë die moedeloosheid met die toestand in skole, word dit toenemend
moeilik om ouers te vind wat oor die nodige kennis en vaardighede beskik om op
beheerliggame te dien. Ouers versaak ook
hulle taak om vir beheerliggaam verkiesings op te daag.
(’n Skokkende verhaal): Minstens een geval van ’n skool waarin verreweg die meerderheid
leerders bely dat hulle Christene is, het onder hierdie versuim drastiese
veranderinge ondergaan. Die skool het
onbeskaamd ’n christelike etos uitgeleef, maar omdat die ouers nie opgedaag het
vir die verkiesing nie, is ’n groepering wat hulle beywer het vir die
afskaffing van die skool se godsdiensbeleid, tot die beheerliggaam
verkies. Die nuwe beheerliggaam se
eerste besluit was om die skool se godsdienbeleid af te skaf!
Kerke moet nou reeds begin om
hulle lidmate aan te moedig om hulself verkiesbaar te stel en om aan die
verkiesingsproses deel te neem.
2. Werwing van jongmense vir die
onderwysprofessie
Daar is al by herhaling
in die Kerkbode gerapporteer oor die dramatiese tekort aan opvoeders. In die
pers was daar ook onlangs artikels wat die dreigende katastrofe bespreek. Die noodsaak dat
jongmense aangemoedig moet word om hulself as opvoeders te bekwaam, spreek vir
sigself.
3. Die vestiging van ’n waarde gedrewe en etiese
gemeenskap
Die geweld en wangedrag wat ons in openbare skole
beleef, is bloot net ’n weerspieëling van dit wat in die gemeenskap
aangaan. Anders gestel: solank die
waardes en etiese gedrag van gemeenskappe nie verander nie, sal daar van die
onderrig hiervan in skole nie veel tereg kom nie.
Die
gemeente kan ’n reeks/ kursus/ program oor waardes aanbied. The search Institute in Minneapolis VSA het
baie goeie navorsing en programme oor waardes. Gaan kyk gerus by www.search-institute.org
4. Ondersteuning van skole, beheerliggame en
onderwysers
Daar is 'n moedeloosheid onder skool leiers en
onderwysers. Blote voorbidding in ’n
personeelkamer sal alreeds ’n groot bydrae maak sonder dat dit ’n groot
opoffering verg. Daar is egter sekerlik
veel meer wat gedoen kan word en kerklike leiers kan deur gesprek met
skoolhoofde, onderwysers en beheerliggame vasstel welke verdere hulp aan
die skool/skole binne hulle gemeentegrense verleen kan word.
Kom ons sien hierdie as ’n uitdaging en probeer
iets daadwerkliks doen!
Vriendelike groete
Gielie Loubser
Herfsskool vir Aanbidding en Musiek in
George
Ds Jacques Louw, voorsitter
van die ADGO se Projekspan vir Musiek skryf dat ‘n Herfskool aangebied word op 17-18
April 2009 te George. Die Sluitingsdatum vir inskrywings is 20 April
2009. Hy skryf verder:
Tye en omstandighede waarbinne ons lewe het
die afgelope dekades drastiese verander.
Daarmee saam het lidmate se persoonlike omstandighede en hulle
geestelike behoeftes ook onmiskenbaar verander.
Ook ten opsigte van ons eredienste het lidmate deesdae ander behoeftes
as 10 en 20 jaar gelede en die kerk moet hiermee rekening hou. Die veranderde
behoeftes van lidmate vandag, eis ook dat ons weer sal moet kyk na die
sinvolheid van ’n belangrike saak soos aanbidding in ons eredienste en veral
ook na die rol wat sang en musiek daarin speel.
Hoe lyk ons sang en musiek in eredienste? Bring dit nog lidmate daarby uit om God te
ontmoet en Hom met hulle hele hart te aanbid?
Verwoord ons sang en musiek nog die behoeftes van die post-moderne mens
om met God te kommunikeer? Die ADGO se
Projekspan vir Musiek, bestaande uit verteenwoordigers van FLAM, VONKK en die
SA Kerkorrelistevereniging het die afgelope tyd ernstig hieroor nagedink.
Liturge, en kerkmusici vanuit die klassieke en kontemporęre milieu het bymekaar
gekom en besef dat die tyd vir “worship wars” verby is en dat ons in ’n nuwe
tydvak van ons kerk se geskiedenis staan, met nuwe uitdagings wat ons moet
aangryp.
In Augustus 2008 het die ADGO se Projekspan
vir Musiek die eerste Aanbiddingskool in Potchefstroom gehou. Dit is deur meer as 200 kursusgangers
bygewoon. Die kursusgangers het dit met
opgewondenheid as wonderlik en verrykend beskryf.
Hiermee wil ons graag vir u die inligting
deurgee van die tweedaagse Herfskool vir Aanbidding en Musiek
wat op 17 en 18 April 2009 in George aangebied sal word.
Die
inskrywingsvorms is op ons webblad beskikbaar by:
http://www.ngkok.co.za/Kennisgewings/ADGO_Herfsskool_April_2009_George.pdf
(klik op die skakel, of kopieer en plak dit in jou webprogram se adresveld),
of by
Predikante kan
gerus daarop let dat hierdie Herfskool geakkrediteer is by die VBO Forum en dat
u met u bywoning VBO punte sal verdien.
Kerkrade (veral vanuit die Suid-Kaap, Wes-Kaap
en Oos-Kaap) word gevra om in belang van die saak van aanbidding in ons
gemeentes hulle predikante, orreliste, begeleidingsgroepe en ander betrokkenes
na die Herfskool te stuur en dit te sien as indiensopleiding. Ons doen ook ’n baie ernstige beroep op
kerkrade om tog die reis-, verblyf en inskrywingskoste van hulle leraars,
orreliste en ander betrokkenes na die Winterskool te betaal of andersins dit
dan ruim te subsidieer.
Neem ook kennis dat ons ook later vanjaar
nog soortgelyke aanbiddingskole in Bloemfontein (Augustus-maand) en Pretoria
(Oktober-maand) sal aanbied.
Ons is opgewonde om julle in April by die
Herfskool in George te sien! Skryf
dadelik in.
‘n Spesiale gas uit Egipte, en: Jy is
genooi vir ontbyt!
Die Ring van Algoa nooi alle
leraars uit na ‘n ontbyt op Maandag 23 Februarie 2009 (08:45 vir 09:15) by
PE-Hoogland se saal.
Ons het ‘n
wonderlike gas uit Egipte wat vir ons meer sal vertel van die uitdagings en
geleenthede vir die Evangelie in die belangrike Noord Afrika, Midde Ooste
gebied.
As Ring het ons
oor die laaste 18 maande ‘n sterk band met hom en sy organisasie begin opbou,
en w il dit graag met ander deel. Hoop julle sal dit kan bywoon. Lees asb
die kennisgewing op die web vir die program en meer inligting. Die skakel is:
http://www.ngkok.co.za/Kennisgewings/ontbyt.pdf
Hy tree ook op
by die aanddiens van PE-Lorraine op 22
Februarie om 18:30. Indien jy dit wil bywoon, of jul aanddiens soontoe
wil verskyf, sal julle baie welkom wees.
Kontak my vir meer inligting
Carl Crouse
+27 (0) 41 3655258
+27 (0) 834637462 (mobile)
+27 (0) 41 3655780 (fax)
Skype: johncp63
Ds Veneto Keyter laat weet:
Ons is baie dankbaar
en bevoorreg om 'n ervare sendeling, ds Murray Louw, vir ons sendingweek te
kry. Ons sendingweek vind plaas vanaf Sondagoggend 1 Maart tot Dinsdagaand 3 Maart. 1
Maart om 9:00 Aandbyeenkoms om 18:30, in die kerkgebou.
Die Maandag en Dinsdagaande se byeenkomste sal om 19:00 plaasvind in die
kerkgebou.
Winkerk-kursus vir gemeenteskriba’s te
Cradock aangebied
Winnie de Villiers, skriba van Cradock-Moedergemeente
het ‘n lekker praktiese inisiatief geneem. Gewoonlik bied Winkerk die kursus
vir skribas slegs in Port Elizabeth aan. Sy vertel:
Na aanleiding van kursusse aangebied in Port Elizabeth vir skribas om Winkerk program beter te verstaan, het ek gevoel daar is 'n behoefte vir ons plattelandse gemeentes wat nie Port Elizabeth toe kan gaan nie. Ek het soveel baat daarby gevind dat ek my voorgeneem het om een in ons gemeente aan te bied vir ons MIddellandse gemeentes. Ek het met ds Danie Batt van Simonstad geskakel en het hy gesę dat as ek 25 skribas bymekaar kan kry om te kom, hy die kursus by ons aanbied ipv Port Elizabeth.
Die kursus bestaan uit drie dele - vir beginners, gevorderd en finansieël. Indien jy slegs die beginnerskursus wil deurloop, dan is dit slegs 'n eendag kursus. Die datums wat hy beplan het vir Oos-Kaap is 8-9 Junie 2009. Ek het reeds 6 definitiewe name, maar dit sal wonderlik wees indien ons soveel moontlik daar kan hę. Die kursus is gratis, maar deelnemers moet vir die etes en hul eie verblyf betaal. Belangstellendes kan my kontak 048-8811197 of e-pos ngcdk@telkomsa.net
Nou is julle
kans - kontak vir Winnie!
Vir ondersteunersgroepe en
-selle vir sendelinge
‘n
Toerustingsgeleentheid vind plaas in die
Ark , by Somerstrand Ned. Geref. Gemeente, Louis Bothasingel 77, op Saterdag 28 Februarie 2009 van 09h00- 16h00 vir
alle lede van ondersteunersgroepe/selle vir sendelinge.
Alle ander belangstellendes/betrokkenes
word ook hartlik uitgenooi om dit by te woon. Dit word aangebied deur Elspeth Liebenberg van Campus Crusade for
Christ, Suid-Afrika. Die kostes beloop R50 per persoon wat ‘n middagete,
koffie en tee sal insluit.
Kontak Ilse Terblanche by 082 962 3309
of Liezl by die kerkkantoor van Somerstrand, 041-583 5115, om te registreer
voor Vrydag 20 Februarie.
Inbetalings by Liezl by die Somerstrand-kerkkantoor
voor die tyd om jou plek te verseker.
‘n Geleentheid om die Mighty Men
Saamtrek by te woon: 24 – 26 April 2009
Kassie de Jongh van Jeffreysbaai-gemeente se Men@SiX
mannebediening laat weet:
Ons bied die gemeenskap die geleentheid om
die MIGHTY MEN saamtrek op Angus Buchan
se plaas te kan bywoon.
Daar is 4 luukse busse wat vanaf
Jeffreysbaai vertrek. Bespreek solank
die naweek in u dagboek en word deel van 200 000 mans wat die Here gaan
loof en prys en beleef - meer as ooit.
HY doen so baie vir u.
Die koste sluit alle etes, vervoer, en verblyf
in. Om teleurstelling te voorkom moet u `n deposito van R700 per persoon
neersit voor die einde Maart. Die totale koste is R1500 per persoon. Skenkings
kan inbetaal word by die volgende rekening:
Naam: Men@Six
Bank: Standardbank
Tak: 050315
Rek: 282193219
Navrae kontak:
Hannes van der Merwe
- 0828755720
Johan Myburgh - 0825578506
Adriaan Groenwald - 0825790505
Alles, sę Kassie, word georganiseer deur
MEN@SIX - Manne wat elke Woensdagoggend
tussen 6 – 7 die Here Loof , prys en aanbid in Jeffreysbaai. Alle mans is
welkom om te by te woon. Kontak ons gerus.
By voorbaat dankie
Groete in Christus
Kassie de Jongh
0824247491
Lees in die jongste Kerkbode
Kerkleiers pleit vir vreedsame verkiesing. Sowat 30
kerkleiers wat verteenwoordigend is van alle Christene in Suid-Afrika het
verlede maand op Stellenbosch vergader om oor verskeie kwessies te beraadslaag.
Een van die sake op die agenda was die komende verkiesing in Suid-Afrika. Die
kerkleiers sę alle politieke partye moet toesien dat hulle ondersteuners hulle
nie skuldig maak aan geweld, intimidasie of enige ander optredes wat ’n vry en
regverdige verkiesing kan benadeel nie.
Kerk eis optrede in Zimbabwe. Volgens
die kerkleiers wat verlede maand op Stellenbosch vergader het, het die
Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) sowel as die Suid-Afrikaanse
regering met hulle stille diplomasie Zimbabwe se mense in die steek gelaat.
Hulle vra dat oudpresident Thabo Mbeki hom finaal sal onttrek van alle
samesprekings sodat ’n oplossing vir die krisis gevind kan word.
Geref Kerke
praat gou weer oor vrou. Gereformeerde Kerke in
Suid-Afrika hoop om die debat wat nou reeds jare lank in dié kerk gevoer word
rondom die vrou se rol so gou moontlik af te handel.
Die ewigheid bestaan – ons is
reeds daar. In die lig
van die 200-jarige viering van Charles Darwin, die vader van die sogenaamde
evolusieteorie, se geboorte plaas Kerkbode ’n reeks artikels wat met die
skepping verband hou. In hierdie artikel bied Gideon Joubert ’n perspektief op
tyd en ewigheid.
Kerkeenheid – saam op weg beteken
méér as reg of weg. Prof Leo Koffeman gesels oor die eenwordingsproses van drie kerke in
Nederland en die lesse wat Suid-Afrika daaruit kan leer.
LIG:
Februarie 2009
* Kurt Darren en sy “Beautiful Dunay” lééf die
liefde en Chris Chameleon, Pierre en Sandra van Pletzen, Rolanda Marais en Lizz
Meiring vertel wat húlle dink die liefde is.
* Glenda Kemp vertel in ’n eksklusiewe
onderhoud met LIG van haar nuwe lewe
in Christus.
* ’n In diepte-artikel verduidelik die
komplekse verhouding tussen ma en seun. Juis omdat gesinne vir LIG so
belangrik is.
* Lees ook hoe om te maak met jou kind wat
vloek, ’n kind wat vol fiemies is, ’n “glipsie” wat die gesin verras, hoe om te
getuig sonder om aanstoot te gee en hoe om die uitgerekte afskeid van
Alzheimers, wat so baie gesinne raak, te hanteer. Koop nou
jou LIG - dit sál ’n verskil in jou lewe maak.
Bybel-Media
help met kerk se relevansie
Die boek Die
Relevansie van die kerk van Willie Jonker (R134.95) het onlangs by
Bybel-Media verskyn. Dis die eerste maal dat dié teks van hierdie grootse
Suid-Afrikaanse teoloog ooit gepubliseer word.
"Jonker
is diep onder die indruk van die kerk se kritieke situasie, maar weier om te
aanvaar die kerk uitgedien is. Hy het by geleentheid gesę ’n teoloog is iemand
wat aan God en die węreld ly. In hierdie werk ervaar die leser dié tweeledige
passie. Jonker skryf met oorgawe en oortuigingskrag oor die kerk se plek in
die węreld – dat relevansie vir die kerk belangrik is, maar nie iets is wat op
’n goedkoop wyse verkry kan word nie.”
Só skryf
Danie du Toit oor dié epogmakende boek in 'n resensie wat op 2 Februarie 2009 in
Die Burger verskyn het.
“Die
relevansie van die kerk is nie afhanklik van sosiale veranderinge nie, maar van
die vraag of die kerk die evangelie só kan verkondig, dat mense van elke tyd
hulleself en hulle eie nood daarin kan herken en opgeroep kan word tot die hoop
wat die evangelie bied.”
Dit is die moeite werd
om die volledige resensie te lees by die volgende adres:
http://www.dieburger.com/Stories/Entertainment/Books/19.0.1262904780.aspx
.
Kry dié boek en ander
uitstekende Bybel-Media produkte eksklusief by: bestel@bmedia.co.za, of skakel 0860 26 33
42.
Gemeentehulpmiddels
Jaarboek 2009
Teen dié tyd het al
die gemeentes en leraars wat die jaarboek 2009 bestel het, dit ontvang. Diegene
wat nog nie die handige hulpmiddel het nie, kan dit dadelik per e-pos bestel
by: bestel@bmedia.co.za
Jeugfokus
’n Wye verskeidenheid produkte
vir junior en senior kategese, kleuter- en kinderkerk en jeugbyeenkomste is
beskikbaar. Onthou, jou gemeente-kinders wag vir die LP3, GPS en die splinternuwe
JPEG in sy komkommer-koel omslag. Bestel sommer dadelik by
0860 26 33 42 om die regte voorraad vir 2009 betyds te ontvang!
Inligting, Navrae en
Diensverskaffing: Skakel 0860
26 33 42
* Of stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za
* Of koop direk met jou kredietkaart op die
webtuiste: www.bybelmedia.co.za
Groete uit 'n pragtige Wellington.
Hans Steyn
Hoof: Bemarking en Fondswerwing
E-pos: hans@bmedia.co.za
Tel: 021 864 8223
Inligtingstuk vir die sentralisering van gemeenteregisters
Die Argiefdienste (ABID) het ‘n inligtingstuk gepubliseer
waarin belangrike inligting aan gemeentes verskaf word rondom die volgende
stappe om gemeenteregisters te sentraliseer. Die skakel na die inligting op ons
webblad is as volg:
Voortrekker
Gedenkkerk word ruimte waar swart, wit en bruin welkom kan voel
Die Voortrekker Gedenkkerk is deur dié NG Gemeente in
Pietermaritzburg aan die KwaZulu-Natalse museumdienste verkoop. Elbie Raath van
die KZN-sinode het die volgende berig daaroor geskryf. Dit kom uit ePosduif, nuusblad
van dié sinode. Hier is hoopvolle klanke…
Die verkoop van Voortrekker Gedenkkerk kan op
die oog af lyk soos ‘n hartseer einde van ‘n era vir die NG Kerk. Maar uit die
perspektief van die Koninkryk is dit dalk eerder die geboorte van ‘n nuwe,
opwindende bediening in die middestad van Pietermaritzburg.
Een van ons predikante het ‘n opvolgartikel
voorgestel en dit was toe vir my ‘n voorreg om Pastoor Vincent Harper te
ontmoet. Hy is die nuwe huurder van die Gedenkkerk-en -saalkompleks. Sy visie
is dat dit die basis sal word van ‘n multikulturele bediening waarby al die
kerke sal inkoop, om werklik ‘n verskil in die stad te maak. Hy sę: “Hierdie
kerkgebou het ‘n ryk geskiedenis. Dit moet in die toekoms ‘n baken van hoop vir
die kerk en die Christendom wees. My droom is dat al die nasies in hierdie kerk
saam sal aanbid tot eer van God.” Hy voel baie sterk oor opleiding van leiers
en vestiging van Bybelse waardes in kerngesonde families. Die historiese
simboliek van die Gedenkkerk, wat deur sommige as ‘apartheidsimbole’ gesien kan
word, is vir pastoor Harper deel van iets veel groters. Niks daarvan is nog
verwyder nie (selfs die oorkondes hang nog teen die mure) en sal in die toekoms
so bly. Simbole van ander kulture sal eerder bygevoeg kan word om die rykdom
van ons geloofswerklikhede uit te beeld en nuwe hoop te gee. Daar is wel ‘n
tekening van drie kruise op die konsistoriemuur aangebring, waarop hy baie
trots is. “Dit moet ‘n plek wees waar wit, swart en bruin almal ewe welkom
voel.” Pastor Harper nooi ook oud-gemeentelede hartlik uit om te kom kuier en
soms ‘n byeenkoms daar te kom bywoon.
Die verkooptransaksie tussen
Pietermaritzburg gemeente en Museumdienste is in gevorderde stadium. Die fondse
is reeds goedgekeur, maar die proses van oordrag mag nog etlike maande neem.
Pastoor Harper het ‘n okkupasie-huurkontrak vir die oordragtyd gesluit, waarna
‘n huurkontrak vir vyf jaar in werking tree. Die Here is aan die werk deur
deure vir hierdie bediening oop te maak. Daar word reeds elke Sondag om 09:00
eredienste gehou en Bybelstudiegroepe is aan die groei. Pastoor Harper (opgelei
in die Metodiste Kerk) sal die leraars van die NG Gemeentes en ander
Christelike kerke graag wil ontmoet om samewerking te bevorder en sy visie vir
die bediening van die groter Pietermaritzburg met hulle te deel. Hy het reeds
‘n uitnodiging na ‘n aanddiens in Pietermaritzburg-Noord aanvaar.
Vir lede van Discovery Health - die Vitality HealthyFood™ benefit
Terwyl ons by
ePosduif is: hier volg nog ‘n belangrike stukkie inligting wat ds Ben van Dyk
van KwaZulu-Natal raakgesien het. Ek neem dit oor uit dié nuusbrief:
It’s almost time for
your employees who are on Vitality to sink their teeth into the new
HealthyFood™ benefit. We’re giving you some information on the roll-out of this
exciting benefit, launching during February.
About the
HealthyFood™ benefit
HealthyFood™ is the new
benefit from Discovery Vitality. Its aim is to help Vitality members make
healthier choices in their day-to-day nutrition. The benefit offers a fantastic
15% or 25% saving on a wide range of foods from Pick n Pay. The range of foods
that members can save on, includes all fresh and frozen vegetables and fruit,
eggs, skinless chicken and turkey, fresh and frozen fish and many grains,
cereals, nuts, seeds and oils.
All your employees on
Vitality may apply for the benefit once it launches on 24 February 2009 and
will automatically receive a 15% saving (terms and conditions apply). When
members complete an online questionnaire, the Personal Health review, they will
increase this saving to a massive 25%. Plus, if the member has a Visa Discovery
Credit Card, they will earn the additional saving according to their Vitality
status, bringing the total saving on HealthyFood™ to a massive 35%.
1. Your employees
will get more information about the HealthyFood™ benefit
These are the details
of when and where more information about the HealthyFood™ benefit will be
available to your employees:
* Discovery website and activating the benefit
Your employees can read all about the HealthyFood™ benefit on the Discovery
website, www.discovery.co.za
during February. The online activation process will also be available from the
date the HealthyFood™ benefit launches – 24 February.
* Discovery magazine and a HealthyFood™
catalogue
Your employees’ summer edition of the Discovery magazine will have all the
information about the HealthyFood™ benefit and activation process. The magazine
will be posted during February. Your employees who activate the HealthyFood™
benefit will also receive a HealthyFood™ catalogue with the wide range of foods
that qualify for the HealthyFood™ saving.
2. General facts
about the HealthyFood™ benefit
* The HealthyFood™ saving of 15% and
increasing it to 25%
Your employees who activate the HealthyFood™ benefit will immediately save 15%
on HealthyFood™. The main member, on a single membership, has to complete an
online Personal Health Review on www.discovery.co.za to increase the saving to a massive
25%. To increase the saving to 25% on a family membership, the main member and
spouse have to complete the Personal Health Review.
* The Visa DiscoveryCard records the
HealthyFood™ saving
Your employees with Vitality and a Visa DiscoveryCard can use their cards to
record their HealthyFood™ saving. So, they will not need any additional cards
or identification. Employees who don’t have a DiscoveryCard can apply for a
HealthyFood™ card.
* They must have Vitality points to use the
benefit
Your employees must have Vitality points to use this benefit, because their points
decide how much they can spend and save on HealthyFood™ in a year. If they use
the HealthyFood™ benefit they will also earn 10 Vitality points for every
HealthyFood™ item they buy to a maximum of 500 points a month on the
membership.
* The maximum they can spend on HealthyFood™
in a month
We work out the HealthyFood™ saving on a maximum spend of R2 000 a month
for a single member and R4 000 a month for a family, as long as they have
enough Vitality points. The saving applies to all the foods on the HealthyFood™
list.
Your employees can
look out for more information closer to the launch of the HealthyFood™ benefit.
..:: Personal pathway points are replacing Personal
Points in 2009 ::..
In 2009 Vitality
brings your employees tools to help them improve their personal health and take
their wellness to a new level. With Vitality’s interactive website and personal
pathway, your employees will earn Vitality points according to their own health
risks and the steps they take to get healthier. You and your employees can read
more about the interactive website and personal pathway in the latest Discovery
magazine.
We are removing
Personal Points from the website
Because Vitality is
introducing the interactive website and personal pathway, we will no longer be
awarding the Personal Points introduced in 2008. We will remove the
Personal Points on the Discovery website from 1 January 2009, so your employees
will not be able to earn points for setting and reaching certain health goals
until the interactive website is up and running.
Personal pathway
points available on the website from April 2009
From April 2009 your
employees can follow their personal pathway and earn Vitality points for
activities that are important to address a specific health risk. Your employees
will earn personalised Vitality points according to their health risks and the
activities they complete to meet their health goals.
(Dankie ePosduif)
Brunette van Vuuren
bedryf ‘n gastehuis, en verskaf altyd besondere diens, en billik daarby, aan
die sinode wanneer dominees daar oorbly. Sy gaan uit haar pad vir ons. Brunnette
plaas die volgende advertensie:
'n Kompakte twee slaapkamer tuinwoonstel te
huur @ R2000.00 per maand. Baie veilig. In 4de laan Newtonpark. Onmiddellik
beskikbaar. Skakel Janetta by 041
3653934 om 7vm.
Nuut
op ons sinodale foto-album
Kyk gerus na foto’s van die skool vir leerders met
spesiale behoeftes te Cradock: http://www.flickr.com/photos/ngkok/sets/72157613370293093/.
Die datumbeplanning vir Voortgesette Bedieningsopleiding,
sinodale vergaderings, ringsitting e.s.m is gefinaliseer en gepubliseer. Besoek
www.ngkok.co.za/datums.
A woman had just returned to her home from an
evening of church services , when she was startled by an intruder. She caught
the man in the act of robbing her home of its valuables and yelled: 'Stop! Acts
2:38!' (Repent and be Baptized, in the
name of Jesus Christ , so that your sins may be forgiven.)
The
burglar stopped in his tracks. The woman calmly called the police and explained
what she had done.
As the
officer cuffed the man to take him in, he asked the burglar: 'Why did you just
stand there? All the old lady did was yell a scripture to you.'
'Scripture?'
replied the burglar. 'She said she had an Ax and Two 38s!'
Knowing Scripture can save your life - in more
ways than one!
(Dankie Jaco Putter)
(Dankie Jaco Putter)
Sinodale Kommunikasie