Amptelike Nuusblad : NG
Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 7 - Nommer 16 - 21 Mei
2009 - www.ngkok.co.za/enuus
Ons Here sit aan die regterhand van
ons Vader
Pienk vark kry naam in chaos wat baie
beteken...
NG Moderators verklaar: Jesus
hét liggaamlik opgestaan uit die dood
Klimaatsverandering as oomblik van
beslissing vir Christene
Swart
gemeenskapsleiers sien sendingwerk as voorbeeld en rolmodel vir die kerk
Polisiehoof van Barkly-Oos oor die
rol van die kerk in die gemeenskap
SA Council of Churches warn: “You
reap what you sow”.
Wat kan ons uit die boek Handelinge leer oor missionale
gemeente-wees?
Jongste
nuusbrief van Ramah Rescue
Bible
Institute hou basaar en benodig ou klere, huisraad, en ondersteuning
Veritas
Kollege se werk in die Oos-Kaap blom, vertel Riaan Terblanche
Global Day of Prayer: Fokus vanjaar
op Sokkerwêreldbeker
Bestuursgids en Riglyne vir Skribas
/ Kerkkantore
Spesiale Evangelisasie Toerusting: EE 111 Kliniek by NG Kerk Sionsrand.
Wat
is ‘n MIV / Vigs kompetente geloofsgemeenskap?
‘n Geseënde Pinkstertyd word julle
toegewens. Mag die dominees en lidmate wat vanjaar Pinkster lei toegerus word
met krag uit die hoogte!
Ons
Here sit aan die regterhand van ons Vader
Dit is die herdenking van Jesus se Hemelvaart.
Die evangelie
van Hemelvaart is dat die goeie nuus van Jesus Christus nie eindig met kruis en
opstanding nie. Die ligaamlik-opgestane
Here het immers opgevaar na die hemel en sit aan die regterhand van God,
vanwaar Hy oor ons, ons wêreld en ons geskiedenis regeer.
Opvallend word
Jesus na sy Hemelvaart in Handelinge steeds geteken as die Here wat aktief by
ons wêreld betrokke is. ‘n Paar voorbeelde:
* Vanuit die
hemel het Hy die Heilige Gees oor ons uitgestort - die Gees deur wie Hy by ons
teenwoordig is (2:33);
* Jesus het,
volgens Petrus se getuienis, die lam man by die tempel genees en laat opstaan
(3:16);
* Stefanus sien
Jesus aan die regterhand van God staan
(7:56);
* Jesus stuit
Saulus op pad na Damaskus en omskep hom van vervolger tot getuie (9:4,5);
* Jesus roep
Ananias en stuur hom na Saulus toe (9:10).
Die Jesus wat
ons bely, die Een wat gesterf en opgestaan het, het oop opgevaar na die hemel
en sit nou aan die regterhand van God, vanwaar Hy regeer. Karl Barth wys daarop dat die Christelike
belydenis in die hemelvaart oorgaan van die verlede tyd (Jesus het...) tot die
teenwoordige tyd (Jesus regeer...).
Jesus is nie
weg nie. Hy word nie net onthou vir sy
dade in die verlede tyd nie. Hy is hier.
Hy is teenwoordig en Hy werk in ons wêreld.
Die God-mens, Jesus Christus, hou ons lewe in sy hande. En Hy werk in ons wêreld.
Ons kan nie
leef sonder die belydenis van Jesus se hemelvaart nie.
Pienk
vark kry naam in chaos wat baie beteken...
Ds Chris Weyers van Uitenhage-Noord vertel hoe God in
chaos werk. Miskien, wonder hy, moet ons
meer chaos hê?
Chris skryf:
Nou die aand staan ek
weer verstom oor hoe die Here effektief kan werk in 'n situasie wat ek gedink
het: “Dit was nou chaos”. Dit was 'n
Sondagaand, so 'n paar weke gelede, tydens een van ons Jeugdienste in die
gemeente. Ons het die aand oudergewoonte
begin met Praise and Worship vir sowat 25 minute toe ek opstap om die
aand se “Open Mike Night” gesprek te lei - een van die gunstelinge van
die jeug.
Maar voor díe gesprek kon begin, praat ons
toe eers oor die instel van dankoffers. Ons
tienerleiersgroep (sowat ses tieners wat elke week saam praat en beplan aan die
komende Sondag se preek) het saam met ons drie prediker-leiers besluit dat
hulle wil wegdoen met die tradisionele bankkollekte en eerder wil fokus op die
gee van dankoffers wat hulle na die erediens bring wanneer hulle iets (bv.
sakgeld, werkinkomstes, ens) van die Here ontvang het. Om te help met die kopskuif wat ons wil implementeer,
is daar toe besluit dat die “skatkis” ook nie die tradisionele kollekte sakkie
of -bordjie kan wees nie en is uiteindelik besluit op 'n pienk spaarvarkie (van
daai soort pienk wat jy nie kan miskyk nie...).
Die varkie sou ons dan by die ingang staanmaak waar elkeen op sy eie
geld kan ingooi - sonder druk of verwagting.
Om die konsep toe te loods, besluit ons toe
dat varkie darem 'n naam moet kry. So
skop ek toe die aand se “preek” af deur vir varkie 'n naam te kry. Elkeen kon voorstelle indien. Ons rekenaar-man het elke voorstel deur die
dataprojektor op die skerm vertoon en so het ons toe oorgegaan tot 'n
stemmery: eers 'n kortlys en toe die
finale rondte. Na vele geskerts, gelag,
luidkeelse afkeur het varkie toe sy naam gekry: “gimol” uitgespreek as “Jemahl”
- maar dit is 'n storie vir 'n ander keer.
Die hele proses het sowat 20 minute (van
die beskikbare 30 minute) in beslag geneem.
Daar was toe skaars tyd oor vir 'n sinvolle “Open Mike Night”
maar ons druk toe deur en beantwoord so 2 van die vrae wat die jeug anoniem op
papiertjies geskryf het. Ons het nie
eens by 'n slotlied uitgekom nie en verdaag toe vir koffie.
Op pad uit kom staan 'n jongman by my - ek
skat hy is al twee of drie jaar uit die skool en sê “Dankie dominee”. Ek was letterlik uit die veld geslaan en my
eerste reaksie is toe “Waarvoor?” “Nee,
oom, ek wil net dankie sê vir vanaand.
Ek het my antwoord gekry.” “Maar
ons het niks gedoen nie” is my eerlike
reaksie. “Ons het net gespeel en
aangejaag. Ek het ook nou nie juis
gepreek nie.”
En dit is toe dat hy my sy storie so
kortweg vertel. Hy was jare gelede baie
aktief in die kerk betrokke maar iets het gebeur en hy is uit die kerk
uit. Vanaand was die eerste keer dat hy
weer in 'n kerkgebou gekom het - omdat sy meisie hom saamgebring het. “Maar na só 'n kerk toe kan ek terug kom” sê
hy toe met 'n effense krakerigheid in sy stem wat niks met puberteit te doen
het nie.
Later daardie aand kom die jongman se
opmerking weer by my op: “Na so 'n kerk toe kan ek terugkom” en ek dink: Dalk moet ons meer chaos in ons dienste met
die jeug hê. Miskien kry die Here meer
kans om te werk...
NG Moderators
verklaar: Jesus hét liggaamlik opgestaan uit die dood
Die moderators van die
verskillende streeksinodes het tydens hul afgelope byeenkoms van 13-15 Mei 2009
by die Wildernis ’n hele aantal sake onder bespreking geneem. Belangrike
uitdagings waarvoor die Kerk tans staan is onder die vergrootglas geplaas. Na
die byeenkoms is die volgende eenparige verklaring uitgereik:
Gesprek
oor die opstanding
Verskil van mening in
die kerk is ‘n goeie ding. Dit help ons
om die kaf van die koring te skei. Ons
onderskei daarom ook tussen menings veral deur met mekaar in gesprek te
tree. Ons doen dit onder andere deur
briewe, artikels, boeke en toesprake.
Sonder so ‘n robuuste onderskeidende gesprek kan ‘n kerk nie werklik
teologie bedryf nie. Dit help ons met
oorleg saam aan die Here gehoorsaam te wees.
Ons dink dat die gesprek oor die opstanding
van Jesus Christus die afgelope paar jaar ongelukkig soms uitgerafel en baie
persoonlik geraak het. Dit is jammer en
pas nie by ‘n kerk wat veronderstel dat die geloof in Jesus Christus, die
belydenis van ons kerk en die Woord van God ons aan mekaar bind nie. Daardeur word verwarring gesaai en kom die
boodskap van Jesus Christus in diskrediet.
Ons roep dus alle partye in die teologiese
gesprek op om met deernis, leerbaarheid en openheid met mekaar te praat. Anders hoor ons mekaar nie goed nie en gee
ons mekaar se standpunte nie billik weer nie.
Dan raak die gesprek maklik verkleinerend en selfs kwaadwillig en
bedreig dit die geloofseenheid tussen ons.
Die verwarring en gebrek aan eenheid oor so
‘n kern teologiese saak bring ons by die oortuiging dat ons die NG Kerk wil
oproep om saam met ons die volgende oor die opstanding van Jesus Christus te
bely:
* Dat Jesus Christus liggaamlik uit die dood
opgestaan het op die derde dag na sy kruisiging (Luk 24);
* Dat sy fisieke liggaam opgeneem is in die
opstandingsliggaam op ‘n wyse wat ons begrip te bowe gaan (1 Kor 15);
* Dat ons liggame ook uit die dood sal
opstaan, soos Hy ons belowe het (Joh 11; 1 Kor 15).
Dit is die
kern-belydenis van die Skrif en ook ons belydenisskrifte. Dit is ook wat ons as Christene ten diepste
aan mekaar verbind. En dit is wat ons
graag saam met alle gespreksgenote wil glo en bely.
Ander
belangrike uitdagings
1. Die hele kommunikasiesisteem
en netwerk van die NG Kerk behoort uitgebou en verfyn te word. Daar is
veral ’n bekommernis oor hoe effektief en duidelik kommunikasie na lidmate op
voetsoolvlak geskied.
2. Voortgaande versoening en verhoudingsbou op alle vlakke van kerk en samelewing
behoort ’n dringende prioriteit te wees. Alle leierskap in die Kerk behoort
hierin ’n voorbeeld te wees.
3. Die moderators bid dat alle kerkleiers en
amptenare groot erns sal maak met ’n radikale hertoewyding en oorgawe aan God. Dit behoort gepaard te gaan met ’n
lewenstyl wat getuig van reinheid en
geestelike dissipline onder leiding van die Heilige Gees.
4. Die moderators soek ook tans biddend na
praktiese maniere waarop daar groter uitdrukking gegee kan word aan die Kerk se
getuienistaak in die wêreld. Dit
sluit evangelisasie, die verligting van nood, asook die Kerk se publieke
getuienis (bv. teenoor misdaad) in.
Klimaatsverandering
as oomblik van beslissing vir Christene
‘n Belangrike dokument, waarby Gereformeerde teoloë soos
proff Ernst Conradie en Klippies Kritzinger betrokke is, word tans onder
Christene in Suid-Afrika geformuleer.
Dit handel oor klimaatsverandering as beslissende oomblik
(kairos-moment) vir gelowiges, ook in Suid-Afrika. Die indrukwekkende dokument
is op ons webblad beskikbaar.
Belangstellendes kan met prof Ernst Conradie by die Universiteit van die
Wes-Kaap hieroor kontak maak.
Swart gemeenskapsleiers sien sendingwerk as
voorbeeld en rolmodel vir die kerk
Die sendingwerk van Europese sendelinge in Afrika word dikwels
bevraagteken. Die kritiek is dat die sendelinge nie net die evangelie gebring
het nie, maar ook Westerse kulturele waardes.
Die Westerlinge het hul eie kultuur as superieur beleef en wou dalk
eerder die Westerse kultuur uitdra, wat onkrities met die evangelie verwar is, as
die boodskap van God se heil vir die wêreld, word gesê.
Merkwaardig genoeg
het twee swart gemeenskapsleiers, beide duidelik Christene, tydens ons
padberade onafhanklik van mekaar die werk van sendelinge in Suid-Afrika sterk
aangeprys. Beide raadslid Jonas, swart ANC burgemeester van Stutterheim en
kommissaris Nokopei, bevelvoerder van Barkly-Oos se polisiekantoor, het met
waardering na die gemeenskapswye impak van sendingwerk verwys. Die wyse waarop sendelinge mense van God
geleer en lig vir hulle gebring het, is ‘n model vir die kerk om steeds by die
samelewing betrokke te bly. Die kerk
moet mense steeds leer om ‘n morele lewe te lei, en steeds sout, suurdeeg en
lig wees.
In die woorde
van raadslid Jonas: “The church must always remember that it is their missionaries that
initially provided skills, space and resources for social educational and
health services and when such institutions are showing some signs of weariness,
then the church cannot stand and watch.”
Polisiehoof
Nokopei: “Our civilization owes its existence to the
diligent and untiring work of the missionaries who devoted themselves to the
spread of religion to the corners of the world, where people lived in darkness.
The first step that the church adopted was to tame them and teach them to
respect the omnipresent and unseen father. This brought about the idea of
respect. The missionaries established our first learning centres.
The first schools were housed in the churches.
The change in the conduct of the residents was proved by the reduction
of fights. The value of the church was proved when its buildings were used
as learning centres. Only the church was responsible for the change in
the conduct of the residents.’” (Sien sy volledige toespraak in die volgende berig.)
Mens is geneig om te dink mense sê vir jou
wat hulle weet jy graag wil hoor. Ek het
hierdie waarderende refrein egter nou al net te veel gehoor - ook by ander
swart leiers - daar steek beslis opregte waardering in hierdie opmerkings.
Wie was die gewaardeerde sendelinge in die Oos-Kaap?
Die kenmerk van
sendelinge na die Oos-Kaap, bv Rev Edmunds en Rev Hargreaves van die Methodistekerk,
was die wyse waarop hulle gesagstrukture binne die Xhosagemeenskappe erken het,
en die plaaslike leiers se vertroue gewen het. Hulle onbaatsugtige diens aan
gemeenskappe is legendaries. Mens dink aan die skole, ander opleidingsentra,
mediese versorging e.s.m., wat hulle gevestig het. Rev Hargreaves word bv onthou vir sy rol as
vredemaker tussen Xhosa groepe, en ook tussen die Xhosa en die koloniale
owerhede. Hierdie egte soort optrede is
waarskynlik die rede waarom die Metodiste die grootste denominasie in die
voormalige Transkei geword het.
Die eerste sendeling in die Oos-Kaap, Van
der Kemp, was iemand wat eers vir 15 maande in ‘n Xhosaleier se kraal gaan woon
het voordat hy sy werk verder geneem het.
Hy het ook ‘n sendingstasie vir Khoi by Bethelsdorp opgerig. Sy volledige identifikasie met die mense op
wie sy werk gerig was, het hom in konflik met die veeboere gebring, maar is ‘n
model vir kruiskulturele werk waaruit ons baie kan leer.
Ds Giep Louw het ‘n fassinerende oorsigtelike
skets oor sendingwerk in die Oos-Kaap geskryf - lees dit gerus.
Die rol wat die Botes-egpaar (Willem en
Annalie) pas gespeel het in die oprigting van die Sinethemba sentrum vir
gestremdes is nog ‘n voorbeeld. So kan
die voorbeelde uit die resente sendelingekorps in die Oos-Kaap vermenigvuldig
word.
Dit is waarom swart leiers tot vandag toe
die sendelinge eer, en hulle optrede as voorbeeld vir die kerk voorhou.
In ‘n hoogs gepolitiseerde land moet dit
ons tot groot dankbaarheid stem. Die
evangelie, behoorlik beliggaam in dade van liefde, het groot krag.
Polisiehoof
van Barkly-Oos oor die rol van die kerk in die gemeenskap
Hier is
kommissaris Nokopei, polisiehoof van Barkly-Oos, se voordrag tydens die
onlangse padberaad met die Ringe van Burgersdorp en Dordrecht te Barkly-Oos:
Why is the church
necessary for the community?
Our civilization owes its existence to the diligent and untiring work of
the missionaries who devoted themselves to the spread of religion to the
corners of the world, where people lived in darkness. Before the advent
of the church primitive life prevailed.
The idea of peace did not dawn
to the communities as they were wild and had nothing to fear. The first
step that the church adopted was to tame them and teach them to respect the
omnipresent and unseen father. This brought about the idea of respect.
The missionaries established our first learning centres. The first
schools were housed in the churches.
The change in the conduct of
the residents was proved by the reduction of fights. The value of the
church was proved when its buildings were used as learning centres. Only
the church was responsible for the change in the conduct of the residents.
As a symbol of peace the
church played an important role in improving the lives of the communities who
gave themselves to it. Only the church succeeded in changing the mind set
of those who had lived primitive lives. Because of its commitment it
taught the people to be loyal to the almighty and the authorities.
Without respect there can be
no progress in the Community. The church has the power to motivate the
people to lead by example. The church has the ability to encourage its
members to have self respect, promote accountability and good morals.
The principles of the church
always conform to norms and standard. The community can only be
complacent when there prevails peaceful development in the area. The
church inspires its members to have passion of everything they do, if they
desire to be successful. In view of the fact mentioned above, the church
and the community should be inseparable, particularly where development is
involved.
SA
Council of Churches warn: “You reap what you sow”.
Die Moderatuur van die Algemene Sinode het besluit om
die volgende verklaring van die SA Raad van Kerke te steun:
The S
A Council of Churches (SACC) is perplexed by the recently reported statements
made by political leaders in the ANC Alliance (Youth League, MK Veterans
Association and COSATU) and Democratic Alliance (DA). These statements are in
such bad taste that one would not want to repeat them. It is noted that such
“politics of disgrace” started during the build up to the elections campaign.
The SACC then already warned against this practice and called for restraint.
It is rather sad that now when the people
of South Africa ought to celebrate and give thanks (to God) for the peaceful
and historic elections and the appointment of new political administrations we
are exposed to political mud-slinging. Such behaviour can only be interpreted
as expressions of political intolerance and immaturity. South Africa deserves
better than this.
The SACC calls on all involved (within the
DA and ANC) to with immediate effect STOP this disgraceful behaviour. We are
committed to respecting each other and expect our political leaders to set an
example in demonstrating tolerance and respect.
Whoever has been elected (and appointed) in
government must be reminded that they are responsible to serve the interest of
the entire South African people. The electorate and citizenry are looking at
you with great expectation, particularly within the global economic crisis. All
political leaders are expected to lead by example and to help rebuild the
morality that will make us all to be proud citizens of our beloved country.
Millions of poor and unemployed people went
to the polls because they pin their hopes, their fears and their aspirations on
responsible and democratic leaders. We strongly reject this situation where
political mud-slinging is the order of the day, instead of the real concerns of
people. Let us all and particularly those in authority remember that “we reap
what we sow”.
There are more millions of people in Africa
and around the world that envies South Africa. We have to guard the image that
was build with the blood and sacrifice of ordinary people with extra-ordinary
commitments to a free South Africa. We have to reconsider the messages that we
send to those who will inherit our legacies. We will be remembered by what we
said and what we did.
Let us therefore do what is just, what
builds peace and what we can all be proud of. Let us demonstrate mutual
respect, reminding ourselves that ‘we are what we are because of other people’.
May God the Almighty grant us the gifts to serve in humility.
Wat kan ons uit die boek Handelinge
leer oor missionale gemeente-wees?
Die afgelope paar dae
het ‘n baie interessante gespek oor die betekenis van die boek Handelinge vir
die kerk, en spesifiek gemeentes, plaasgevind. Die toneel was die
Handelinge-konferensie, gereël deur Communitas en die Kweekskool,
Stellenbosch. Die konferensie lui ‘n
periode van studie oor Handelinge in, en die betekenis daarvan vir die kerk, wat
na alle waarskynlikheid oor meer as drie jaar sal strek. Ek sal die konferensie
om ‘n paar redes onthou:
Een: lewe vanuit die teenwoordigheid en handelinge van
die lewende Christus
Uit verskeie insette
is die betekenis van die lewende Christus se teenwoordigheid in die lewe van
die kerk belig. Die teks van Handelinge
verwys op verskeie plekke na die handelinge van die lewende Christus in die
wêreld ná sy hemelvaart. Die hemelvaart
het duidelik nié die bedoeling om te suggereer dat die opgestane Christus nou
weg is, en dat die kerk self moet regkom nie.
Christus is teenwoordig en handel.
Stefanus sien Jesus aan die regterhand van die Vader, Jesus verskyn aan
Saulus en Ananias - lees gerus weer die Handelinge verhaal om hierdie
perspektief te herwin.
Handelinge leer ons om nie net die
opstanding van Jesus uit die dood ernstig te neem nie, maar ook die betekenis
van sy hemelvaart. Hy neem in vele
opsigte die inisiatief in die lewe en bediening van sy kerk.
Twee: lewe vanuit die teenwoordigheid en leiding van
die Heilige Gees
Die Gees lei en stuur
die kerk. Reg deur die boek behoort die
missie van die kerk aan die Gees. Die
Heilige Gees verras die kerk dikwels en skakel die kerk se aandag en handelinge
in by die handelinge en die aksies van God self.
Die kerk lewe en bedien die wêreld nie in
‘n vakuum nie, maar onder die leiding van die lewende Christus wat in die lewe
en werk van die kerk aanwesig is.
Drie: die briljante, toepaslike insette van wêreldgehalte kenners oor die boek
Tydens die
konferensie het werklike wêreldklas kundiges oor Handelinge tydens die
oggendsessies insette gemaak ook die boek:
* Prof Beverley Gaventa van Princeton het in
twee voordragte gepraat oor mag, gesag, leierskap en besluitneming in die kerk
volgens die Handelinge verhaal. In haar
tweede voordrag het sy gepraat oor die betekenis van Handelinge se uitbeelding
van Paulus as vervolger, getuie en pastor.
* Prof
Scot McKnight het insette gelewer rondom die betekenis van verlossing in
die Koninkryksgemeenskap van Lukas-Handelinge en die evangelie-verkondiging
deur die predikers in Handelinge.
* Prof Klippies Kritzinger het oor die sending
van die kerk as versoening gepraat, en verwys na Saggeus (Lukas) en die rol van
Ananias en Barnabas in
* Prof Christoph Stenschke van die Bibelschule
in Bergneustadt, Duitsland, het gepraat oor Sending in Handelinge as die missie
van die kerk.
‘n Hele aantal lidmaat-leiers het ook die
konferensie bygewoon, en was duidelik verras en versterk deur die insette. Die ware bewys van kundigheid lê in die
vermoë om dit eenvoudig en verstaanbaar oor te dra, en hierdie akademici het
die toets geslaag, het ‘n lidmaat gesê.
Vier: ‘n gesprek wat akademici én gemeenteleiers
insluit
Tydens die
middagsessies het werkgroepe bymekaargekom, bestaande uit die akademici en
gemeenteleiers. Dit was die ruimte vir kort
voordragte deur gemeenteleiers en betekenisvolle gesprek oor die betekenis van
die Handelingeteks vir die Here se kerk.
In hierdie sessies is die bedieningspraktyk
van die kerk ernstig onder die loep geneem in terme van die Handelingeverhaal.
Dit is nie net akademici wat iets oor die teks te sê het nie, maar die kerklike
bedieningskonteks is ook ‘n betekenisvolle gesprekgenoot. In hierdie werklik deurslaggewende aspek het
die konferensie baie goed geslaag.
In een van die middagsessies was prof
Gaventa teenwoordig in die groep waarvan ek deel was. Hoe verrassend en verfrissend om te beleef
hoe sy kan luister, waarneem, interpreteer, en die gesprek met die
Handelingeteks in verband bring. Sy was
waarderend teenoor ons, wat in terme van kennis nie naastenby haar gelykes is
nie, en het ons werklik ingeskakel en ernstig geneem in haar beskeie kommentaar
en bydraes op grond van wat ons gesê of gevra het.
Nog ‘n indrukwekkende inset: Prof Scot
McKnight het gevra dat gemeenteleiers akademici moet meedeel waaroor hulle
navorsing gedoen wil hê. Dit is nie ‘n
styl wat mens elke dag by ‘n akademikus teëkom nie.
Lees die konferensie se dokumente by www.communitas.co.za - klik op Dienste
> Konferensies > Handelinge.
‘n Besondere blog, dië van Scot McKnight, professor in
Nuwe Testament te Chicago, kan besoek word by http://blog.beliefnet.com/jesuscreed/.
Scot was een van
die vel besondere sprekers by die pasafgelope Handelinge-Konferensie te
Stellenbosch. Hy is ‘n boeiende spreker,
en kommunikeer graag met jongmense. Sy
blog is baie gewild onder die jonger geslag, maar sal ook vir enige dominee
baie beteken.
Jongste nuusbrief van Ramah Rescue
Schalk en Bonnie van
Niekerk doen soveel gewaardeerde werk onder mense wat swaarkry! Hulle doen dit as lidmate deur die skep van
netwerke van mense wat betrokke raak by prostitute, dwelmafhanklikes, arm
kinders en gevangenis. Lees gerus meer
oor hulle inspirerende werk in hul jongste nuusbrief.
Bible Institute hou basaar en benodig
ou klere, huisraad, en ondersteuning
Dr Paul Stoltz van die Oos-Kaapse Bybel-Instituut, wat
swart kerkleiers teologies oplei, laat weet:
Die Bible Institute Eastern Cape hou 'n kermis op Saterdag 30 Mei 2009 vanaf 09h00 te 16 Villiers Rd, Walmer. Enige iemand met ou klere of enige ou huisraad wat in die pad is en daarvan ontslae wil raak, kan vir Marty Jerling kontak by 0846274946.
Kom kyk self ook hoe lyk die Bybelskool: Heerlike eetgoed sal te koop wees.
Veritas Kollege se werk in die Oos-Kaap
blom, vertel Riaan Terblanche
Hier is so ‘n paar uittreksels uit Riaan Terblanche,
gesetel te Cradock, se Vertias-nuusbrief:
Transkei
Ek het nou 2
weke by Decoliny in Mthatha opleiding gegee vir twee groepe
van onderskeidelik 12 en 13 studente, en dit was baie lekker om in God se Woord
te delf. Een van die studente het gesê dat nadat sy reeds in haar lang
lewe baie dinge van die Bybel geleer het, en gedink het dat sy die Bybel
goed verstaan, dat sy nou eers begin verstaan dat die Woord veel ryker is as
wat sy gedink het. Ons was soos delwers wat net verbaas gestaan het oor
die rykdom van skatte van God se wysheid wat sigbaar geword het!
Die doel van die opleiding van Veritas
College is nie net op op ‘n persoonlike vlak geestelik te groei, sodat jou
karakter gevorm kan word na die beeld van Christus nie, maar veral dat
studente in hulle bediening bemagtig kan word en ‘n nuwe lewe kan leef.
Ds. Christo Wooding van Kokstad skryf in hierdie verband:
“n Mens is dankbaar om die ontwikkeling in
die studente se lewens waar te neem. Van hulle tree met groter selfvertroue op
in die gemeente. Hulle begin te preek op die verskillende buiteposte en
help met begrafnisse. Ntombifuthi (nog `n dogter) van Aloekop is verkies tot ons
ring se jeugkomitee en Thulani (stilbly - `n verkeerde naam vir hom want hy
praat baie) dien op die mannekomitee. Vusumzi (die een wat die huis aan die
brand steek, lewe bring) van Brooksnek het verlede maand saam met my op Mpeni
gaan preek. Al sy Veritas handleidings is saam en hy het hard probeer om
volgens die riglyne te preek.”
Hieroor kan ons net
die Here prys! En wat nie al is nie, is dat buiten hierdie 25 studente, daar
ook 7 nuwe groepe van Veritas studente in die verskillende gemeentes tot
stand gekom het. Teen einde verlede jaar het ek 14 fasiliteerders vir
Module 1 opgelei, en 8 van hulle is nou aktief. Hulle gee nou opleiding
vir 55 studente, sodat in die Transkei ons nou 80 studente in opleiding
het! Bid asb. vir hierdie gewillige groep fasiliteerders, dat die Here
hulle bekragtig vir hulle bediening.
Soms het ons ook ligter oomblikke soos die
jong student hierbo dit geniet! Een van die geleenthede toe ons letterlik
geskater het van die lag, wat toe ek een middag na ete per ongeluk in die
slaapsaal toegesluit was, en nie kon uitkom nie. Ek moes toe maar geduldig wag
tot hulle my kom soek het. Die een wat my toegesluit het was baie skaam
daaroor, maar op ‘n ligter noot het ek vir hulle “getroos” deur te noem dat ek
weet dat daar verskeie maniere is om van jou leermeester ontslae te raak,
maar dat hulle nie daaroor bekommerd hoef te wees nie of dit te probeer nie,
want hulle sal beslis teen die einde van die kursus van my ontslae wees!
Ons is baie dankbaar vir almal wat hierdie
projek in Transkei ondersteun, in besonder die gemeente van Stellenbosch-
Sentraal wat nou by die projek betrokke is. Mag die Here julle seën!
Global
Day of Prayer: Fokus vanjaar op Sokkerwêreldbeker
Pierre van
Wyk en Joan Keeling skryf:
The time is drawing
near for the annual Global Day of Prayer - on Sunday 31 May 2009.
As was shared at the
GDOP Co-ordinators luncheon - on 10 March, the emphasis of the 2009 GDOP will
be the 2010 Soccer World Cup.
Firstly, the exciting SASCOL (TUG Project) has been accepted
in NMB.
This will take place
before, during and after the 2010 Soccer World Cup
The vision behind the
SASCOL (TUG Project) is to use soccer as a means to evangelize and disciple
every young person in NMB. This will only be achieved with the co-operation of
all the churches and schools in the Bay. The GDOP Program this year will
concentrate on praying for the success of this challenging outreach.
Secondly, what is also immensely motivating, is that Nelson Mandela Bay is preparing
to host the Nations during the 2010 Soccer World Cup. We can't all go to
the nations, but God is bringing the nations to us. Let us not waste
this wonderful opportunity. Let's prepare ourselves by seeking God's face - for
these guests - at the 2009 GDOP.
And as a result, may
God give us a huge harvest of souls!
This year, the Church
leaders are being asked to take greater responsibility for the GDOP Events. The NMB: Transformation Christian Network will be available to
support, promote and encourage the process. But, it is suggested that the
program be run by the ministers' fraternal in each area.
Congregations that would prefer to just include the Global Day of Prayer
Pointers in their normal meeting on that Sunday are welcome to do this.
But, we would encourage you all to participate in some way in the 2009 Global
Day of Prayer.
If you do not have a
list of the GDOP Pray Pointers, you may obtain them by phoning Joan on:
041 365 67 47 or 084 7662270
Thank you for the role that you have played in the past, to make these events so
successful.
Lees in die Kerkbode van 15 Mei 2009 ...
IN gesprek met:
’n Hart vir jongmense
Met ’n eerste blik lyk Jaco Strydom,
met sy bos lang hare, nie soos ’n gemiddelde dominee nie. Maar wanneer ’n mens
met hom begin gesels en jy kom onder die indruk van sy besonderse hart vir
jongmense in nood, weet jy hy is op die regte plek. En hy maak ’n verskil! Jaco
is die uitvoerende direkteur van Echo-Jeugontwikkeling in Pretoria.
TWEE-gesprek: Evolusie:
leuen of waarheid?
Die viering van Darwin se 200ste
verjaardag vanjaar het talle gesprekke oor evolusie in die media ontlok. Kan
die evolusie-teorie bewys word, en is dit versoenbaar met Christene se geloof?
Mnr Pieter Pelser en dr Jurie van den Heever verduidelik hulle
standpunte.
Lees ook:
* Zimbabwe:
Geloof midde in nood
* Uitgewer
verdedig publikasie van König se boek, Die evangelie is op die spel
* Gesogte SAMA
vir NG dominee
* ANC: Waarom
(steeds) soveel steun?
* Die “mighty
men” en die wyse maagde - Christina Landman
* Hoop in die
vigskrisis
* Resensie: Gran
Torino is meer as woorde
Junie-uitgawe van LIG nou beskikbaar!
’n Huis vol hoop
Teen die voordeur van
Heinz en Aletté Winckler se huis in Johannesburg hang die woord Hoop, en
wanneer ’n mens die huis binnegaan, wéét jy dat die Lewende Hoop hier teenwoordig
is.
Pleisters vir die
alleen-pa se siel
Die uitdagings wat
aan ’n enkelpa gestel word, kan oorweldigend wees. Maar met die hulp van
familie, vriende en professionele mense, kán hy ’n bobaas-pa wees!
My kind se
kamma-maatjie
Maatjies speel ’n groot
rol in ’n kind se ontwikkeling. Juis daarom wil ouers graag hulle kinders se
maatjies, en ook die maatjies se ouers, ontmoet. Wanneer kinders egter
denkbeeldige maatjies optower, is dit ’n perd van ’n ander kleur. Hoe beheer jy
die invloed wat ’n maatjie op jou kind se lewe het as dié maatjie net aan jou
kind “verskyn”?
Koester jou
middelkind
Middelkinders word
dikwels as óf moeilik en opstandig, óf teruggetrokke en onseker bestempel.
Hulle persoonlikheids- en aanpassingsprobleme word dan ook as die sogenaamde
“middelkindsindroom” getipeer. Deskundiges glo egter die middelste kind beklee
die perfekte posisie in die gesin. Hy is die beste van almal geposisioneer om
te leer hoe om met ander mense oor die weg te kom.
Ek en my huis ... ons
sal die Here dien
Kinders se geestelike
onderrig is nie veronderstel om tot ’n enkele uur op ’n Sondag beperk te word
nie. En as dít wat die kind by die kerk leer nie ook deur hulle ouers by die
huis uitgeleef word nie, word godsdiens gou ’n irrelevante, kunsmatige ritueel.
Lees ook ...
Ansie
Dippenaar-Schoeman: Beeldpoetser vir spinnekoppe
Man en vrou: Bou
mekaar se selfbeeld
Opskop: Dit hoef nie
met jou kind te gebeur nie
Vaarwel vet! Claudia
groet die maksivrou
Jou kwale - ’n vloek
van die Bose?
Vergeet van gister en
môre. Leef vir vandag!
Spesiale aanbod
Teken in en ontvang 11 uitgawes vir
slegs R175!* Skakel Jeanne Human by 021-864-8252. Elke nuwe intekenaar wat
tussen 11 Mei en 14 Junie 2009 op LIG inteken, ontvang Magla
- die dogter wat buite die boks gedink het deur Christelle Bekker en
Nico Simpson (Waarde: R59,95). In die boek word 40 cool Bybelkarakters,
waarvan die meeste minder bekend is, uit hulle wegkruipplek in die Bybel
gehaal. Hulle kon net sowel vandag geleef het, want hulle is mense net soos ons
- met dieselfde giere, drome, vrese en hang-ups. Magla (uitgegee
deur Bybel-Media) bied prikkelende stukke vir gesinsbyeenkomste. Dit word in ’n
gemaklike, informele en interaktiewe formaat aangebied.
Mei-uitgawe van Kruisgewys
Dit is nou die
lekkerlees tydskrif vir geestelike leiers. Dié uitgawe fokus op die Seisoen van
Luister – die suksesverhale en wat dit daagliks nog vir indiwidue, groepe,
gemeentes en vergaderings beteken.
Kruisgewys is die
afgelope week aan leraars gestuur. Onthou om by jou kerkkantoor navraag te
doen. Dit is gestuur op die posadres van die kerkkantoor.
Inligting, Navrae en
Diensverskaffing: Skakel 0860
26 33 42
* Of stuur jou bestelling per
e-pos na: bestel@bmedia.co.za
* Of koop direk met jou kredietkaart op die
webtuiste: www.bybelmedia.co.za
Kerkbode:
Spesiale toekenning …en spesiale nuwe baadjie.
Kerkbode ontvang toekenning
Kerkbode het op 8 Mei ’n spesiale toekenning van die Andrew
Murray-prysfonds ontvang vir die bydrae wat hy oor 160 jaar op die kerklike
toneel in Suid-Afrika gelewer het. Kerkbode vier vanjaar sy 160ste
verjaardag en is die oudste steeds bestaande Afrikaanse koerant in
Suid-Afrika. In die oorkonde wat deur ds Johann Symington, redakteur, in
ontvangs geneem is, word onder meer gesê Kerkbode het ywerig deelgeneem
aan die publieke debatte van die dag en daar is altyd gepoog om binne die lig
wat die kerk gehad het profeties op te tree. Die beheerraae skryf ook: “Kerkbode
was by tye kontroversieel en het in sommige gevalle selfs van die kerkleiding
verskil. Dit strek tot eer van die NG Kerk dat hy, trou aan sy gereformeerde
opvatting dat geen amp ondergeskik is aan ’n ander een nie, Kerkbode nie
sien as ’n lakei van die kerkleiding nie, maar as die platform waarop alle
ampsdraers, dus ook die lidmate, hulle standpunt mag stel en debatteer.”
Kerkbode nou in nuwe formaat
Praat ons taal! Met
dié versoek van lidmate in gedagte wil Kerkbode met sy splinternuwe
baadjie en hupse taal die wiel aan die rol sit vir meer moderne en
mensgerigte kommunikasie in die NG Kerk. Dit volg op ’n wetenskaplike ondersoek
oor die NG Kerk se kommunikasie met sy lidmate wat pas deur die Taalburo van
die Universiteit van Stellenbosch voltooi is. Nie net is die formaat van die
koerant verander sodat dit makliker hanteer nie, maar die inhoud weerspieël ook
‘n nuwe vars aanslag met enigiets van nuus tot aktualiteit, in diepte-gesprekke,
geestelike nadenke en humor.
Johan Marais na PE-Noord beroep
PE-Noord laat weet
dat ds Johan Marais, tans van die NGK Dordrecht, na PE-Noord beroep is. Johan en Germa word sterkte met die oorweging
van die beroep toegewens.
Johan Steenkamp na
Jeffreysbaai beroep
Lettie de Kock van Jeffreysbaai laat weet:
Ds Johan Steenkamp
van die NG Gemeente Pellissier in Bloemfontein het `n beroep as Jeugleraar na
NG Gemeente Jeffreysbaai ontvang. Ds Steenkamp sal, indien hy die beroep
aanvaar, fokus op tienderbediening waarin sy talente en gawes t.o.v.
musiekbediening ontplooi sal word om harte vir Jesus oop te maak. Hy word
sterkte toegebid vir die besluit.
Bestuursgids
en Riglyne vir Skribas / Kerkkantore
Die bestuursgids vir kerkkantore, saamgestel deur dr Jan
Viljoen, is op ons webblad beskikbaar by www.ngkok.co.za/admin. Dit is ‘n dokument van 3.6mb, wat beteken dat
jy ‘n tydjie moet toelaat om dit af te laai indien jy ‘n gewone telefoonlyn vir
internettoegang gebruik. Dit kan egter maklik gedoen word.
Spesiale
Evangelisasie Toerusting: EE 111 Kliniek
by NG Kerk Sionsrand.
Jan Coetzee laat weet:
DATUM: 12-17 Junie 2009
Groot Geleentheid vir Leiers en
Lidmate:
Die afgelope tyd is daar by elke
geleentheid waar ons bymekaar was, feitlik net oor een ding gepraat, nl.dat ons
as kerk oor grense moet beweeg. Dit was die boodskap by die
predikantekonferensie en ook by die padberade. Die wandel in die Woord uit Joh.4 het hierdie saak oor en oor
beklemtoon. Ons besef al hoe meer hoe belangrik dit is dat die kerk (ons wat
tempels van die Heilige Gees is) daar buite by die mense moet uitkom.
Die groot geleentheid wat TUG ons
bied vir 2010 se sokker vra ook toerusting.
Die vraag is hoe gaan ons by
hierdie groot oes uitkom ? Antwoord:
Stuur leiers en lidmate vir hierdie toerustingsgeleentheid. Hulle gaan
doodgewoon gehelp word om die evangelie met mense te deel.
Moenie die geleentheid misloop
nie. Hierdie toegeruste mense gaan ’n reuse verskil in die gemeente vir Sy
koninkryk maak.
Pinkster is ook die ideale
geleentheid om die groot opdrag te
beklemoon.
(Ons besef die 16 de is ’n vakansiedag
en is deur die ingeskrewe groep
onderhandelbaar)
PLEK: NG KERK SIONSRAND
KOSTE: R250,00 Kursusmateriaal, verversings en Sat.
se ete ingesluit. (Tjeks uitgemaak aan NG KERK SIONSRAND of kontant betaalbaar
aan begin van kursus)
PROGRAM:
Vrydag 12 Junie: 18h00-21h30
Saterdag 13 Junie: 08h00-17h00
Sondag 14 Junie: 14h30-18h00
Maandag – Woensdag 18h30-21h00
(Dins. Onderhandelbaar)
KONTAKBESONDERHEDE:
Jan Coetzee – tel/faks. 041 360
6573, sel. 0723202844
EE 111 Kantoor – 012 3427650
Esme - Fax 012 342 7649
E-pos: jancoetzee@absamail.co.za
Inskrywingsvorm
EE 111 Kliniek 12-17 Junie 2009
NG Kerk Sionsrand
(Sluitingsdatum: 7 Junie 2009)
Naam:...........................................................................................................
Gemeente:...................................................................................................
Adres:..........................................................................................................
.......................................................................................................
Tel.nr............................................................................................................
Sel………………………………………………………......………………….
Epos:……………………………………………………….....……………….
Wyse
van betaling:............................................
Vanjaar vind die skoolverlaterskampe weer
in die winter-skoolvakansie plaas, van 28 Junie tot 5 Julie 2009.
Volledige besonderhede tesame met die
inskrywingsvorm is beskikbaar by:
www.ngkok.co.za/skollies/inskrywingsvorm.pdf
Wat is ‘n MIV / Vigs kompetente
geloofsgemeenskap?
Nelis du Toit van die
Christen Vigsburo (CABSA) bring ‘n besondere artikel met genoemde tema onder ons
aandag.
Die artikel is ‘n voordrag gelewer deur dr
Sue Parry by ‘n onlangse vigskonferensie.
Gemeenteleiers behoort indringend hiervan kennis te neem.
Dr Parry sluit haar voordrag af deur
gemeentes met vuurtorings te vergelyk:
Lighthouses are usually built in solitary
strategic places, on rock, jutting out into the sea. Their function is to stand
as secure reference points during the day and at night, to send out beams of
repetitive sweeping light, illuminating dangers for vessels at sea and in
costal waters. They stand as beacons of
hope to any in distress, and their very presence and function is to provide
a means to expose dangers and to offer a light to help the sea farer avoid
dangers.
Faith communities too stand, and can stand,
as a living
beacon of hope in the era of HIV.
For the lighthouse itself can represents
the structure of the church, the inner competence we seek. The lens that
magnifies the light is the knowledge, leadership and resources. The sweeping
beam represents the responses of the church, her outer competence and
ultimately the love, compassion and hope we are called to give.
Lees
die volledige artikel op CABSA se webblad by http://www.cabsa.co.za/Material/HIVCompetentCommunity.doc
Sinodale Kommunikasie