Amptelike Nuusblad : NG Kerk in
Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 7 - Nommer 15 - 15 Mei
2009 - www.ngkok.co.za/enuus
Strauss en Rudi oor omgekeerde (en publieke) betrokkenheid, nuwe gemeenskap en
gasvryheid
Ons is MAL oor RUGBY. Sal ons die geleentheid wat
SOKKER 2010 bied, raaksien?
Oos-Kaaplandse The Ultimate Goal (TUG) stel
uitvoeringsplan en strategie bekend
Liturgie: Besondere Paasherinneringsdiens
Rietvlei
se wins is Port Elizabeth se verlies
Bestuursgids en Riglyne vir Skribas /
Kerkkantore
Pinkster 2009 In NGK Swartkopsrivier (Oom Karolus en Lente
kom kuier)!
Spesiale Evangelisasie Toerusting: EE 111 Kliniek by NG Kerk Sionsrand.
Geestelike musiekaand in PE-Sonheuwels net voor
Pinkster
VBO Winterweek 2009 (Bloemfontein): "Die Kerk wat ons moet wees”
Outreach to foreigners in
PE-Central
Accommodation
needed for Dutch Volunteers
Vir jou dagboek: Gesondheidsorg-Sondag : 18
Oktober
Inisiatiewe van Focus
on the Family
“Die kerk moet leer wat Petrus moes leer. Die kerk moet leer om in plaaslike
gemeenskappe na sy Corneliusse te gaan - mense van verskillende agtergrond en
met verskillende godsdienstige en kulturele oortuigings. Die kerk moet léér hoe om dáár sout en lig
met mense te deel.”
Aan die woord is raadslid TC
Jonas, burgemeester van die Amahlati munisipailteit (Stutterheim) tydens die
onlangse padberaad op dié dorp. Tydens elke padberaad is gemeenskapsleiers
versoek om op te tree en gedagtes te deel oor die redes waarom die gemeenskap
die kerk nodig het.
Die burgermeester het die
volgende betekenisvolle opmerkings gemaak (direkte transkripsie):
It is a privilege for me on behalf of Amahlathi Community to be asked to
present to this conference the challenges facing us, and to emphasize that our
community needs the church because it has to function as a unit.
First, I considered it relevant to give this
conference a pictorial setting of our community:
It is rich – farming community with so vast villages
connected by ever-flowing streams and rivers; beautiful natural and plantation
forests characterized by wild game and friendly people.
The challenges are no different from the South
African setting:
* Poverty
* Unemployment
* Low morals, and
* Crime
The church, as a unit functioning organisation with a membership that
has a commonality of commitment by faith in the Lord; has to remember and learn
with Peter to obey and go to their Corneliuses (community members from
different backgrounds and with different religious and cultural beliefs) the
church has to find and share to the community their salt and light. Matt.
5:13 & 14.
It has to intervene with strategies for
leadership skills development and quality educational and health programmes
through linkage with sister churches in the vastness of our community.
The church must always remember that it is
their missionaries that initially provided skills, space and resources for
social educational and health services and when such institutions are showing
some signs of weariness, then the church cannot stand and watch.
As the leadership of Amahlathi Community we
invite you and we are ready to work co-operatively with all, for the
development of our community.
Eph. 5:8 & 9, “You yourselves used to be in
the darkness, but sine you have become the Lord’s people, you are the
light. So you must live like people who belong to the light, for it is
the light that brings a rich harvest of every kind of goodness, righteous and
truth.”
I thank you!!
Strauss en Rudi
oor omgekeerde (en publieke)
betrokkenheid, nuwe gemeenskap en gasvryheid
Ek het al baie gewonder oor Jesus se opdrag dat ons dissipels van die nasies moet maak (Matt 28). “Dissipels van nasies” - gemeenskappe wat leer om die Here te volg - is iets wat in die
publiek moet plaasvind rondom publieke sake - dis meer as ‘n indiwiduele
bekering tot die Here, hoewel laasgenoemde ingesluit is in die pakkie.
Tydens die padberaad met die
Ring van Albanie op Grahamstad het twee dominees se opmerkings my nogal hiermee
gehelp - Strauss de Jager van Grahamstad en Rudi Swanepoel van Bedford.
In hulle gemeente, verduidelik
Strauss, is betrokkenheid baie belangrik. Maar dis ‘n ander soort
betrokkenheid. Eerder as om lidmate betrokke te maak by ‘n formidabele kerklike
program met vermoeiende kerklike aktiwiteite, word lidmate geleer om betrokke
te wees by die samelewing. Hulle is in elk geval dáár betrokke. Mense gaan
werk, hulle kinders is op skool of universiteit, hulle koop kos, hulle ry deur
die strate, hulle het minder of meer invloed oor dinge wat oral rondom hulle
gebeur, hulle bly in woonbuurte by konkrete adresse en is bure vir spesifieke
mense.
Daar is geweldige impak
wanneer mense leer om doelbewus en konstruktief as Christene betrokke te raak
waar hulle lewe. Dit is wat Christene op
Grahamstad aanleer. Hulle maak planne om sout, suurdeeg en lig te wees net daar
waar hulle in elk geval is. Hulle leer
om met ander Christene saam te span en ‘n invloed ten goede uit te oefen op die
plekke waar hul voetsole in ieder geval trap.
Hulle soek vennote van alle soorte, kleure en geure, om ‘n konstruktiewe
impak te maak oor die soort goed wat belangrik is vir die heil van die samelewing
binne die verbande waarin hulle lewe, soos die skool, die buurt, die winkel,
die strate van Grahamstad, noem maar op.
Dit lyk my Strauss praat van omgekeerde en publieke betrokkenheid. Dit
is iets anders (my interpretasie) as die behoefte in gemeentes dat lidmate by
die kerk se interne program betrokke moet raak - oftewel kerklike
betrokkenheid. Dit is iets anders as
ure-lange kommissievergaderings wat mense uit die węreld wegtrek en dikwels ook
nie so baie vrug oplewer nie. Maar dit
verg ‘n kopskuif - van kom na gaan, van hier na daar.
Rudi het vertel van ‘n
bewaarskool vir kinders, in een van Bedford se gemeenskappe, waarheen daar baie
kinders kom, maar waar daar nie genoeg personeel is om die versorging van die
kinders waar te neem nie. Hy het hardop gewonder wat sal gebeur as Christene
die bewaarskool sou ondersteun, deur bv goeie opvoedkundige programme vir
daardie kindertjies aan te bied, of net met hulle te speel. Hy bedoel daarmee, as ek hom reg verstaan,
nie dat die kerkraad ‘n kommissie hiervoor moet aanstel, ‘n begroting probeer
allokeer en besluite oor so ‘n program moet neem nie. Hy bedoel omgekeerde betrokkenheid - dat Christene
soontoe uitreik en daar gaan dien.
Rudi het ook gevra oor
drinkwater - ‘n tema wat nou in die nuus is met die bloudruppelverslag. Op Bedford
is die dorp dikwels sonder water, omdat die bestuur van die watervoorsiening
gebrekkig is. Wat beteken dit vir die
Christengemeenskap van Bedford? Sou
Christene rondom water dienend met die ander vennote in die gemeenskap kon
saamspan en help om Bedford ‘n meer betroubare, veilige plek rondom
watervoorsiening te maak? Dink net hoe
dit moet wees vir ouers wat klein kindertjies het, of vir die algemene
handhawing van higiëne in huishoudings, as die watervoorsiening gebrekkig is.
Word water nie ‘n program van gemeenskapsbetrokkenheid nie? Dit is ‘n groot uitdaging, wat die vestiging
van nuwe vriendskapsverhoudinge om invloed uit te oefen benodig, dit druk mense
oor grense, want lidmate moet nuut leer dink oor hul Christenskap en konkrete
nuwe gemeenskap met mense daar buite gaan vestig. Mens moet leer om God se belangstelling in
die gemeenskap raak te sien en na te volg (Jeremia 29:7; Sagaria 8:4,10).
Water, veiligheid,
betrokkenheid by gemeenskaplike sake, opvoeding van die gemeenskap se kinders (“it takes a village to
raise a child”) is geleenthede om nuwe gemeenskap te
skep met egte mense. Dit verg wegkyk van
die gemeente se interne belange en interne program. Dit verg gasvryheid en
uitreik.
In hierdie praktiese wysheid
hoor ek maniere en metodes om dissipels van nasies te maak. Dankie, Strauss en Rudi.
(O ja, natuurlik is die gedagtes Strauss en
Rudi s’n, maar die manier waarop dit hier ingeklee word volledig my
verantwoordelikheid, en vir my rekening).
Ons is MAL oor
RUGBY. Sal ons die geleentheid wat SOKKER 2010 bied, raaksien?
Vandeesweek maal die tonele van veral die wedstryd tussen die Cheetahs
en die Blou Bulle aanmekaar deur my kop. Die verrassende veggees van die
Cheetahs, wat stadig maar seker deur die Blou Bulle (ag, smart op smart)
oorrompel is.
Mal oor rugby. Rugby-behep, sę my vrou. Ruggabus! Super.
Super 14.
(Tussen hakies, klik hier om
te sien hoe ek
oor Blou Bulle voel).
Volgende jaar behoort aan ‘n
sport waaroor NG lidmate tradisioneel nie so opgewonde raak nie: Sokker.
Danksy die inter-kerklike
inisiatief van The Ultimate Goal, ‘n
projek van die Christelike organisasie, SA
Sport Coalition, wat in die Oos-Kaap deur kerkmense soos Trevor Jennings
(Methodis) en Mike Muller (NG Kerk) bestuur word, het ons ‘n wonderlike
geleentheid om SOKKER te gebruik om in die Naam van Jesus Christus na die
gemeenskap uit te reik.
Die strategie is dat elke gemeenskap ‘n klein komitee vorm, bestaande
uit die Christene van alle kerke en ander belanghebbendes (dalk skoolhoofde)
wat saamwerk, in een tuig trek, om deur die speel van sokker by - sę -
jongmense en kinders uit te kom. Julle
sal via The Ultimate Goal sokkerballe
kan bekom, en die kinders uitnooi om teen mekaar te speel. Na die spel, gaan
sit almal in ‘n kring, drink ‘n koeldranke en daar is geleentheid om oor die
navolging van Jesus te praat. Misdaad,
gesinsgeweld, verhoudinge, MIV-Vigs, ens is temas wat aangeraak kan word.
By die padberade is bevestig
dat die gemeente se isolasie van die gemeenskap een van die dreigende krisisse
in die kerk is. Sokkerbeker 2010 bied aan alle gemeenskappe die geleenthede om
hierdie gewilde spel te gebruik om na hul gemeenskappe uit te reik.
In my geestesoog sien ek
volwassenes van verskillende kerke wat mekaar leer ken, en lank na 2010 rondom
ander aktuele sake in die gemeenskap steeds saamwerk.
Ek sien kindertjies wat van
die Here leer, en daarom ander keuses in hul latere lewens maak. Kinders leer
volwassenes ken, na wie hulle later oor ander probleme kan gaan, en uiteindelik
ander opsies uitoefen. Mentorskappe
ontstaan waar daar vroeër net onkunde oor mekaar was - en onbekend maak
onbemind.
In gemeenskappe waar die kerk
mense bymekaargebring het, het misdaad gedaal (Kameeldrif), is die omgewing
letterlik skoongemaak (PE-Sentraal), is ‘n Kersspel in ‘n openbare teater
opgevoer (Oos-Londen), het jongmense oor alle grense geen saam gaan kamp
(Maclear en Ring van Dordrecht) - alles met heilsame gevolge vir die
gemeenskappe betrokke.
Kom ons ontwikkel ‘n
perspektief op sokker as instrument vir die samebindende, dienende en
verlossende krag van die evangelie.
Dis werklik ‘n belangrike
vraag: sal ons rugby-entoesiaste die geleentheid wat Sokker 2010 bied,
raaksien?
Oos-Kaaplandse The
Ultimate Goal (TUG) stel uitvoeringsplan en strategie bekend
Mnr Trevor Jennings, eertydse rugbyspeler en -administrateur van
formaat, en afgetrede bankier, fokus nou op sokker as geleentheid om ‘n impak
met die evangelie in gemeenskappe te maak.
Hy is voorsitter van die Oos-Kaaplandse bestuurskomitee van The Ultimate
Goal en word bygestaan deur sy regterhand, dr Mike Muller van die NG Kerk.
Trevor het verlede Donderdag,
7 Mei, die Uitvoeringsplan (executive
summary) en strategie met die Sinodale Kommissie gedeel (waar al die ringe
verteenwoordig word) en entoesiastiese ondersteuning van die lede verkry. Julle vind die Uitvoeringsplan hier - ook die implementeringsgids
is beskikbaar.
Opsommenderwys: In die Oos-Kaap
gebruik die projek SOKKER om binne plaaslike gemeenskappe
* gesonde waardes en
leierskap-ontwikkeling te bevorder deur die onderrig en inoefening van, en
begeleiding tot, lewensvaardighede;
* misdaad te beveg;
* vir kinders en jongmense
gesonde ontspanningswyses aan te leer wat ‘n alternatief bied vir misdaad;
* op MIV-Vigs voorkoming te
konsentreer deur ‘n inisiatief gerig op Graad 7’s in alle skole, oor die
volgende 5 jaar;
* gesinsverbrokkeling te voorkom
deur gesinne te leer om tyd saam deur te bring, konstruktiewe gesinsverhoudinge
te bou;
* nasiebou (ek herinner julle aan
Obama se “yes, we can”);
* en aan volwassenes nou ‘n
geleentheid te bied om ‘n erfenis te skep deur genesing in gemeenskappe wat vir
volgende geslagte tot ‘n seën sal wees.
Hierdie projekte kan net slaag
as dit deur bemagtigde plaaslike leiers gedryf word, waarvan NG leier-lidmate
en predikante natuurlik deel moet uitmaak.
Die vier kritiese faktore wat die sukses sal bepaal, sę Trevor, is:
* Die formasie van spesifieke
gebedsnetwerke;
* Behoorlike bemarking en
kommunikasie
* Opleiding van mentors en
afrigtiners; en
* Effektiewe plaaslike komitees in elke dorp of gemeenskap (dit is
juis met hierdie doel in gedagte dat NG leraars en gemeentes versoek is om te
help - ‘n mosie van vertroue in ons kerk hier in die Oos-Kaap).
Naas die Uitvoeringsplan
is die Implementeringsgids
ook op ons web beskikbaar.
My skrywe
in hierdie verband aan leraars met die versoek om plaaslike komitees te
skep kan hier gelees word.
Jou voorkeur
teologiese model vir interaksie met die gemeenskap
Die inkleding van die projek
is van so ‘n aard dat gemeentes dit ooreenkomstig hul voorkeur teologiese model
kan inkleur - sommige kan meer klem op verkondiging plaas, ander op vriendskap,
nog ander op dade van gasvryheid, barmhartigheid of saam-sokker-speel met
plaaslike gemeenskappe - die keuses is so wyd soos die Here se genade.
Liturgie:
Besondere Paasherinneringsdiens
Ds Barnard Steyn van Joubertina laat weet:
Johan Strydom is pas as
orrelis te Kareedouw aangestel. ‘n Besonderse Paasherinneringsdiens uit sy pen
is verlede Sondagaand te Joubertina aangebied. Die herinnering (liturgie) is
ook vir ander gemeentes beskikbaar en ek beveel dit graag aan. Die verteller se
woorde met byklanke het Johan op CD opgeneem en dit word op die gepaste tyd
gespeel. Ons het ook 'n DVD-opname geneem wat binnekort beskikbaar sal wees.
Die liturgiese ontwerp van
die Paasherinneringsdiens
is beskikbaar op ons sinodale webblad.
Johan kan gekontak word by:
- Sel
072 724 9600
- E-pos jdstrydom@telkomsa.net
Rietvlei se wins is Port Elizabeth se
verlies
In sy jongste nuusbrief vertel ds Christo Wooding van
Kokstad van die bly nuus dat die gemeente Rietvlei, in die voormalige Transkei,
na twee jaar weer ‘n leraar kry. Dit is ds M (Enoch) Kibito van Port Elizabeth,
‘n ou bekende in ons kringe. Hier volg Christo se volledige nuusbrief (met dank
oorgeneem uit Vrydagnuus van 15 Mei):
7 Mei 2009
Liewe Vriende
Deur
die jare gebeur daar dinge in jou bediening wat die almag van God bevestig en
jou laat besef hoe klein jou geloof soms is. In my laaste nuusbrief het
ek genoem dat Rietvlei gemeente die laaste twee jaar probeer het om `n leraar
te beroep. Met ongeveer 80% van die VGK gemeentes in die Oos-Kaap vakant en
baie min leraars beskikbaar om te beroep, het ek nie gedink dat dit
moontlik sou wees om weer `n leraar vir Rietvlei te kon kry nie. Die gemeente
van Rietvlei het egter hul geloof behou, ernstig bly bid vir `n leraar en ook
baie hard gewerk om genoeg geld in te samel om te kon beroep. Verlede maand het
ds. M. Kibito van Port Elizabeth `n beroep na Rietvlei aangeneem en word hy,
indien die Here wil, 27 Junie daar bevestig.
Dit
sal wonderlik wees om nog `n leraar in ons ring te kan hę. Dit bevestig aan ons
dat God self sy kerk in stand hou en dat Hy ook nie vergeet het van al die baie
vakante gemeentes in Transkei nie. Dank die Here saam met ons vir Ds. Kibito en
bid dat God hom en sy gesin ryklik sal seën en gebruik op Rietvlei en in
ons ring.
Paasfees bly `n groot geleentheid in die VGK en na al
die jare is dit steeds vir ons `n wonderlike belewenis. Lank voor die tyd word
alles voorberei en beplan. Geld word gespaar vir die taxigeld na Kokstad. Elke
man moet R100 vir kos betaal, die vroue R80 en jongmense R50. Saterdagnag word
geld “gespeel” en word `n paar duisend rand so ingesamel vir ons gemeente. Dit
is een van die maniere waarop die mense hul dankoffers gee. Van die Vrydag tot
die Sondag word dag en nag dienste gehou en was die kerk oorvol. Met vreugde en
oorgawe word die Here gedien en niemand kyk na `n horlosie nie. Die Vrydag is
die soendood van Christus met dankbaarheid herdenk en die Sondagmôre is sy
opstanding uit die dood met sekerheid bely deur duisende swart gelowiges.
Ds. Haas Burger het ons gehelp met die Paasdienste by
Lusikisiki/Bambisana. Ev. Menze het die Paasfees by Maluti gehou. Ekself
het die Paasfees gelei by Kokstad, Mount Ayliff en Rietvlei gemeentes. Rietvlei
se groot kerk was stampvol en reeds warm gesing toe ek en Delestč daar instap.
My bril het onmiddellik toe gewasem en ek kon dit `n ruk lank nie gebruik nie.
Vir Nagmaal was daar sewe van die skinkborde vol nagmaalglasies. Die borde moes
twee en `n half maal volgemaak word om aan almal die wyn te kon bedien (by ons
gebruik slegs die grootmense die Nagmaal). Dit bly wonderlik om die werking van
die Evangelie in iemand se lewe te sien. `n Lewe wat aangeraak en totaal
verander word deur die werking van die Gees bly tog vir elkeen van ons iets
wonderliks en maak ons seker van dit waarin ons glo. Om so baie swart gelowiges
die Here te sien dien met oorgawe en so baie lewens te sien wat kragdadig deur
die Evangelie verander is, bly `n geloofservaring onbeskryfliks
groot.
Met die Veritas opleiding gaan dit goed. Die twee
verskillende jaargroepe is juis hierdie en volgende week besig met opleiding by
Decoligny. `n Mens is dankbaar om die ontwikkeling in die studente se lewens
waar te neem. Van hulle tree met groter selfvertroue op in die gemeente. Hulle
begin te preek op die verskillende buiteposte en help met begrafnisse.
Ntombifuthi (nog `n dogter) van Aloekop is verkies tot ons ring se jeugkomitee
en Thulani (stilbly - `n verkeerde naam vir hom want hy praat baie) dien op die
mannekomitee. Vusumzi (die een wat die huis aan die brand steek, lewe bring)
van Brooksnek het verlede maand saam met my op Mpeni gaan preek. Al sy Veritas
handleidings is saam en hy het hard probeer om volgens die riglyne te preek.
Een van die jongmense van Brooksnek is ongelukkig ernstig siek en sy kan nie
die opleiding bywoon nie. Bid asseblief vir haar.
Baie dankie vir u ondersteuning van hierdie projek.
Ons weet dat u ernstig bid vir die opleiding van ons lekepredikers, en al die
vakante gemeentes in Transkei. Ons is ook baie dankbaar vir die finansiële
steun wat ons ontvang van gemeentes en gelowiges vir hierdie projek.
Die afgelope naweek het ons `n mannekonferensie van
ons ring op Kokstad gehad. Baie mans van Rietvlei, Maluti, Lusikisiki,
Bambisana en Kokstad het die konferensie bygewoon. Die meeste van hierdie mans
het opgegroei in die VGK en baie van hulle is vandag leiers in hul
gemeenskappe. Onder hulle is munisipale bestuurders, skoolhoofde, prokureurs,
besigheidsmanne en onderwysers. Hulle neem dan ook sterk leiding in die vakante
gemeentes. In van die vakante gemeentes in ons ring waar dit nie so goed gaan
nie, soos Sipetu, Bizana en self Mount Ayliff, is ons probleem juis `n gebrek
aan sterk leiers.
Die volgende maand of twee beplan ons `n paar
jeugkonferensies vir die jongmense van ons ring. Die naweek van 30 -31 Mei word
`n saamtrek op Kokstad gehou en 3 – 5 Julie te Mount Ayliff. Bid asseblief dat
baie jong lewens in die tyd deur die Evangelie aangeraak sal word.
Baie dankie vir elke oproep, e-pos en brief wat ons
van u af ontvang. Dit is wonderlik om soveel geloofsvriende te hę wat
belangstel in dit wat ons doen en werklik vir ons bid. Ons merk ook op dat baie
moeite gedoen word om foto’s en inligting van ons werk in nuusblaaie en selfs
op kalenders van gemeentes te plaas, of tydens dienste te vertoon. Dankie
ook weereens vir u getroue finansiële steun. Elke bydrae word waardeer en maak
`n verskil. U bou werklik saam met ons aan die Koninkryk in Transkei.
Vriendelike
groete.
Christo
en Delestč
Bestuursgids
en Riglyne vir Skribas / Kerkkantore
Die bestuursgids vir kerkkantore, saamgestel deur dr Jan Viljoen, is op
ons webblad beskikbaar by www.ngkok.co.za/admin. Dit is ‘n dokument van 3.6mb, wat beteken dat
jy ‘n tydjie moet toelaat om dit af te laai indien jy ‘n gewone telefoonlyn vir
internettoegang gebruik. Dit kan egter maklik gedoen word.
Pinkster 2009
In NGK Swartkopsrivier (Oom Karolus En Lente kom kuier)!
Swartkopsrivier-Gemeente in
Blouwaterbaai, Port Elizabeth, laat weet:
Ons wil almal ( Kinders &
Grootmense) uitnooi na ons jaarlikse Pinkster wat gehou gaan word vanaf 17 – 21
Mei 2009.
Hierdie jaar kombineer ons
ons kinder- en volwassse Pinkster. Cor en Letitia Uys ook bekend as oom Karolus
en Lente kom by ons kuier. Ons begin Sondagoggend om 09h00 en die aand om 19h00.
Ons week dienste begin om 19h00 elke aand.
Toegang is gratis ,maar ons
gaan ‘n kollekte opneem. Ons kerk is geleë in Etsebeth Straat (net langs die
tennisbaan) in Blouwaterbaai.
Vir verdere navrae kontak ons
kerkkantoor op 0414664185 Maan/Woen & Vrydae vanaf 08h00 – 13h00
Ons hoop om julle almal daar
te sien.
Spesiale
Evangelisasie Toerusting: EE 111 Kliniek
by NG Kerk Sionsrand.
Jan Coetzee laat weet:
DATUM: 12-17 Junie 2009
Groot Geleentheid vir Leiers en Lidmate:
Die afgelope tyd is daar by elke
geleentheid waar ons bymekaar was, feitlik net oor een ding gepraat, nl.dat ons
as kerk oor grense moet beweeg. Dit was die boodskap by die
predikantekonferensie en ook by die padberade. Die wandel in die Woord uit Joh.4 het hierdie saak oor en oor
beklemtoon. Ons besef al hoe meer hoe belangrik dit is dat die kerk (ons wat
tempels van die Heilige Gees is) daar buite by die mense moet uitkom.
Die groot geleentheid wat TUG ons
bied vir 2010 se sokker vra ook toerusting.
Die vraag is hoe gaan ons by
hierdie groot oes uitkom ? Antwoord:
Stuur leiers en lidmate vir hierdie toerustingsgeleentheid. Hulle gaan
doodgewoon gehelp word om die evangelie met mense te deel.
Moenie die geleentheid misloop
nie. Hierdie toegeruste mense gaan ’n reuse verskil in die gemeente vir Sy
koninkryk maak.
Pinkster is ook die ideale
geleentheid om die groot opdrag te
beklemoon.
(Ons besef die 16 de is ’n
vakansiedag en is deur die ingeskrewe
groep onderhandelbaar)
PLEK: NG KERK SIONSRAND
KOSTE: R250,00 Kursusmateriaal, verversings en Sat.
se ete ingesluit. (Tjeks uitgemaak aan NG KERK SIONSRAND of kontant betaalbaar
aan begin van kursus)
PROGRAM:
Vrydag 12 Junie: 18h00-21h30
Saterdag 13 Junie: 08h00-17h00
Sondag 14 Junie: 14h30-18h00
Maandag – Woensdag 18h30-21h00
(Dins. Onderhandelbaar)
KONTAKBESONDERHEDE:
Jan Coetzee – tel/faks. 041 360
6573, sel. 0723202844
EE 111 Kantoor – 012 3427650
Esme - Fax 012 342 7649
E-pos: jancoetzee@absamail.co.za
Inskrywingsvorm
EE 111 Kliniek 12-17 Junie 2009
NG Kerk Sionsrand
(Sluitingsdatum: 7 Junie 2009)
Naam:...........................................................................................................
Gemeente:...................................................................................................
Adres:..........................................................................................................
.......................................................................................................
Tel.nr............................................................................................................
Sel………………………………………………………......………………….
Epos:……………………………………………………….....……………….
Wyse
van betaling:............................................
Geestelike
musiekaand in PE-Sonheuwels net voor Pinkster
Deon van Staden bring
die volgende geleentheid onder ons aandag:
Gemeentes word genooi om die Saterdagaand voor die
Pinksterreekse begin 23 Mei om 19:00), 'n geestelike musiekaand in NG gemeente PE Sonheuwels by
te woon waartydens LEON
GOOSEN ("Glory Lorrie faam") sal
optree. Dit beloof om 'n heerlike inleiding te wees op
die daaropvolgende Pinksteraande. Vir diegene wat dalk
die aand sommer ietsie wil eet, sal daar vanaf 18:30 etes te koop wees.
Die geleentheid is GRATIS - daar sal wel 'n kollekte
opgeneem word om Leon se kostes te dra.
Vir navrae skakel 041 360 1496.
Rethie van Niekerk bring die volgende
mediaverklaring onder ons aandag:
ANGLICAN DIOCESE OF PORT ELIZABETH*
HIGHLIGHT OF THE YEAR FROM THE GENDER DESK! DON'T MISS
THIS OPPORTUNITY!
Empower to visit five African countries in 2009* Dr
Carrie Miles and Empower International Ministries will be visiting Uganda,
Kenya, Burundi, Malawi and Port Elizabeth in June 2009.
WHAT IS HAPPENING IN BURUNDI?*
A highlight for Dr Carrie Miles will be when she
conducts the New Man, New Woman,New Life
seminar for the First Lady of Burundi! Carrie will also present a new
Empower program, Redeeming the Changing Family
to leaders at the Anglican Church of the Good Shepherd and Archbishop
Ntahoturi's staff in Matana, Burundi.
*WHAT IS HAPPENING IN SOUTH AFRICA?*
The exciting news is that Dr Carrie Miles, Dr Sarah
Nutter and Mr David Nutter will present the New Man, New Woman, New Life
seminar and Redeeming the Changing Family in Port Elizabeth on 29th June to 1st
July 2009. For more information see details attached.
*WHAT IS THE New Man, New Woman, New Life SEMINAR?*
The New Men, New Woman, New Life seminar and study guide explores how
redemption not only restores each one of us to wholeness with God, but also
brings us back to the creation ideal of unity and equality with one another.
Through redemption we become the New Man or New Woman, restored to New Life in
Christ and a loving relationship with each other.
*Empower International Mission Statement* Empower
International Ministries works alongside existing ministries in developing
and/or historically non-Christian countries to promote Biblical teachings on
the equal worth and potential for unity among all human beings, regardless of
gender, ethnicity, social, age, or family status. EIM seeks to emulate the
early Christian church in raising the respect, freedoms, and rights accorded
women; in freeing men from norms of non biblical masculinity that lead to
violence and despair; in encouraging equal-regard marriage, family happiness,
and the godly care of children; and in promoting community values that
eliminate sexual, ethnic, and other social antagonisms.
Audience: CLERGY, LEADERS, COUNSELORS and EDUCATORS.
Be sure to secure your place!
Many blessings
Ethel Schultz Pittaway
083 398 6218
Tienerbyeenkomste: Fuel 1.1
Ds Gielie Loubser, PSD Jeug NG Kerk Wes- en
Suid-Kaapland laat weet:
Vir
jare weet ons tieners bly die moeilikste mark om materiaal voor te skep.
Die Jeugkantoor het egter een produk wat kan help.
Lifeway, een
van die grootste publiseerders van Christelike materiaal, het ’n wonderlike
reeks wat in SA kan werk.
Die Jeugwerkers Vereniging moes tussen ’n klomp
produkte kies en FUEL het uitgestaan. Dis ’n produk bestaande uit
12 byeenkomste.
Elke byeenkoms het 3 verskillende produkte: The
spark , wat ’n hoogs professionele video-snit is wat as inleiding gebruik
kan word, Fanning the Flame ’n sessie wat deur tieners self
aangebied kan word en Combustion - die Bybelstorie wat deur ’n teoloog
aangebied word.
’n Stel bestaan uit 3 CD’s en 2 DVD’s. Die
aankoop prys is $149.95, maar ons het die regte bekom om dit vir R300 (posgeld
uitgesluit) te verkoop in Suid-Afrika.
Kontak gerus die Jeugkantoor by 021 957 7199 of jeug@kaapkerk.co.za om te bestel.
VBO Winterweek
2009 (Bloemfontein): "Die Kerk wat ons moet wees”
Dr Gerhard Botha van Kovsies laat
weet:
Hierdie geleentheid vind op Maandag, 1 Junie 2009 vanaf 14:00 tot Donderdag 4 Junie 2009 om 12:00 plaas. Die sprekers by hierdie geleentheid is, proff Danie Veldsman, Yolanda Dreyer en dr Coenie Burger. Die verskillende departemente van die Teologiese Fakulteit neem verantwoordelikheid vir die parallelle sessies. Hierby aangeheg volledige besonderhede asook registrasievorm. Navrae: shepherd.hum@ufs.ac.za of 051 401 3803.
Outreach
to foreigners in PE-Central
Come and reach out with us (Christians from different
Churches)every Friday 18:00 - 20:00 in Central to the lost world. In Central
there is a lot of foreighners from mostly Africa and some from the Middle East.
It is a door to door evangelism. We meet 18:00 in front of the Dutch Reformed
(NG) Central Church on the corner of Edward and Campbell Street. It is a great
opportunity to prepare yourself for the mission field. A lot of street workers
ended up in the mission field. Central is also part of the great commission
(Matt 28).
Central needs the Lord.
Accommodation needed for Dutch Volunteers
Mark Lawler laat
weet:
We are looking for accommodation (hosted or rented) for a few Dutch
volunteers coming at different times between June and October 2009.
We have been developing a “contract” volunteer program which is now
slowly coming together and we will be receiving our first 3 Dutch volunteers,
as part of a pilot program with Be-More (a Dutch volunteer organization) at the
beginning of June 2009. As it is a pilot program we cannot commit to the
signing of leases for accommodation just yet but are searching for a place
(places) for these volunteers to stay until we have a guarantee from Be-More
after the pilot program.
We are looking for either hosted accommodation or reasonable rentals
without a lease. Hosting or rental costs incured will be covered.
The volunteers and dates concerned are as follows:
Anne-Marie Coster-van den Broek,
1st – 26th June 2009
Vanessa Spijkers
Wilma van Wijngaarden
Bianca Fortuin 20th July – 15th August
Sofie Katz
Martine Elsinga 14th September – 10 October
If you have or know of possibilities to help in this regard, please contact
me.
With thanks.
Blessings
M a r k L a w l e r
CCMP
Ministry Director
Tel: 041 360 2780
Fax: 086 518 5458
Cell: 082 473 4389
Email: mark@ccmp.org.za
Web: www.ccmp.org.za
PO Box 7348
Newton Park
6055
Vir
jou dagboek: Gesondheidsorg-Sondag : 18 Oktober
Hierdie e-pos word namens die Christen Geneeskundige Bond van Suid
Afrika (CGB) en Healthcare
Christian Fellowship International (HCFI) aan u gestuur.
Ons groet u in die Naam van
ons opgestane Verlosser, Jesus Christus!
Soos
wat vir baie jare die tradisie geword het, bevorder ons twee verenigings
vanjaar weereens gesamentlik die herdenking van Gesondheidsorg-Sondag op die derde Sondag
in Oktober. Vanjaar val Gesondheidsorg-Sondag op 18 Oktober en die
voorgestelde tema is "Gesondheid vir Almal".
Die
viering van Gesondheidsorg-Sondag het sy ontstaan gedurende die 90's in die
Verenigde Koninkryke gehad. Van daar het dit oor die res van die węreld begin
versprei. Dit word naby aan 18 Oktober gevier, traditioneel as Sint Lukasdag
bekend. In Suid-Afrika het die viering van Gesondheidsorg-Sondag van krag tot
krag gegaan, en meer as 5,000 Suid-Afrikaanse gemeentes neem jaarliks aan die
vieringe deel.
Die doel van hierdie vieringe is:
*
Om gesondheidswerkers en hulle aktiwiteite spesifiek onder die (voor)biddende
aandag van die gemeenskap van gelowiges te bring.
*
Om die invloed wat die gelowige gemeenskap op gesondheidsorg het, uit te lig en
te beklemtoon.
*
Om aktiewe ondersteuning van kerkverwante gesondheidswerkers en
gesondheidsorg-projekte aan te moedig.
"Gesondheid
vir almal" is inderdaad 'n toepaslike tema vir die Suid-Afrikaanse
situasie. Die woorde word dikwels deur politici gebruik om aan te dui dat
toegang to gesondheidsorg 'n basiese mensereg is. Ver verwyder van hierdie
optimistiese uitlatings swoeg Christen gesondheidsorgwerkers daagliks teen
oneindige struikelblokke om in die voetstappe van Jesus die siekes in die
gemeenskap te dien. Ons dank die Here vir hulle wat geroep is om as dokters,
verpleegkundiges en ander gesondheidsberoepe te dien en wil hierdie dag gebruik
om hulle en hulle diens aan Sys org op te dra.
Ons
vertrou dat u gemeente ook op 18 Oktober aan hierdie vieringe sal deelneem.
Binne 'n paar weke sal u verdere inligting ontvang, met wenke en idees. Vir nou
sal ons dit hoog op prys stel indien u hierdie datum in u dagboek sal aanteken.
Saam
in die diens van die Groot Geneser,
Lucy Hollands (CGB)
Erica Grunewald (HCFI)
***
Die Christen Geneeskundige Bond van
Suid-Afrika getuig al vir meer as 50 jaar vir Christus. Die
doel van die Bond is om gesondheids¬werkers te bemoedig om Jesus in hulle
daaglikse praktyk te verheerlik, om sodoende hulle geloof en diens te verbind.
Deur die gemeenskaplike studie van die Woord, gebed en byeen¬komste word lede
versterk en bemoedig in hulle werksomstandighede. Deur volgens die voorbeeld
van Christus te dien, dra Christen gesondheidswerkers 'n boodskap van hoop,
liefde en genesing uit na 'n gebroke węreld.
Inhoud
Verlede week het ons berig dat Kensington, ‘n klein gemeente in PE se
sentrale stadsgebied, hul basaar in Walmer se NG Kerkkompleks hou. Dit was 8
Mei. Nou vertel Veronica Westraadt dat
die basaar reeds R26,000 opgelewer het - regtig ‘n mooi prestasie vir ‘n
gemeente met sowat 100 lidmate. Geluk!
Inisiatiewe van Focus on the Family
Chantall Vermaak het
‘n bekendstelling van Afrika-inisiatiewe deur Focus on the Family bygewoon, en
doen as volg verslag oor insette deur dr Kasambala van FoF:
Focus on the Family birthed in USA in
1977, with Dr James Dobson as its founder, the need to reach out to families
was recognised as a global need and the doors of opportunity were opened for
Focus on the Family to extend worldwide to bring the same message of hope to
families. In 1992 Focus on the Family opened its doors to serve the
families of Africa with a mandate to lovingly minister to them and to
re-introduce them to Biblical values and the saving grace of Jesus
Christ. They help families thrive ...”
Focus
on the Family DVD’s & Boeke:
* The Truth Project DVD – Dr Del
Tackett
Focus On The Family’s “The Truth Project” is an ambitious and powerful
DVD-based small group study that practically and personally introduces
participants to the truth claims of God. Dr Del Tackett, author of the
project, was deeply challenged by Research studies that showed that only 9% of
professing Christians have a biblical worldview!”
Waaroor gaan dit?
Who is God?
What is the purpose and
meaning of LIFE?
Is our Culture filled with
LIES?
There is no direction you can
travel in which GOD has not spoken!
Why do I exist?
What is TRUTH & REALITY?
What takes us captive?
WHAT is God’s view on WORK?
Everything is about
Relationships!
Unity Diversity
God is a God of social order
How it all started, and
where’s it going ...?
Do You Really Believe That What You
Believe Is Really Real?
Dit is ‘n 12 sessies/weke DVD
kursus
- Strategie: Doen 12 weke
opleiding, verkieslik in klein groepies
- Wie moet die opleiding
doen: Alle kerke/ mense wat reeds in Christus glo en kerk toe gaan. Die
boek leer hoe om jou geloof te behou.
- Hulle het huidiglik 100
groepe wat die opleiding gedoen het.
- Hulle gaan die bg opleiding
ook in PE doen.
Datum: Woensdag, 10 Junie
2009
Plek: St Columba’s
Presbiteriaanse Kerk
Tyd: 6:00nm vir 6:30nm
Koste: R350 per persoon /
R380 vir ‘n paartjie (sluit ‘n ligte ete in)
Boek: 21st
Century Parent – Roy Parsons
Datum: Woensdag, 2 September
2009
Tyd: 06:00nm vir 06:30nm tot
ongeveer 07:30nm
Plek: Grey Primęre Skool
Boek: The Heart of
Success – Roy Parsons
Die Boek is bedoel
vir Leiers.
Hoe balanseer jy jou
Professionele lewe en familielewe
Hulle beplan ‘n
ontbyt ivm bg
Datum: 3 September
2009
Plek: Edward Hotel
Tyd: 07:30 vir 08:00
Vanjaar vind die skoolverlaterskampe weer in
die winter-skoolvakansie plaas, van 28 Junie tot 5 Julie 2009.
Volledige besonderhede tesame met die
inskrywingsvorm is beskikbaar by:
www.ngkok.co.za/skollies/inskrywingsvorm.pdf
Die passasier in 'n huurmotor tik
die bestuurder op die skouer om hom iets te vra.
Die bestuurder gil, verloor
beheer oor die voertuig, ry amper in 'n bus vas, jaag oor die sypaadjie en
stop millimeters van 'n winkel venster af.
Vir 'n paar oomblikke is alles doodstil. Die drywer sę toe, "Moet
dit asseblief nooit weer doen nie. Ek het my amper
doodgeskrik."
Die passasier vra toe om verskoning
en sę hy het nie gedink 'n tikkie op die skouer sou hom so laat skrik
nie.
Die bestuurder antwoord toe,
"Dit is nie werklik jou fout nie. Vandag is my eerste dag as
huurmotor bestuurder. Vir die laaste 25 jaar het ek 'n lykswa
bestuur!!"
(Dankie Nellie Westraadt)
Sinodale Kommunikasie