Amptelike Nuusblad : NG
Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 7 - Nommer 1 - 22 Januarie
2009 - www.ngkok.co.za/enuus
Sokker: 2010 is ‘n oop deur vir die
evangelie
Konsultasie van Nasionale
Kerkleiers reik ‘n verklaring uit
Algoa Gemeenskapkerk vier groot fees
Dr
Jaco Putter beskikbaar vir Pinkster
Gereformeerdes word een en verleen
daadwerklike hulp
Stand van kommunikasie in die
NG Kerk
Welkom aan prop Willem Lubbe in
Humansdorp-Oos
Onderwerpe vir Week van Gebed
beskikbaar
Daniël
Nasionale Mannekonferensie : 20-22 Maart 2009
Goedgekeurde fondse vir Ringsprojekte
Brueggeman: Rethinking Church Models through Scripture
How many dogs does it take to change a light bulb?
Besoek gerus ons fotoblad by www.flickr.com/photos/ngkok.
Stuur julle gemeentelike foto’s asb aan my, dan plaas ek dit graag op ons blad.
In sekere distrikte van die Oos-Kaap is dit so droog dat beeste
en ander vee vrek. Dieselfde geld van wildsbokke - springbokke, koedoes,
ribbokke, om maar ‘n paar te noem. Sprinkaanplae neem ook ernstige afmetings
aan in sekere dele van die provinsie.
In die
Noord-Oos-Kaap val goeie reën, waaroor ons baie dankbaar is.
Sal julle
asseblief as gemeentes volhou om te bid vir die droogte!
Sokker:
2010 is ‘n oop deur vir die evangelie
Die wyse waarop die Sokker-Wêreldbeker van 2010 die kerk
in staat stel om ‘n impak met die evangelie te maak, is een van die mees
aangename en inspirerende ontdekkings van sy hele bediening, het dr Mike
Muller, Oos-Kaaplandse verteenwoordiger op die nasionale komitee
verantwoordelik vir die sportbediening tydens die wêreldbeker, aan Oos-Kaap
eNuus gesê.
Dit is behoorlik
verstommend om veral drie dinge raak te sien:
1. Met hoeveel
kundigheid en ervaring die beplanning en materiaal vir evangelisasiepoging
tydens 2010 saamgestel is. Die betrokkenes, wat ‘n internasionale netwerk
verteenwoordig, het reeds ervaring sedert die 1996 Olimpiese Spele te Atlanta
opgebou.
2. Die kwaliteit
van die beskikbare materiaal en die beplanning wat reeds gedoen is om in elke
gemeenskap inisiatiewe te neem.
3. Hoe elke
gemeenskap landswyd die wêreldbeker kan gebruik om uit te reik en die evangelie
prakties te deel, veral met aktiwiteite wat op jongmense gerig is..
Verdere toeligting
Dr Mike Muller gee in die volgende paar weke verdere toeligting
oor die wyse waarop alle plaaslike gemeentes by sokker-evangelisasie betrokke
kan raak. Vriendskap, gasvryheid en sport sal ‘n belangrike rol speel. Hy reël
tans met ringskribas om leraars in ringsverband te ontmoet.
Wees asseblief teenwoordig.
Vanaf ds Cassie
Carstens
Ds Cassie Carstens (van Stellenbosch) is oorhoofs gemoeid
met die reëlings. Vanuit sy kantoor is die volgende inligting ontvang. Ek haal
die skrywe letterlik aan:
Daar word in Februarie en Maart 123 kursusse
aangebied wat dien as opleiding. Die Maandag is spesifiek vir die streek se
predikante - hoe/waar hulle betrokke kan
raak - visie.
Hou
die volgende datums oop :
1. Wes
Kaap : Die week 09 – 13 Februarie op Stellenbosch. Maandag 9 Februarie
spesifiek vir die Wes Kaap predikante =
( SCAS hoofkantoor, die Eiland). Besonderhede sal einde Januarie
gesirkuleer word.
2.
Gauteng 23 – 27 Februarie. Maandag 23 Februarie vir predikante van
streek. Besonderhede later.
3. KZN
: Vanaf 27 Februarie : waar spesifiek Maandag 27 Februarie bedoel is vir die
leraars.
4. Oos
Kaap en Vrystaat : PE en Bloemfontein, 09 – 15 Maart, met Maandag 09 Maart vir
predikante.
5.
Noord Kaap : Upington 23 – 28 Maart, met Maandag 23 Maart vir leraars
van streek.
Besoek die webtuistes vermeld waar julle meer besonderhede sal kry:
www.iscislt.com
www.alict.org
www.ubabalo2010.com
www.thekidsgames.com
www.scas.co.za
Konsultasie
van Nasionale Kerkleiers reik ‘n verklaring uit
Dr Kobus Gerber, Algemene Sekretaris van die NG Kerk,
skryf:
Op 19-20 Januarie 2009
het ‘n 30-tal kerkleiers, verteenwoordigend van die totale spektrum van die
Christendom in Suid-Afrika, in Stellenbosch vergader om mekaar in die oog te
kyk oor die situasie in ons land en wyer. Ekself en Braam Hanekom was namens
die NG Kerk teenwoordig.
Ons was diep geraak deur die geestelike en
teologiese diepte van die leierskap van die Christendom in hierdie land asook
deur die positiewe wil en verbintenis tot die waardes van die Evangelie vir ons
land en samelewing. Daar was ook ‘n verbintenis om mekaar meer gereeld te sien
en doelgerig aan nouer samewerking met mekaar te werk.
Aangeheg is die verklaring waarmee ons almal kon saamgaan. Ek gee dit graag aan jou
deur vir verspreiding in jou sinodale gebied en waar jy dit ook al mag nodig
vind: dit is werklik ‘n dokument van hoop en uiters aktueel vir ons gemeentes,
lidmate en leraars. Dit is tans net in Engels beskikbaar.
Die dokument is
hier op
ons webblad beskikbaar.
Schalk en Bonnie van Niekerk bedryf ‘n
pioniersbediening in die sentrale stadsgebied van Port Elizabeth, wat bekend
staan as Ramah Rescue. In hul jongste nuusbrief vertel hy van ‘n jeugprojek,
Selamtu, en ‘n toerustingskursus waarby hulle betrokke was. Klik hier om foto’s van
die Selamtu-jeuginisiatief te sien.
Schalk vertel
geesdriftig:
Onder leiding van die
HEILIGE GEES het ons in Kwazekele n kerkplant aksie saam met pastoor Moses
Boliwera begin en het Ramah verantwoordelikheid vir die logistieke werk asook
die jeugbediening aanvaar. Die area is baie arm en grens aan die soutpanne met
vele shacks.
Gou het die kinders van 5 tot 12 tot 19 tot
28 gegroei en het ons gehop om voor te bly !! n plan moes beraam word om hulle
in Xhosa te bereik en na gebed het pastoor MIMI n Xhosa dame by ons bediening aangesluit en kon die werk
in erns afskop. Lesse is in Engels en Xhosa geleer m.b.v. ‘n Xhosa Bybelstorieboek
(verkry met dank vanaf NG Sentraal) en inkleur prente wat pas by die verhale.
Speletjie is gespeel
en (vir hulle nuwe goete) is beleef (kyk na die foto
van die vingerbakatel) en ons het gewoonlik afgesluit met die leer van
geestelike liedere. TOE KOM KERSFEES en wat nou gedoen.?? Fondse was zero en
ons het gebid soos min !!! Louis en Jenny Munro van NG Lorraine het gehoor en
in n japtrap is fondse vanaf die gemeente bekom en geskenk pakkies is gemaak. King
Cars het bygekom en toiletware is nog bygevoeg. National Brands is deur Jenny
genader en ons het n party ophande !!! GOD
IS GREAT –ons het daardie Saterdag 30
kinders bedien en huis toe gestuur met vol magies.
Hoe om hierdie groep te bedien?
n Advertensie in OosKaap
eNuus het aandag getrek en is ek sak en pak op Pretoria toe in November om
CONEXELLENCE by te woon. Die jeugleierskursus is deur Operasie Mobilisasie
aangebied en het my hele kerk model/ bediening strategie onderstebo gedraai!!!
DIE STRATEGIE IS IN
60 LANDE DEURPRAAT EN AANGEPAS om te arriveer waar dit nou aangebied word. Net
n paar goete om jeug mense se monde te laat water:
Veranderde sit
geriewe –DAAGLIKS – hou jeug op hul tone;
Strategiese momente (nie
voorspelbare programme) word aangebied.
Interest / interact
/ involve /
inspire is die taal van die jeug. HOE pas ons oues
van dae daarin ??
Die analisering van
die jeug en hulle behoeftes het ook nie agterweë gebly nie:
* Hoe dink die jeug van vandag ?
* Hoe challenge ons hulle ?
* Wat soek die jeug van vandag ?
* Wat is hulle behoeftes
* Woorde soos
passionality / SHAPE / edutainment / expotivity
het te voorskyn gekom. Na dit alles het die vraag “gesurface” (ek pas
gou aan né): HOE ERVAAR JULLE DIE KERK?
Algoa
Gemeenskapkerk vier groot fees
Algoa
Gemeenskapskerk (Chestnutstraat, Algoapark, Port Elizabeth), vroeër bekend as
NGK Algoapark-Noord, vier fees, groot fees die naweek van 30 Januarie, 31
Januarie en 1 Februarie 2009.
Die gemeente is 50 jaar oud en nooi alle
oud lidmate en belangstellendes om die jubel-en-juig-naweek 'n sukses te maak.
Op Vrydagaand , 30 Januarie word 'n
Gospelaand gehou met bekende sangers teen R5 toegangsfooi.
Saterdag, 31 Januarie is dit 'n fees soos
min met gratis geskenke wat al om die uur uitgedeel gaan word. Smullekker etes. Die liplekkerste pannekoeke in die Baai. Popsy die Nar en Boeremusiekgilde en vele
meer.
Sondagoggend, 1 Februarie om 9h00 sluit ons
die naweek af met 'n Jubeldiens wat deur verskeie vorige predikante bygewoon
gaan word. Gratis tee en koffie en
eetgoed na die diens.
Skakel Ronel by 079 493 7239 vir navrae.
Skryf spanne in vir Fooze
Ball
Ons,
skryf die gemeente, wil graag van die geleentheid gebruik maak om gemeentes uit
te nooi om spanne vir Fooze Ball in te skryf by ons Fees wat gehou sal word op
31 Januarie 2009. Hierdie fees val dan
ook saam met ons 50ste Bestaansjaar vieringe en ons sal dit regtig baie geniet
indien u die dag saam met ons sal kom spandeer.
Die idee is dat gemeente hulle jeug/
kerkraad/ werkers, ens sal inskryf as 'n span om te kyk watter gemeente kraai
koning in Fooze Ball. Die
inskrywingsfooi is slegs 'n skamele R10 per span en dit beloof om ongelooflik
baie pret te wees en dien ook as 'n geleentheid om lekker span te bou.
Vir verdere besonderhede kontak asb Ronel
by 079 493 7239
Klik hier vir die Januarie
2009-uitgawe van Missie Japan se nuusbrief. Dit vertel van die vertrek van
Stéphan en Carina van der Watt na Japan, die besoek van studente aan Japan, en
ook van ander verwikkelinge, soos op onderwysgebied.
Dr Jaco Putter beskikbaar vir Pinkster
Jaco Putter, voorheen
van Humansdorp-Oos gemeente, en nou predikant in die Noordelike Provinsie, is
beskikbaar om gratis Pinkster in ‘n Oos-Kaapse gemeente te hou. Indien julle
belangstel, kan julle hom kontak by 082 563 1616.
Ds
Danie Matthee is die hart van Obed, ‘n bediening wat kreatiewe kommunikasie
benut om die evangelie eietyds te deel, skryf in Obed se jongste nuusbrief:
Obed is gevra om van middel Februarie
tot einde April, 'n kinderproduksie by tagtig skole in die Boland op te
voer! Is dit nie ongelooflik nie! Soos die tieners sê:
'Awesome!' Loof asseblief saam met ons die Here vir hierdie wonderlike geleentheid
en dank Hom vir sy onuitspreeklike goedheid. Wanneer die Here 'n deur vir
mens oopmaak het ek nou al geleer, gaan dit gewoonlik met uitdagings gepaard,
wat ek glo Vader gebruik om ons te leer om meer op Hom te vertrou, en ons te
herinner dat ons niks sonder sy krag en seën moet probeer doen nie. Om 'n
nuwe produksie te skep, oudisies te hou, in te studeer, stel te ontwerp en te
bou en kostuums te maak, neem gewoonlik minstens drie maande. Wel ons het
een! Nou verstaan julle hoekom Desember se nuusbrief eers in middel
Januarie arriveer. Die goeie nuus is dat die teks klaar is en die spelers
in plek is en dat ons die week met repetisies begin. Wanneer jy bid sê
asseblief dankie vir die Here vir die idee van die storie wat hy my gegee het
en vra Hom om dit op 'n wonderlike manier te gebruik.
Bid asseblief ook dat ons die dekor en kostuums betyds sal klaar hê en
al die logistieke plooie maklik sal uitstryk.
Nog goeie nuus
is dat Obed vir nie minder nie as ses Junior- en sewe senior Showtime Awards in 2008 genomineer
is. Dertien in totaal! En dit sluit nie eers die jongmense in
wat nominasies vir Breek 'n Been en Golgota gekry het nie. Jammer as dit
klink of ek 'n bietjie brag, maar ek is regtig trots op wat ons die afgelope jaar
kon vermag het. Die Here was regtig baie goed vir ons en daarom soos
Paulus sê: "As ek roem wil ek in die Here roem." Goed ek weet
dis buit konteks aangehaal maar julle verstaan die analogie. Die
toekennings word einde Januarie gemaak so volgende maand laat weet ek julle of
ons iets gewen het.
Mooi, Danie! Ons hoop julle wen en wen
groot!
Gereformeerdes
word een en verleen daadwerklike hulp
Die Gereformeerde Kerke het op hul
onlangse algemene Sinode besluit om een kerkverband te vorm. Daarmee word wit
en swart gereformeerde kerke in een verband saamgevoeg. Neels Jackson berig in
Beeld dat daadwerklike hulpverlening ’n onmiddellike gevolg was - bekend maak
bemind:
Potchefstroom.
- Die algemene sinode van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) het
gister met van sy eerste besluite oplossings vir groot leemtes in die swart
gemeentes probeer vind.
Die
sinode het besluit om 'n fonds te stig om afgetrede swart predikante en
predikante se weduwees wat in groot armoede leef te help.
Voorts is
op 'n strategie besluit om ouderlinge op te lei wat baie van die bedieningswerk
kan doen waarby predikante in gemeentes met talle preekpunte nie kan uitkom
nie.
Van die
afgetrede dominees en weduwees wat nie behoorlike pensioene het nie, kry
blykbaar baie swaar. 'n Geval is genoem van 'n weduwee wat vroeër met R76 per
maand moes klaarkom. 'n Ander dominee van 91 kry glo net een keer elke paar
jaar 'n bedraggie.
Prof.
Koos Vorster van die Teologiese Skool Potchefstroom het gevra dat die fonds
einde Januarie al moet help, want die nood is groot. Hy is die versekering
gegee dat dit gedoen kan word. Dit staan as die Thuso-fonds bekend.
"Thuso" is die Tswana-woord vir "hulp".
Daar is
ook besluit dat sinodegangers aanstaande week die kans sal kry om uit hul eie
sakke tot die fonds by te dra.
Die
besluit oor ouderlinge is gerig op gemeentes waar ouderlinge weens omstandighede
'n groot deel van die bediening moet hanteer. Daar is byvoorbeeld uitgestrekte
gemeentes in onder meer Venda waar 20 of meer preekpunte is. Dié dominees kan
eenvoudig nie oral uitkom nie.
Ouderlinge
gaan nou omvattend opgelei word om te help.
Dr. Neels
Smit, voorsitter van die moderamen, was agterna baie ingenome met die gees
waarin die besluite geneem is. Selfs die mees konserwatiewe afgevaardigdes het
sterk gevoel die swart kerke moet gehelp word.
Vorster
het gesê dié gesindheid is 'n regstreekse gevolg van die eenheid wat nou in die
GKSA bereik is. Mense sien nou self wat die nood is.
Ds.
Norman Ligege van die gemeente De Hoop in Venda was hoogs tevrede met albei
besluite. Hy het gesê dit sal die swart kerke baie help.
Die Seën die Volkere Sendingorganisasie hou elke maand ‘n
gebedsbyeenkoms in Port Elizabeth. Tydens die volgende byeenkoms, op Sondag 25
Januarie 2009, te Calvary-Gemeente, Malabar, Port Elizabeth, word vir Israel
gebid. Die byeenkoms vind van 15:00-17:00 plaas. Vir meer inligting kan julle
met Jean Greyling skakel (Jean.Greyling@nmmu.ac.za)
en hul webblad verken by www.blessthenations.co.za.
Stand
van kommunikasie in die NG Kerk
Almal wat prakties betrokke is by e-kommunikasie in die
NG Kerk (dis nou op sinodale vlak), tesame met Kerkbode, het pas in Kempton
Park vergader en gesels oor e-kommunikasie. Die gesprek het - ten goede - wye
draai geloop en almal gehelp om meer konkreet en prakties oor kommunikasie te
dink.
Dit was lekker
om te beleef hoedat kommunikasie in elke sinode geskied met verrekening van die
eie aard, kultuur en oogmerke van die sinode. E-kommunikasie is nie bloot ‘n
digitale oefening nie, maar ‘n verpakking en bevestiging van dit wat die Here
op die spesifieke sinode se harte druk.
Dr Ben du Toit
het gesê die wyse waarop elektroniese kommunikasie in die NG Kerk groei, dui
daarop dat die kerk werklik in die 21ste eeu tuis is. Jean Oosthuizen van
Kerkbode het die koms van die internet en die impak daarvan met die ontstaan
van die boekdrukkuns vergelyk. Ons is nog nie ten volle bewus van die grondige
wyse waarop dit ons kerk-wees en ons doen en late gaan beïnvloed nie, het hy
uitgewys.
Die groep het
besluit om die Kerklike Tydskriftemaatskappy te versoek om ‘n jaarlikse
e-Komwerkgroep ter bevordering van kommunikasie in die NG Kerk te borg.
Bybel-Media het ingestaan vir hierdie eerste ontmoeting, ‘n uiters tydige en
broodnodige byeenkoms.
In die Nuus:
‘Kerkbode’ vier sy 160ste verjaardag met ’n
toekomsvisie
WELLINGTON. - 2009 is ’n besondere jaar vir Kerkbode, die amptelike blad van die NG Kerk, aangesien dié blad
vanjaar sy 160ste verjaardag vier.
Die eerste uitgawe van Kerkbode -
toe De Gereformeerde Kerkbode in Zuid-Afrika - het op 13 Januarie 1849,
met dr Abraham Faure as redakteur, verskyn.
Kerkbode is die tweede oudste
koerant in Suid-Afrika wat sedert stigting steeds ononderbroke verskyn. Die
oudste koerant, The Witness, is drie
jaar vroeër (1846) gestig. Bekende dagblaaie soos Cape Times, Die
Burger en Beeld is in onderskeidelik 1876, 1915 en 1974 gestig.
Die eerste redaksie het ambisieus dekking beloof vir “mededelingen omtrent
den voortgang van de Christelijke Godsdienst door bemoejing van Christen zendelingen
der onderscheiden Protestantsche kerkgenootschappen” en “Bijbelverspreiding”.
Die “Schoolwezen” het ook hoog op die agenda gestaan.
Volgens die huidige Kerkbode-redaksie
sal die koerant in die feesjaar op verskeie maniere uitgebou word sodat dit nóg
meer gestalte kan gee aan sy leuse: “Vandag se kerkkoerant vir vandag se
kerkmense”.
“Ons begin binnekort met die herontwerp van die koerant. Inhoud sowel as
voorkoms sal ’n ingrypende vernuwing ondergaan. Die volgende stap sal die skep
van ‘Kerkbode op die internet wees’.
Dit sal nie net ’n webwerf wees nie, maar ’n volwaardige internet-uitgawe van Kerkbode
wat elke tweede week verskyn wanneer die gedrukte uitgawe nie verskyn nie”,
berig die redaksie.
’n Feesnaweek met ’n
toneelstuk op die patroon van die “Antjie”-gesprekke wat in elke uitgawe van Kerkbode
verskyn, asook ’n feesdiens, word ook in die vooruitsig gestel. ’n Spesiale
poging sal ook vanjaar aangewend word om weer eens ’n rekordbedrag vir die
Kerkbode-Kersfonds in te samel.
Lees die jongste
uitgawe van die Kerkbode wat volledig oor al die sake berig.
Nuut op die boekrak:
Om
Christus beter te ken deur dr Annes Nel (R99.95)
Hierdie publikasie is spesifiek gemik op gemeenteleiers wat eredienste
moet lei. Dié preekbundel bestaan uit 13 volledige eredienste, onder
andere vir Kersfees, Goeie Vrydag, Paassondag en Pinkstersondag. ’n Volledige
erediens vir ’n begrafnisdiens is ook ingesluit.
Pluspunte:
* Goeie teologiese inhoud
* Verskeidenheid van temas
* Eredienste vir spesiale feesdae in die
kerkjaar
* Voorgestelde liedere kom uit Die Liedboek
* Hulpmiddel
vir elke ouderling
Jaarboek 2009
Die Jaarboek dien al
vir 159 jaar as 'n belangrike verskaffer van inligting vir die NG Kerkfamilie. Dit het die nuutste inligting oor sinodes, streeksinodes,
ringe, gemeentes en predikante. Gemeentes wat die jaarboek 2009 verlede jaar
bestel het, kan dit teen die begin van volgende week in die posbus verwag. Alle
bestellings word teen hierdie Vrydag versend.
Inligting, Navrae en
Diensverskaffing:
Skakel 0860 26 33 42
* Of stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za
* Of koop direk met jou kredietkaart op die
webtuiste: www.bybelmedia.co.za
Seënwense vir die nuwe jaar.
Hans Steyn
Hoof: Bemarking en
Fondswerwing
E-pos: hans@bmedia.co.za
Tel: 021 864 8223
Welkom
aan prop Willem Lubbe in Humansdorp-Oos
Deon Oelofse, ringskriba van Humansdorp, skryf:
Ons verwelkom graag vir prop Willem Lubbe in ons sinodale gebied. Hy het die beroep aanvaar na Humansdorp-Oos en sy bevestiging sal DV 25 Januarie 2009 plaasvind om 18:30 by hul Kerkgebou. Die bevestiging is met handoplegging, so alle ringsleraars en hul familie word hartlik uitgenooi om die besondere geleentheid saam met Willem en sy ouers mee te maak. Sterkte Willem.
Ons Sinodale Fotoblad op Flickr begin nou mooi lewe kry.
Die blad kan besigtig word by www.flickr.com/photos/ngkok.
Aan die regterkant van die voorblad is daar “sets” of stelle foto’s. Dit
ontsluit elke keer ‘n groepie foto’s wat oor ‘n gesamentlike tema handel. Hier
is ‘n paar voorbeelde van sulke stelle of mini-albums:
* Barcelona
Voedingsprojek in Port Elizabeth
* Xtreme
ActVentures - Ringsprojek van die Ring van Queenstown
* ‘n
Houtverwerkingsprojek gerig op bosslapers bring hoop
* Gesamentlike
nagmaal op Colesberg
* En nog veel
meer.
Onderwerpe
vir Week van Gebed beskikbaar.
Die onderwerpe vir die Week van Gebed vir 2009 is pas
vrygestel. Klik hier om
dit af te laai. Die onderwerpe sluit aan by Calvyn se leer oor gebed en lewe,
na aanleiding van die 500ste herdenking van Calvyn se geboortejaar in 1509.
Die datumbeplanning vir Voortgesette Bedieningsopleiding,
sinodale vergaderings, ringsitting e.s.m is gefinaliseer en gepubliseer. Besoek
www.ngkok.co.za/datums.
Daniël Nasionale Mannekonferensie : 20-22 Maart 2009
Ds Peet Grobbelaar,
tot onlangs van Queenstown-Gemeente, maar deesdae verantwoordelik vir die
mannebediening van die NG Kerk Moreletapark, laat weet dat die Daniël Nasionale
Mannekonferensie van 20-22 Maart 2009 plaasvind. Hierdie konferensie word deur
die NG Kerk Moreletapark aangebied. Laai die konferensiebrosjure en
inskrywingsvorm hier
af.
Goedgekeurde
fondse vir Ringsprojekte
Die fondse vir ringsprojekte vir 2009/10 is onlangs
amptelik goedgekeur. ‘n Opsomming van die toekenning is op ons webblad te vind
- besoek www.ngkok.co.za/ringsprojekte/2009. Moenie hierde as die amptelike kennisgewing
beskou nie - dit word deur die Direkteur Administrasie aan Ringskriba’s
gestuur.
Ron Reynolds deel ‘n
gedagte met ons:
Het jy al ooit Monopoly gespeel? Is dit nie die heerlikste gevoel wanneer jy
as wenner uit die stryd tree nie! Jy’s
die eienaar van al die beste strate met baie hotelle en huise en die geld vloei
letterlik in! Maar aan die einde van
die speletjie moet die wenner al die speelstukke, die hotelle huise ens weer
netjies in sy kartonhouer terugplaas!
Dis net so in
die regte lewe ook. Wanneer jy tot
sterwe kom meot alles weer Terug boks toe!
En dit laat die
vraag by my opkom: Wat is sukses dan?
Om al die geld in die wêreld te besit?
Om aan die bestuur van ‘n groot konglomeraat? Om ‘n lang, slap, vuurwa
te bestuur? Nee! Kannie wees nie! Want aan die einde gaan
alles tog “Terug in die boks.” En
wanneer jy voor die poorte van die hemel staan beteken al hierdie dinge net
mooi niks nie. Hulle’s beslis nie jou
toegangskaartjie tot die Koninkryk nie!
Nou dan, wat IS
sukses dan? Om die Koninkryk van God te
soek staan heel eerste op die agenda want dan sal al die ander dinge bygevoeg
word (Vryheid, geluk, gesondheid, eenheid, voorspoed, vrede) en wanneer jy wel tot sterwe kom is daar ‘n
wonderlike bonus: jy het die ewige lewe!
Glo in God en
mag vandag die dag wees waarop jy Sy koninkryk vind!
Johan Marais, van
Dordrecht, bring hierdie wyse gedagtes onder ons aandag:
Opportunity may knock
once, but temptation bangs on your door forever.
Quit griping about your
church; if it was perfect, you couldn't belong.
If the church wants a better
pastor, it only needs to pray for the one it has.
God Himself does not propose
to judge a man until he is dead. So why should you?
Some minds are like concrete, thoroughly mixed up and permanently
set.
Peace starts with a smile.
I don't know why some people
change churches; what difference does it make which one you stay home from?
A lot of church members who
are singing 'Standing on the Promises' are just sitting
on the premises.
We were called to be witnesses,
not lawyers or judges.
Be ye fishers of men. You
catch them - He'll clean them.
Coincidence is when God
chooses to remain anonymous
.Don't put a question mark where
God put a period.
Don't wait for 6 strong men to take you to
church.
Forbidden fruits create many
jams.
God doesn't call the
qualified, He qualifies the called.
God grades on the cross, not
the curve.
God loves everyone, but probably prefers 'fruits
of the spirit' over 'religious nuts!'
God promises a safe landing,
not a calm passage.
He who angers you, controls
you!
If God is your Co-pilot - swap seats!
Prayer: Don't give God
instructions just report for duty!
The task ahead of us is
never as great as the Power behind us.
The Will of God never takes
you to where the Grace of God will not protect you.
We don't change the message, the message changes us.
You can tell how big a
person is by what it takes to discourage him.
The best mathematical
equation I have ever seen: 1 cross 3 nails = 4 given.
Dave Dunbar bespreek verwikkelinge in die VSA-konteks wat ons ook op ons
situasie van toepassing moet maak:
Using these words[1] the Apollo 13 astronauts
announced to the world that the 1970 lunar landing expedition was in
trouble. Although the crew returned safely, the mission was lost and even
greater disaster only narrowly averted. If you remember those
suspenseful days, or if you saw the 1995 movie with Tom Hanks, you realize that
the initial announcement made to the NASA Space Center vastly understated the seriousness
of the situation. For the last decade,
leaders in the missional movement have been sending us an urgent message: We
have a problem! And the problem is serious! It threatens to
compromise the mission; or rather we should say it has compromised the
mission. The church in North America is in decline, even though
Christianity world-wide is growing extraordinarily. David T. Olson's recent book The American Church in Crisis (Zondervan,
2008) reinforces the sense that something is amiss in our space craft. Consider just a few points:
Ever since 1939 polls have indicated that on any given
Sunday about 41% of the American public attends church. But Olson presents evidence that actual
attendance is really 17.5%. If we
measure the category of "regular participants" (those attending
church three out of eight Sundays), the segment of church-going Americans only
rises to 23% (pp. 26-29).
During the period from 1990 to 2006 church attendance on
any given Sunday remained steady at approximately 52,000,000 people. However, during this same period the
population of the United States increased by a similar 52,000,000. In other words, church attendance has not
kept pace with population growth (pp. 34-36).
While the evangelical wing of the church shows
stronger growth than Protestant mainline churches or the Roman Catholic Church,
it still declined in 22 states during the period from 2000 to 2005. In the period from 1990 to 2005 evangelical churches
almost kept up with population growth
(pp. 36-38).[2]
And lest those of us in the evangelical tradition
begin to feel smug about our "success," we should recognize that a
significant portion of the growth in evangelical churches comes from mainliners
and Roman Catholics who "switch in" at a higher rate than
evangelicals who "switch out." (pp. 58-59). Obviously this kind of
growth has no impact on the larger, un-churched population. There
is a wealth of specific material in Olson's book that is beneficial for anyone
concerned about the health of the church and the progress of the gospel in
North America. Here are my preliminary observations:
1. There really is a problem! While we can and should celebrate examples of
healthy and expanding church life, we must not deceive ourselves about the
overall situation. If actual church
attendance is less than half of what was previously reported, we have a
problem. If no branch of the church is
keeping up with population growth, we have a problem.
The
crew of Apollo 13 returned safely because everyone on the shuttle and everyone
on the ground agreed on the seriousness of the situation. They then called together the best and the
brightest within NASA to devise a solution.
How about a similar approach for the
church? I have encountered lots of
bright and committed Christian leaders who are disinterested in or even
offended by the missional movement. Some
feel that missional concerns are a passing fad.
Some are disturbed by the "negativism" of our analysis of the
church and suggest that we lack a proper regard and affection for the body of
Christ.
But
if the picture presented by David Olson is even close to being realistic, we need to drop our defensiveness, put
aside the multitudinous distractions of ministry, and focus our best leaders on
a problem that shows no signs of going away.
Then and only then can we make some real progress.
2. Conversion is integral to mission. During the period from 2000 to 2005 the
evangelical wing of the church experienced a modest increase in attendance that
contrasts with the pronounced attendance decline of mainline and Roman Catholic
churches. Olson details a number of
factors that contributed to the relative success of evangelical churches (pp.
50-58).
I offer (without specific evidence) one
that he does not list: evangelical churches teach a message of
personal conversion. This, along with a deep love for the Bible,
constitutes the basic identity of historic evangelicalism. I have suggested in earlier issues of Missional Journal that the whole church,
including those of us in the evangelical wing, need to "hear the gospel
again."[3]
But on this important point I think we have
heard this message pretty clearly: the
gospel changes lives. It does so because
salvation is God's rescue and salvage operation for the lost and the
hopeless. This belief is grounded in the
inter-woven themes of creation, fall, judgment, redemption, and renewal. The purpose of God is nothing less than a new
creation under the lordship of Jesus who is the prototype of the new humanity.
The gospel calls us to a reconciled and reconciling life as we follow Jesus
into the world (2 Cor. 5:11-21).
This message must not be muted or silenced
in the missional discussion. David Fitch
raises a thoughtful challenge on just this point: "The emphasis on the Mission of God,
that God is working everywhere outside the church and all we need do is
join in, might lead some to imply that there is no specific realm of Christ's
Lordship where disciples of Christ must enter and explicitly submit their lives
into Christ's rule."[4] Fitch does not think that the missional movement
has succumbed to this temptation, but he calls us to vigilance. I agree!
3. Church planting is not optional. About 4,000 new churches were planted each
year from 2000 to 2005. However, this
increase was offset by about 3,700 yearly closings during the same period, so
that the net increase was approximately 300 churches per year. Olson calculates that the net increase needs
to be more than ten times that number (3,205) to keep up with population
growth (p. 146).
Add the fact that new churches more
effectively reach people than older congregations, and that congregations
parenting new churches see more growth, and I think we have a very strong case
for all churches to turn their attention to church planting. Moreover, it is probably easier to plant a
new church than to revitalize one that is failing. So let's get to work! Missional congregations (or denominations)
must increase their commitment to launching new churches.
I do not say this glibly. Having been intimately involved in two church
plants, I realize that it is immensely challenging work. Resources are tight, people get stressed,
internal conflicts demoralize, external opposition hinders, and leaders
sometimes fail.
But look at the flip side. There is a spiritual exhilaration in church
planting that comes from seeing the work of the Spirit in the lives of those
newly committed to Christ. There is joy
in watching the fresh appropriation of old truths. And there is satisfaction in
investing our lives in the growth of others.
Effective church planters deserve our
prayers, encouragement, and financial support.
Humanly speaking they are the church's best hope for the future. May their tribe increase.
Do we have the
commitment?
So,
coming back to our illustration, our ecclesiastical space craft has a
problem. If we can't admit there is a
problem, we have little hope of addressing the situation. On the other hand,
all is not lost! God is more concerned
about the mission than any of us. Though
the circumstances are critical, the Lord is with his people. Do we have the commitment to follow?
[1] Astronaut James Lovell actually said "Houston,
we've had a problem."[2] The percentage of Americans in weekly
attendance atan evangelical church was 9.2% in 1990 and 9.1% in 2000 and 2005.[3]
Missional
Journal 1.10
[4] http://www.reclaimingthemission.com/conversion-a-casualty-of-missional-theology-my-recent-ct-article
Rethinking Church Models through
Scripture
By Walter Brueggeman
Rethie van
Niekerk vestig ons aandag op hierdie artikel van Brueggeman. Dit is ‘n
uittreksel uit ‘n artikel wat
volledig by Theology Today se webblad gelees kan word.
First, this
community, in the face of socio-political marginality, worked at the recovery
of memory and rootage and connectedness. The primary evidence of this in
the Old Testament is the extended genealogies, most of which were articulated
in this later period. The purpose of genealogy is to connect the threatened
present generation with the horizon of reference points from the past. That is,
a studied recovery of the past intends to combat the "now generation"
and the disease of autonomy and individualism that imagines we live in an
historical vacuum.
A second strategy for survival in a
community at the brink of despair is the intense practice of hope. The
rhetoric of the community filled its imagination with the quite concrete
promises of God. In its extreme form, this rhetoric of hope issues in
apocalyptic. In our study of apocalyptic, there is much for us to learn about
the sociology of our knowledge. When the church is safe and settled and allied
with the status quo, it is impatient with apocalyptic. Indeed, most
critical scholarship has dismissed apocalyptic as "bizarre." Among
the communities of the marginal, however, who find the present laden with
hopelessness, apocalyptic is a rhetorical act of power. Thus, this literature
and this rhetoric belong rightly on the lips of the "world weary" who
see this rhetoric as critically subversive of every status quo. It is
telling, now, that apocalyptic rhetoric in our culture appeals to apparently
well-off people who are beset by despair.
I believe this is important because
satiated young people in the U.S. (including some of our own children) mostly
do not know that something else is yet promised by God. That future is not to
be wrought by our busy, educated hands, but by the faithfulness of God. The
community at the margin, when it functions at all, is a community of intense,
trustful waiting.
The third strategy of survival worth noting
is that the post-exilic community became an intensely textual community.
It was busy formulating the text; so it is widely believed that the period
around the exile is precisely the period of canonization, the making of
normative literature. It was also busy interpreting the text. This is the
period of the emergence of the synagogue, which is the place of the
text, the formation of the Beth Midrash, "house of study," and
eventually, the appearance of the rabbis who are teachers of the
tradition. Textual study was focused on the imaginative construal of a
normative text. This imaginative construal of the text, which so characterizes
Judaism, did not drive toward theological settlement or moral consensus, but
believed that the act of construal of this text itself is a quintessential
Jewish act. Such an act in the midst of marginality did not need a controlled
outcome.
With a high and passionate view of
Scripture, we must not miss the point concerning social power. The point of
sustained textual study is not objective erudition, information, or conclusion.
The point is rather to enter into and engage with a tradition of speech,
reflection, discernment, and imagination that will prevail over the textual constraints
of Persian power and Hellenistic hostility. A textless Jew is no Jew at all,
sure to be co-opted and sure to disappear into the woodwork. And my sense is
that a textless church is increasingly no church at all.
The New Yorker, of all places, has suggested that the U.S. has had as its organizing
story "The Cold War."11
That story has now failed and our civil community, says The New Yorker,
is essentially "storyless. " So it has always been; the story offered
by the dominant empire turns out to be no story at all. These besieged Jews
knew that. They not only knew that to keep their young they had to engage the
text on its own terms, they also dared to imagine that their particular text
was the voice of God among them and the voice of a true story that would
persist in the face of empire and cultural hegemony. This community developed a
deep and vibrant confidence in its text, which is what the process of
canonization is all about.
Circumstance, therefore, required a shift
from a temple-royal-prophetic community to a textual community, which
struggled with the text in all its truth and in all its dangerous
subversiveness, continually witnessing to another mode of reality.
How many dogs does it take
to change a light bulb?
1. Golden Retriever: The sun is
shining, the day is young, we've got our whole lives ahead of us, and you're
inside worrying about a stupid burned out bulb?
2. Border Collie: Just one. And
then I'll replace any wiring that's not up to code.
3. Dachshund: You know I can't
reach that stupid lamp!
4. Rottweiler: Make me.
5. Boxer: Who cares? I can still
play with my squeaky toys in the dark.
6. Labrador: Oh, me, me!!!!!
Pleeeeeeeeeze let me change the light bulb! Can I? Can I? Huh? Huh? Huh? Can I?
Pleeeeeeeeeze, please, please, please!
7. German Shepherd: I'll change
it as soon as I've led these people from the dark, check to make sure I haven't
missed any, and make just one more perimeter patrol to see that no one has
tried to take advantage of the situation.
8. Jack Russell Terrier : I'll
just pop it in while I'm bouncing off the walls and furniture.
9. Old English Sheep Dog: Light
bulb? I'm sorry, but I don't see a light bulb!
10. Cocker Spaniel: Why change
it? I can still pee on the carpet in the dark.
11. Chihuahua : Yo quiero Taco
Bulb. Or 'We don't need no stinking light bulb.'
12. Greyhound: It isn't moving.
Who cares?
13. Australian Shepherd: First,
I'll put all the light bulbs in a little circle...
14. Poodle: I'll just blow in the
Border Collie's ear and he'll do it. By the time he finishes rewiring the
house, my nails will be dry.
How many cats does it take to
change a light bulb?
Cats do not change light bulbs.
People change light bulbs. So, the real question is: 'How long will it be
before I can expect some light, some dinner, and a massage?'
(Dankie Ron Reynolds)
Sinodale Kommunikasie