Amptelike Nuusblad : NG
Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 7 - Nommer 13 - 30 April
2009 - www.ngkok.co.za/enuus
Op
besoek aan die Park Avenue Metodiste Gemeente, Minneapolis, VSA
Sonheuwels: Basaar en optrede van Trevor Nasser
Benodig
jy verblyf vir VBO in Port Elizabeth? Kan jy verblyf verskaf?
Tarkastad waardeer
Ervaringsleer-Ringsprojek
Konferensie oor plattelandse bediening te Citrusdal
Alzheimer’s Support
Groups in PE
Spirituele
begeleiding: Inleidende kursus, olv dr Willem Nicol
Lente in Bediening en Teologie: Saam
in Afrika!
Andrew
Murray- en Andrew Murray-Desmond Tutu-Pryse
Dienspunt vir ernstige eksegete aan Universiteit van Stellenbosch
Afrikaanse Kerke In Australië verenig
Radikaal
anders soos Jesus - uit die pen van Adrio König
Berei
die Geloofsgemeenskap voor vir 2010 en daarna
Die
MIV-Scenario (Deel 2) : Stigmatisering, de-stigmatisering en hoop
Op besoek aan die Park Avenue Metodiste
Gemeente, Minneapolis, VSA
Stel jou die volgende
voor: ‘n middelklas, wit Amerikaanse voorstad waar Afro-Amerikaners in
toenemende getalle begin woon. Bendes raak meer aktief in die omgewing, en die
woonbuurt verloor sy tradisionele karakter. ‘n Beduidende aantal inwoners, en
lidmate van die gemeente, verskuif na ander woonbuurte. Hulle stel dan voor dat
die gemeente sy gebou verkoop, en self skuif na ‘n ander woonbuurt.
Die leiers besin daaroor en roep ‘n stemming
in die gemeente uit: bly ons, of gly ons?
Met ‘n klein meerderheid word besluit om te bly. Onmiddellik bedank
sowat 30% van die lidmate en verskuif hul lidmaatskap na ander gemeentes in hul
nuwe omgewings.
Die getraumatiseerde gemeente rig haarself
nou meer intensioneel op die veranderde omgewing. ‘n Jeugpredikant begin
kontemporêre, publieke musiekuitvoerings (dis nie halleluja’s en metodiste
koortjies nie) op die kerk se parkeerterrein vir die gemeenskap aanbied.
Jongmense kom. Hulle ouers kom. Gemeente en gemeenskap maak vriende, en meer en
meer Afro-Amerikaners sluit by die gemeente aan. Die gemeente reik ook uit na die bendes en
ander nood, veral die tipiese nood of behoeftes van nuwelinge in ‘n gemeenskap,
uit.
Die resultaat is ‘n multi-kullturele
gemeente van formaat.
Hierdie is die verhaal van die Park Avenue
Metodiste-Gemeente in Minneapolis. Die verhaal speel in die sestiger- en
sewentigerjare af. Sedertdien het die gemeente ‘n baken geword waar
vreemdelinge vriende word en mense ingeskakel word in egte, lewensveranderende
gemeenskap oor ook hierdie soort grense heen.
Die demografiese vloeibaarheid van die
omgewing duur voort. In die afgelope dekade het baie Spaans-sprekendes in die
gebied kom woon. Die senior leraar het in reaksie hierop Spaans geleer - onder
andere in Suid-Amerika gaan woon vir ‘n paar maande - sodat die gemeente
effektief kan uitreik na die nuwelinge. ‘n Derde, hoofsaaklik Spaanse,
oggenddiens is begin. Die
Spaans-sprekendes wil natuurlik ook graag hul Engels verbeter, sodat die erediens nie eksklusief
Spaans is nie. Baie van hierdie persone verkies ook om die gewone, Engelse
eredienste by te woon.
Ek het die gemeente in 2003 die eerste keer
besoek, en nou weer - in 2009. Daar is nou ‘n nuwe senior leraar, ‘n
Afro-Amerikaner. Die erediens word deur mense van alle denkabre groeperinge
bygewoon. Juis vanweë die karakter van
uitreik na nuwelinge, beskik hierdie gemeente net oor die ongelooflike vermoë
om vreemdelinge welkom te laat voel - en ons het dit nou weer beleef.
Die leierspan verteenwoordig die diversiteit
waarheen hulle mik. Die predikantespan het lede uit die blanke,
Afro-Amerikaanse en Spaanse gemeenskappe. Engels en Spaans word gebruik - die
voorbidding is bv in Spaans gedoen. Tydens die erediens word van jongmense,
oumense en ander lidmate gebruik gemaak om voorbidding te doen, die
Skrifgedeelte voor te lees, ensovoorts.
Die diversiteit is voortdurend sigbaar en die eenheid in die
verskeidenheid ooglopend. Dit beteken dat jyself, met die diversiteit wat jy
bring, baie maklik deel word van die handelinge.
Ek het ‘n ander dinge raakgesien wat my
diep geraak het:
Die rol van voorbidding vir egte lewensituasies
Tydens ons besoek het
die Red River in die staat
Noord-Dakota, noord-wes van Minneapolis sy walle oorstroom. Tydens die erediens
is daar indringend vir die situasie voorbidding gedoen. ‘n Aantal lidmate het
gaan help om sandsakke te pak, sodat die gemeente eerstehandse terugvoer oor
die situasie gehad het. Die indringende en egte petisie vir God se hulp was
opvallend.
Die gemeente het die gebruik dat enigiemand
wat iemand anders, of ‘n bepaalde situasie, aan die Here wil opdra op ‘n
stadium voor in die kerk kom kniel terwyl daar in die groot groep voorbidding
gedoen word. Jy kan gaan om, sê, jou nefie wat aan dwelmmiddels verslaaf is,
aan die Here te gaan opdra. Terwyl die
voorganger in die algemeen bid, kan jy jou eie gebede daarby invoeg. Die
konneksie wat hierdie simbolies daad skep tussen God, lewe, en die priesterlike
intrede van die geloofsgemeenskap by God, is lewensveranderend. Die gebede word
ook nie met ‘n morele meerderwaardgheid (“dat sondaars sal regkom”) gedoen nie,
maar as ‘n kreet uit die hart vir God se genadige ingrype.
Mens en hul nood word ernstig geneem.
Die menslikheid van die teologie
Reeds in Suid-Afrika
het dit my al opgeval hoe menslik Metodiste in hul teologie dink - en ek bedoel
dit BAIE positief. Die manier van praat oor Christus is nie net ‘n verhewe
Christus van bo nie, maar veral ook
‘n Christus van onder, ‘n Christus as egte mens, Een wat verstaan wat dit beteken
om mens te wees, Een wat weet wat onder ons velle aangaan. Tydens die preek in Park Avenue was hierdie
perspektief deurslaggewend. Die dominee het vertel hoe Jesus gaan sit en rus
het toe hy moeg was (Joh 4). “Ek is ook
nou moeg”, sê die dominee, “en daarom gaan ek ook nou sit”. Hy vertel hoekom hy moeg is, en ons dink
almal aan ons eie moegheid.
Meteens het ons almal toestemming om moeg te
wees. Ons mag maar sê ons het nie energie nie, ons vind dit moeilik om die Here
te dien en altyd te doen wat reg is - ook omdat ons energie op is. Die taal en
operasionele teologie maak dit vir ons moontlik om ons broosheid te toon. En
ons vat dit na die Here toe, en vra sy hulp.
Die menslikheid verdring God nie, maar konnekteer ons met die Here.
Die erediens is deurspek daarvan: ons mag maar gebroke wees, dit nie maak nie,
voortdurend beskaamd voel oor ons eie tekortkominge. Jesus neem ons skande weg,
en daarom kan ons ons skande eien en daaroor praat. Die dominee preek daaroor dat God juis by
uitstek inisiatief neem om ons op te soek en ons vas te hou. “Meeste van julle
ken my storie”, sê Hy, “julle weet in watter moeras ek was en hoe God my bly
opsoek het en my uiteindelik opgetel het.
Ek wil dit nooit vergeet nie, want dit herinner my: ek moet ook só wees,
soos Jesus - bly opsoek en bly optel.
God nooi julle uit om ook so te wees.”
Na my mening is die verhewenheid van ons eie
teologiese perspektiewe oor Christus ‘n groot struikelblok in ons konneksie met
mense waar hulle is. Ons moet ‘n slag weer die Hebreërbrief se Christologie
ernstig neem. Die Een wat opgewek is
anderkant die dood en verhef is tot die Regterhand van God, en nou die leisels
van die wêreld vashou, is óók ‘n mens, nou nog, en tree in vir ons by die
Vader.
Waar dit in ‘n erediens beliggaam word, het
dit ‘n kragtige uitwerking.
Die deelname van lidmate
Die erediens was
deurspek van die deelname van lidmate. Die lofprysing is deur die
aanbiddingsleier en koor gelei. Die wydingsgebed na die dankoffers deur ‘n jong
lidmaat. ‘n Klein dogtertjie het ‘n lied saam met die koor gesing. Die
voorbidding is deur ‘n Spaanssprekende en Engelsprekende lidmaat-paar gelei.
Die afkondigings is deur ‘n paar lidmate hanteer. Die teks is deur iemand
anders voorgelees. Hierdie is diverse
mense - wit, swart, bruin. Die erediens
bly voortdurend vars, interessant en inklusief: gasvry en verwelkomend.
Die preekvoorstelle
vir Pinkster 2009 sluit vanjaar by die Calvyn 500 feesvieringe aan. Die dokument is pas vrygestel en is net ‘n
klik van die muis ver - in Afrikaans en Engels. Dit is
besonder leersaam en interessant - selfs al word dit nie in jul gemeente vir
Pinkster gebruik nie, kan mens - ook lidmate - dit net lees vir die bevatlike
teologiese waarde daarvan. Dr Gideon van der Watt en die span samestellers het
werklik goeie werk gedoen en word daarmee gelukgewens.
Vanjaar vind die skoolverlaterskampe
weer in die winter-skoolvakansie plaas, van 28 Junie tot 5 Julie 2009.
Volledige besonderhede tesame met die
inskrywingsvorm is beskikbaar by:
www.ngkok.co.za/skollies/inskrywingsvorm.pdf
Sonheuwels: Basaar en optrede van
Trevor Nasser
Ds Deon van Staden van Sonheuwels bring die volgende
onder ons aandag:
1) NG kerk
Sonheuwels hou basaar op die 8e Mei vanaf 16:30. Die
volgende aand (9 Mei) tree die bekende kitaarspeler, Trevor Nasser by
Sonheuwels op (bekendstelling van nuwe CD). Die optrede begin om 19:00 en
kaartjies kos slegs R30-00. Vanaf 18:00 sal verversings te koop
wees, bv. sosaties, worsrolle, ens. Kaartjies kan verkry word by
Arinda (041 360 1496) of Deon (041 3601496).
2) Saterdag 23
Mei tree Leon Goosen by Sonheuwels gemeente op om 19:00. Dit
behoort 'n aangename afskop te wees vir die Pinksterreekse wat die volgende dag
in gemeentes begin. Toegang is GRATIS - daar sal slegs 'n kollekte
opgeneem word om Leon se kostes te dek. Verversings sal ook te koop
wees. Vir navrae skakel asb. vir Deon by 041 360 1496.
Benodig jy verblyf vir VBO in Port
Elizabeth? Kan jy verblyf verskaf?
Carl Crouse maak ‘n aanbod vir gratis verblyf en rig ‘n
uitdaging - nog reaksie? Hy skryf:
Ek het ingeskryf vir die mentorskap opleiding, maar wil eintlik
net laat weet dat ek verblyf kan aanbied vir 1 of 2 (as hulle nie omgee om
kamer te deel!) persone wat ook die opleiding gaan doen. Hulle is meer as
welkom om vir die tyd by ons te bly, dis naby en verniet! Hulle kan my
maar direk kontak as daar iemand is wat belangstel (0834637462 of johncp@discoverymail.co.za)
Miskien kan ons in die stad so iets ontwikkel rondom die
VBO geleenthede, dit is immers in lyn met Rom 12:13!
Tarkastad
waardeer Ervaringsleer-Ringsprojek
Hester le Roux van die Getuienisaksie, Tarkastad,
skryf die volgende waarderende briefie oor die sinode se stelsel van
ringsprojekte:
Hiermee wil ons graag ons gemeente (Tarkastad) se opregte dank teenoor die sinode uitspreek vir finansiële ondersteuning van 'n ringsprojek. Sal u dit asseblief oordra aan die betrokke instansie in die sinodale opset?
Die jeug-bediening van N G gemeente Queenstown o.l.v. Marelise Bekker het, met finansies voorsien deur die Sinode, vir Tarkastad gehelp deur die leerlingraad van ons plaaslike hoërskool te laat deelneem aan die Ervaringsleer - kursus wat in Queenstown aangebied word. Die kinders wat betrokke was - almal Xhosa-sprekende kinders - het ongelooflik baie geleer tydens die kursus. Die projek was uiters goed beplan en georganiseer, en was sekerlik 'n unieke ervaring vir elkeen van die kinders. Dis ons gebed dat die Here self die vrug daarop sal gee. Die skoolhoof van Hoërskool Tarka het sy opregte dank en waardering in 'n brief aan die kerkraad uitgespreek.
Hierdie briefie is natuurlik ook ‘n pluimpie
in die hoed van die Ring se besondere projek. Klik hier om
foto’s daarvan te sien.
Immergroen Ouerskapkursus
'n Nuwe Bybelsgefundeerde ouerskapkursus ontwerp deur
Hettie Brittz en Andalene Salvesen, aangebied oor 8 weke. Hierdie kursus word
in Afrikaans aangebied op Woendagaande 18:30 - 20:00, by die NG Kerk
Somerstrand in Louis Bothasingel 77. Die koste beloop R500 per egpaar en sluit
twee werksboeke in. Besprekings kan gedoen word by Lynette van Wyk by
0837933320. Vir verdere inligting gaan na die webwerf www.immergroenouerskap.co.za
[ Epos lynettevw@gmail.com
~ Webblad
]
Inhoud
Konferensie oor plattelandse
bediening te Citrusdal
Die Cedarberg konferensie vir plattelandse gemeentes vind weer vanjaar op 9
en 10 Junie in Citrusdal plaas. Die plaaslike gemeentes van die VGK en NGK bied
die konferensie in samewerking met Communitas aan. Soos verlede jaar sal die
konferensie fokus op bediening in die platteland. Die tema is: God
is ons hoop! Sprekers en werkswinkel-aanbieders met ervaring van
plattelandse bediening deel hulle insigte. Die fokus is nie net
gemeenteleiers nie, maar alle lidmate wat graag betrokke wil raak in die
Koninkryk! Verlede jaar was konferensiegangers entoesiasties oor die nuwe
energie wat hulle ontvang het vir hulle bediening in die gesellige atmosfeer en
gasvryheid van die Citrusdal! Indien u meer inligting verlang oor die program
en werkswinkels wat aangebied gaan word kan u gerus vir Johan Witbooi
(VGK Citrusdal) kontak by +27 22-9212602 / +27 83 629 5067
of vir Danielle van Zyl (NGK Citrusdal) kontak by +27
22-921 2300 / +27 83 261 7650.
Hulle sien uit daarna om u te ontvang in die Goue vallei!
Alzheimer’s
Support Groups in PE
Daar bestaan minstens twee ondersteuningsgroepe rondom
Alzheimer’s in Port Elizabeth. Indien iemand meer informasie het, sal ek dit
waardeer as julle dit kan aanstuur: Hier is die besonderhede wat ek het:
Alzheimer’s
Eastern Cape: Support groups for family and carers of Alzheimer’s sufferers in
PE & Uitenhage - Sunridge Park
Where: C.P. Bradfield - Gazania Avenue, Sunridge Park
When: Every last Wednesday of the month at 17.30 (5.30pm)
Contact: Prof. Juanita Strumpher - 041 3603246
Alzheimer’s Eastern Cape: Support groups for family
and carers of Alzheimer’s sufferers in PE & Uitenhage - Park Drive
Where:
Carriage Way lounge, 52 Park Drive
When: Every last Thursday of the month at 15.00 (3pm)
Contact: Ms Charlotte van der Lugt - 041 5812241
Spirituele begeleiding: Inleidende kursus, olv dr
Willem Nicol
25 Aug om 11:00 tot 27 Aug om 12:00 by Good Shepherd
langs Hartbeespoortdam. Bespreek by wnicol@mweb.co.za of 012 460
8681 of 083 966 7831 en betaal in: NG Lynnwood, ABSA, Rekno 540 580 014 met
vermelding: SS8 [+naam]. Prys R850 vir volle losies plus kursus. Betaal liefs
volle bedrag, anders deposito van R200. Betaal met inskrywing, maar nie later
nie as 3 Aug en epos aan Willem oor die betaling, sodat hy jou epos-adres het.
(Aangebied as deel van die werksaamhede van die Sentrum vir Spiritualiteit van
die Ring van Suidoos-Pretoria).
Lente
in Bediening en Teologie: Saam in Afrika!
Ons jaarlikse lentekonferensie vind plaas op 6-8 Oktober 2009. Die volgende temas
word tydens die oop sessies hanteer: Genesing
en versoening in Afrika (Nico Koopman); Die
Afrika-aarde behoort aan die Here (Ernst Conradie); Roeping, Kerk en Owerhede (Riaan Venter); Fakulteit vir Afrika (Piet Meiring en Nelus Niemandt). Daar is ook
25 keusetemas waaruit jy
Jongste
verwikkelinge rondom die handves vir Godsdiensregte en -vryhede
Prof Pieter Coertzen skryf:
Dear Colleagues and Friends
Good morning from Stellenbosch
where autumn is in the air.
A few lines to update you on where
we are at the moment with the proposed Charter
of Religious Rights and Freedoms for South Africa.
We received comments on the
draft of May/June 2008 and paid due
attention to everything we received. In
the light of the comments we are attaching a next draft of the Charter as well
as of the intended Bill to enact the Charter, for your comments and/or
suggestions. May we please have your
comments and suggestions not later that 30 June 2009
We have also had discussions
with Commissioner Anton Knoetze of the Commission for the Promotion and Protection of the Rights of Cultural,
Religious and Linguistic Communities. He is planning a Conference on the Charter
somewhere in 2010 under the auspices of the Commission. Perhaps such a conference will be an ideal
opportunity for religious communities to endorse the Charter in public. Please comment on prepare yourself for a
possibility such as this.
At this point in time we also
want to ask religious communities to consider the possibility of adopting and
including the Charter as it is at the moment, as part of their official
documents. We think it is important to
do this because even as it is now it can be of help for any religious community
should it have to appear in court on charges relating to religious rights. Please consider this seriously.
Kind regards
Pieter Coertzen
Convenor: Continuation
Committee
Stellenbosch
8 April 2009
Lees gerus die Handves
en die voorgestelde wetsontwerp.
Andrew Murray- en Andrew Murray-Desmond Tutu-Pryse
Vrydagnuus berig:
Ons hartlike gelukwense aan die volgende
persone: Francois Wessels (dr) is bekroon met die gesogte Andrew Murray-prys
vir sy boek Wie was Jesus regtig? asook Len Hansen (dr)
van die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie – hy is redakteur van
die boek Christian in Public in die
Lees in
Kerkbode van 1 Mei:
* Ondersoek na die
kerkmedia was “’n dapper stap”. En lei tot “nuwe Kerkbode”.
* Andrew
Murray-prys word aan skrywer van boek oor Jesus toegeken.
* Faith like potatoes
word nou ook in die VSA versprei.
* Onbeskaamd eties: Die Unashamedly
Ethical-veldtog wil die morele weefsel van Suid-Afrikaners, maar
uiteindelik ook mense wêreldwyd, herstel. Wat behels dit?
Moontlik is jy hard aan die
voorberei vir Pinkster 2009?
Preeksketse is gratis beskikbaar. Gaan na ons
webwerf: www.bybelmedia.co.za , klik
op Bedieninge en Kursusse, klik daarna op aflaaibaar
onder die hofie: Dienste.
Die mure van Jerigo
val weer!
* Of stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za
Groete vanuit
Hans Steyn
Hoof: Bemarking en Fondswerwing
E-pos: hans@bmedia.co.za
Tel: 021 864 8223
Dienspunt vir ernstige eksegete
Die Sentrum vir Bybelinterpretasie
en –vertaling in Afrika (SEBIVA) het onlangs 'n aanlyn-dienspunt vir ernstige
eksegete van stapel gestuur. Hierdie sentrum wat gesetel is aan die Universiteit
van Stellenbosch het ten doel om Bybelinterpretasie en Bybelvertaling akademies
te ondersteun. Die deelnemende departemente aan die Sentrum (die Departemente
Antieke Studie en Ou & Nuwe Testament) beskik oor 'n hele aantal dosente
wat 'n wye spektrum van ekspertise oor die Ou en Nuwe Testament verteenwoordig,
asook die wêrelde waarin die Bybel
ontstaan het. Deur middel van 'n aanlyn-dienspunt wil hierdie Sentrum graag
eksegete en vertalers met mekaar in gesprek bring, en ook van raad bedien.
Die dienspunt het twee toegangspoorte: een vir ernstige eksegete, en een
vir professionele vertalers. Die dienspunt vir eksegete wil veral gesprek onder
leraars en predikers oor allerhande eksegetiese sake fasiliteer. Dit wil poog
om die "eksegetiese eensaamheid" waarin heelwat predikante verkeer,
te deurbreek. Dit bied die geleentheid dat eksegetiese vrae onder een van die
kategorieë in 'n gespreksforum gevra kan word. Ander deelnemers kan dan daarop
reageer. Die deelnemende dosente van die Sentrum sal ook vanuit hulle
spesialisasievelde perspektiewe verskaf wat ter toeligting sal dien. Deelnemers
kan die opsie kies om telkens per e-pos gewaarsku te word as daar nuwe deelname
of reaksies was in die betrokke kategorie. Op hierdie manier ontstaan daar dan
'n groepsgesprek rondom eksegetiese kwessies, en is daar die geleentheid om met
kundiges oor hierdie kwessies skouer te skuur.
Die dienspunt vir vertalers bied tans ook 'n portaal wat spesifiek aan
die nuwe Afrikaanse Bybelvertalingsprojek gewy word. Die werkboek waarvolgens
die vertaling voorberei word, is ook op SEBIVA se webblad beskikbaar.
Besoek sommer vandag nog die webblad www.cebita.org om op hierdie dienspunt te registreer! En kyk gerus na watter ander moontlikhede
die Sentrum dalk aan u kan bied!
Vir verdere inligting hieroor kan
Louis Jonker, die Direkteur van SEBIVA by LCJ@sun.ac.za gekontak word, of kan 'n nota aan Werner Lategan, die koördineerder van die
dienspunte, by walategan@sun.ac.za gestuur word.
Afrikaanse
Kerke In Australië verenig
Gawie van der Merwe laat weet:
'n Historiese geleentheid het plaasgevind in Maart vanjaar
toe 'n aantal afgevaardigdes by 'n vergadering in Perth besluit het om 'n nuwe
denominasie in Australië tot stand te bring. Dis die uitvloeisel van die
besonderse groei in die aantal Afrikaanse lidmate en bedieningspunte wat oor
die aftgelope paar jaar plaasgevind het in Australië. Die nuwe kerkgenootskap
sal bekendstaan as die Gereformeerde Evangeliese Kerk van Australië (Reformed
Evangelical Church of Australia).
Die GE Kerk se
doelstelling is nie net om 'n geestelike tuiste aan Gereformeerde Evangeliesgesinde
Afrikaansprekende gelowiges te bied nie, maar ook om 'n getuienis te lewer na
die grootliks post-Christelike gemeenskap waarin hulle hulle bevind. Daar is
daarom ook 'n openheid om dienste in Engels te hou en ook volledig
Engelssprekende gemeentes te inkorporeer.
Daar bestaan
besonderse bedieningsbehoeftes by vele Afrikaanssprekende gelowiges wat hulle
in Australië gevestig het. Hulle is stelselmatig van alles wat vir hul dierbaar was in Suid-Afrika vervreem
en worstel om hul teleurstelling en seer te verwerk. Nie
net mis hulle hulle geliefdes in SA nie, maar hulle is ook bekommerd oor hulle
veiligheid. Terselfdertyd stel die vestiging in 'n nuwe land ontsaglike eise
aan elke lid van die gesin. Nuwe ekonomiese realiteite lei tot werksonsekerheid.
Die Gereformeerde Evangeliese Kerk (GE Kerk) se deelnemende geloofsgemeenskappe
is reeds besig om hierdie besonderse behoeftes aan te spreek.
Die verskeie gemeentes en organisasies wat beoog om deel te vorm van die
GE Kerk, wissel van die Afrikaanse Christen Kerk
van Australië op die Goue Kus van Queenland in die ooste tot die Perth
Afrikaans Reformed Church wat aan die weskus geleë is. Laasgenoemde het reeds
850 belydende lidmate en is in die proses om 'n nuwe gemeente af te stig. Vele
bedienings- en preekpunte word op die Wes Australiese platteland bedien deur Outreach WA wat in 2007 begin het met sy
bediening. Een van hierdie bedieningspunte het reeds ‘n bywoningsyfer van
gemiddeld 120 persone. Veritas College International sal die opleidingsfunksies
van die denominasie behartig.
Die GE Kerk staan saam met sy meewerkende organisasies voor wonderlike
uitdagings. Gemeentes sal voortaan met
die ondersteuning van mekaar en van die meewerkende hulporganisasies soos
Outreach WA en Veritas College, mekaar meer effektief kan bystaan om nog meer
gemeentes te plant in antwoord op die uitdagings wat aan hulle gestel word.
Vir meer besonderhede kan die Voorsitter Jan van den Berg gekontak word
by voorsitter@parc.org.au en as
verteenwoordiger van die kerk in die Ooste van Australië ds Danie Venter by dareventer@gmail.com
Radikaal anders soos Jesus - uit die
pen van Adrio König
Uit die pen
van prof Adrio König het pas ‘n nuwe publikasie verskyn met ‘n titel wat
belofte inhou. Die amptelike promosie van die boek het almal - lyk my - nie
bereik nie, en daarom gee ek dit hieronder weer:
Daar is in JESUS 'n radikaalwees wat ons
langs die pad gemis het. Sy aardse optrede het aanstoot gegee aan alle
belangrike groepe in die samelewing, groepe van die mees uiteenlopende
karakter-van die Joodse Raad tot die Romeinse owerheid, van die Fariseërs tot
die Sadduseërs, van die skrifgeleerdes tot die gewone "kerkvolk".
Wat het JESUS gedoen om soveel
antagonisme op te wek? As mense nie met Hom saamgestem het nie, sou dit op
sigself nie so vreemd gewees het nie. Maar hulle het geëis dat Hy met die
wreedste dood wat destyds bekend was, uit die weg geruim word.
Waarom?
As jy hierdie boek aanpak, moet jy
bereid wees om uitgedaag te word. Jy moet gewillig wees om nie net jou siening
oor Jesus radikaal aan te pas nie, maar ook jou toewyding aan Hom.
Radikale JESUS vra
radikale dissipels.
"Dit is 'n reisgids op 'n
ontdekkingsreis in die rigting van die radikale karakter van Jesus van Nasaret.
Dit dien terselfdertyd as 'n oproep tot radikale navolging van die radikale
Jesus. Maar hierdie radikale navolging is nie moontlik sonder 'n baie naby verhouding
met Hom nie."
Ds Fanie Venter
Leier - Bestuurspan, kerksondermure
sagteband
210 X 148mm
224p
R119.95
Besoek www.carpediem.co.za en kry 20% afslag!
Berei die Geloofsgemeenskap voor vir
2010 en daarna
Die SA Teologiese
Seminarium bied ‘n besondere opleidingskursus gedurende Junie aan om gemeentes
en gemeenskappe voor te berei vir die uitdaging van 2010-evangelisasie. Klik
hier vir die volgende dokumente:
2. Program,
en
Dit sal baie goed
wees as ringe elk ‘n verteenwoordiger na hierdie opleiding kan stuur.
David Stansbury het onlangs ‘n artikel geskryf oor sy
belewenis van jongmense in die sentrale stadsgebied van Port Elizabeth. Hy
beskryf hulle as “a fatherless generation” en meen dat Julius Malema ‘n
uitstekende voorbeeld van hierdie generasie is.
Hier is die oorspronklike Engelse weergawe van sy artikel ,wat onlangs
in Afrikaans in Kerkbode verskyn het:
I
pastor a congregation in the inner city of Port Elizabeth. The inner city is
home to a multi ethnic, multi race, multi language, multi religious population.
The common factor which characterises the lives of all who live here is
brokenness. This brokenness is evident in the presence of many of the
destructive factors in society operating in our inner city: poverty, crime,
unemployment, prostitution, disease, drugs, gangs and broken homes and
marriages. (71)
The most disturbing is the high level of single parent
homes- in some cases ‘child led’ homes. In a recent survey we did in the inner
city we discovered that most men had more than one sexual partner a week. Young women- many of whom were students at
the time- would fall pregnant and give
birth to children who would never know there fathers. The fathers vanish into
the ‘night’. Their only responsibility was to sow ‘the seed’. These young
mothers- many of whom were literally ‘children’, themselves, when their
children were born- are left to raise their children on very little. Some even
resort to sending their children away. (105)
We come across their children as they begin to grow.
Our experience of these children- surprisingly most of them boys- is that they
are restless, frustrated, angry and confused. They are often seen vandalizing
and committing petty crimes. Their single parents- mostly mothers- clearly are
unable to control them, supervise them or give them guidance. They are left to
their own devises and have to find their own feet in life. They seem to want to
do and say the things that grown men
would say and do- though they are still boys.
Over and above this what they see in their homes is
often disturbing- their mothers have multiple sleeping partners, some of whom
abuse their mothers; their dwellings are scant with little or no food around;
their mothers are seldom around- themselves trying to survive. In the inner
city there is also limited recreational facilities for them. All these factors
and circumstances seem to drive them towards crime, drugs and child sex.
. God ordained that children would be conceived within
wedlock, that their conception would have been planned and they would have been
conceived in love. He further ordained that children would be born in love and
that their entry into this world would be celebrated by their parents. As they
grow God ordained that children would grow up in a loving homes and receive
affirmation as well as godly discipline. Children born in this way would be
positioned in God’s blessing and would grow up blessed. The problem for the
boys of the inner city is that this is not a reality for them. Most of them
were conceived out of wedlock, out of lust and by accident. Their birth was not
celebrated and in most cases they would not grow up in a loving home with
loving parents around them. Thus their identities and ultimately their
destinies would be one of curse and not blessing. What God wanted for them and ordained
for them they have been robbed of by the evil one (John 10:10).
The evidence of the curse is for all to see: these
boys have experienced shame and rejection. These forces become strongholds in
their lives and begin to exercise control over their lives. The rejection and
shame give birth to feelings of worthlessness, low self esteem and insecurity
which ultimately gives birth to anger, frustration and rebellion which
ultimately sets them up for a life of crime and drugs etc
In the God ordained home, the father provides the
security, the safe place, the boundaries and the biblical values for his
children. The father confirms and establishes the identity of his children…
that they are loved, special, unique and of infinite value. For the boys of the
inner city, there is no father. In the absence of father, there is no safe
place, no security, no assured identity and no sense of value in life. Most of
the destructive habits of these boys and the destructive activities they are
involved in can be put down to their unhappiness and their seeking for
acceptance, value and ultimately love. The very things our Lord ordained for
fathers to provide.
This is the generation of young men that is rising up
around us… angry, confused and frustrated. These are the young men, I believe,
who are driving movements like the ANC Youth League. We get angry and
infuriated by what they say and do but do we stop to ask, why? What is driving
them? Where does the anger that rises up in them come from? Where indeed?
‘Stand at the crossroads and look; ask for the ancient paths, ask where the
good way is and walk in it and you will find rest for your souls’ (Jer 6:16)
Can this generation be saved? Yes they can be saved
but only Jesus can save them (John 3:16-17/ John 10:10). We need to
embrace these boys and young men with
the ‘Father heart of God’ and through the power of the Holy Spirit working in
us, to break the curses over their lives and to speak God’s blessing over their
identity and destiny- His love, His acceptance, His affirmation and the value
He sees in them.
Revd
David Stansbury
Rector
of Holy Trinity Church
Die MIV-Scenario (Deel 2) : Stigmatisering,
de-stigmatisering en hoop
In hierdie tweede van ‘n reeks artikels skryf
dr Dawie Oosthuysen van Margate oor stigmatisering en de-stigmatisering vanuit
teologiese perspektief. Met dank aan ePosduif:
Stigmatisering: ‘n teologiese en etiese dilemma
In die vorige artikel is na die fenomeen van
stigmatisering verwys. Stigmatisering is ‘n uiters komplekse saak. Dit skep ‘n
etiese en morele dilemma wat ons aandag wel deeglik verdien. Stigmas neem
gewoonlik die gestalte aan van sosiale identiteit: sus en so ís diesulkes. En
as teologiese status boonop, te wyte aan ‘n onhoudbare mens- en Godsbeskouing,
aan so ‘n stigma verleen word, sit ons met ‘n uiters bedroewende toedrag van
sake. Dit spreek tog vanself dat ‘n paradigma wat ‘n mens van sy Godgegewe
waardigheid stroop, betreur en op Skrifgronde aangespreek moet word. ‘n
Paradigmaskuif blyk gebiedend noodsaaklik te wees.
Allereers, ‘n gebrekkige Godsbeskouing,
versterk deur allerlei vooroordele, mag daartoe lei dat so ‘n persoon behandel
word as sou hy ook by God in diskrediet wees en daarom ook deur die kerk
verwerp behoort te word. Dit onderstreep die belangrikheid van ons Godbegrip en
die proses van stigmatisering.
Die etiese dilemma word verder aangevuur deur
die volgende: Die probleem van besmetting: Mense wat onder MIV gebuk
gaan, mag moontlik, vanweë hulle sondige gedrag, die mensheid met lyding en
dood besmet. Die sondebokvraag: Wie moet die blaam dra? Die probleem
van etiketering en stereotipering, vooroordeel: Hierdie mense was promisku
en permissief in hulle gedrag. Die vraag na hoe die persoon die virus
opgedoen het, word dikwels nie gevra nie. Infeksie, as sodanig, impliseer per
definisie ‘n stigma: MIV is die siekte van ‘n sondaar. Stigmatisering en
etiketering is sinoniem met onmiddellike isolasie, subtiele verwerping. MIV is
gebrandmerk: Dit is die melaatsheid (leprose) van die twintigste eeu. Wat sake
vererger is die gebrekkige toepassing van tekste, soos Lev 14:45-46: “Iemand
wat ‘n velsiekte het wat hom onrein maak, moet geskeurde klere dra en sy hare
onversorg laat. Hy moet ook die onderste deel van sy gesig bedek en uitroep:
‘Onrein! Onrein’! Hy bly onrein solank hy ‘n siekte het. Hy moet dan in
afsondering lewe en buite die kampplek bly.” Hierdie Ou Testamentiese
isolasiemodel staan in skrille kontras tot die medelydende identifikasiemodel
van Christus. Hierdie model word gedemonstreer wanneer Christus sy hand
uitsteek na ‘n melaatse en hom dan aanraak met die woorde: “Ek wil. Word
gesond!” (Mk 1:40-41).
Die sentrale teologiese probleem in die MIV
debat is die beelde wat ons van God het. Die mensdom se sug daarna om die MIV
drama enigsins te logifiseer, is om dit terug te voer na wat op ‘n negatiewe
wyse verstaan word as die ongenaakbaar harde gelaatstrekke van God. Die
negatiewe beelde van God is onder meer die volgende: God is op ‘n
onverbiddelike wyse ‘n regverdige regter; Hy hou boek van ons foute; alles is
gepredestineer, alles is gedetermineer, uiteraard ook die lyding en
eindbestemming van mense.
Die sentrale probleem in die etiese debat
rakende MIV wentel rondom die vraag: Moet MIV verstaan word as God se straf
op die promiskue lewenstyl van die moderne samelewing? Dié vraag kan
teruggevoer word na die vraag rakende ons verstaan van God. Die
voorsienigheidsvraag is: Waar is God? MIV is vir die natuurwetenskappe a
freak of nature – suiwer ‘n mutasievariasie in die evolusieproses. Maar
waar kom God dan tot sy reg? Maak MIV deel uit van sy voorsienigheid?
Het Hy ‘n hand gehad in die oorsprong en ontplooiing van die virus? Kortom: In
watter verband staan God tot die virus? Aan die begin van die pandemie in die
vroeë tagtigs van die vorige eeu het teoloë met ‘n moralistiese benadering
reageer. MIV was onder andere gesien as iets wat op die een of ander wyse
verband hou met immorele gedrag. In terme van ‘n oorsaak-gevolg paradigma is
MIV deur sommige kerklui en teoloë gesien as die straf van God op sondige
gedrag. Daarom was die oplossing vir die beëindiging van MIV tog só eenvoudig:
“Sê net nee!” Christus is voorgehou as die weg hieruit. Jesus is the answer.
“Die antwoord vir homoseksualiteit is die evangelie van Jesus Christus.”
Hierdie styl van denke is al getipeer as: the hallelujah of quick-fix, judge
and condemn approach.
Die vrae wat hieruit voortspruit, is: Is dit
werklik wat die evangelie van Jesus Christus te sê het oor die MIV pandemie?
Watter Godsbeeld sit agter so ‘n benadering?
As ‘n teologiese probleem bied MIV aan die kerk
dus twee moontlikhede: God kan enersyds as ‘n gevoellose despoot gesien word
wat die mens gyselaar hou. Hierdie God determineer alles kragtens sy
voorsienigheid. Andersyds kan die ontmoeting met God verstaan word binne die
vraag na sin in lyding. Wat is die verhouding van God tot menslike lyding? Om
God direk eweredig met die straf van God in verband te bring, is om op ‘n
onverantwoordelike en irrelevante wyse te teologiseer. Wat is dan ‘n meer
gepaste teologiese paradigma?
Paradigmaskuif: Teologie van die opstanding (theologia
resurrectionis)[1]
Nogeens: Die fundamentele teologiese vraag wat gevra
moet word, is: Hoe en waar is God in hierdie drama van die MIV pandemie? Is
straf die deurslaggewende teologiese woord in die debat? Reflekteer ‘n
sonde-en-oordeel benadering die fundamentele verstaan van God in die Skrif?
God sal nie verstaan word sonder die inagneming
van ‘n teologiese antropologie nie.
Binne die skeppingsteologie is die mens
as ‘n verhoudingwese met sekere vryhede geskape. Binne hierdie verhoudingsmodel
is God nie net oop vir die vreugdesmomente wat die skepping bied nie, maar is Hy
ook kwesbaar/bewoë/verwondbaar oor al die pyn wat ook so eie aan die skepping
is.
En tog, binne die denkkader van ‘n
skeppingsteologie bly die brandende vraag: As God inderdaad die Skepper is, is
Hy nie op stip van sake verantwoordelik vir die virus, die Eerste Oorsaak (prima
causa), daarvan nie? Hoe weet ons dat die virus nié die wil van God is nie?
Binne die skeppingsparadigma val die skaduwee van die oorsaak-vraag steeds oor
ons.
Dit is nou juis op hierdie punt dat die inkarnasieteologie
ons te hulp kom, omdat dit ‘n teologie is waar die klem op die handelende
teenwoordigheid van God val. En God se teenwoordigheid beteken per definisie genade.
‘n Pastorale benadering is dus diep in die inkarnasieteologie gefundeer. Eie
aan die inkarnasiedenke is die teologie van die kruis (theologia crucis)
– ‘n poging om aan die lyding van God enigsins uitdrukking te verleen.
Hiervolgens het God Hom in Christus met ons menslike lyding geidentifiseer; God
ly saam met ons. Die hooftema is lyding en medelyding (medelye). Lyding,
die MIV pandemie hierby inbegrepe, word dus as fundamenteel in stryd met God se
wil gesien. Die konsekwensie is dat die kerk haar moet skaar by menslike lyding
en ons menslike toestand. Ons Godsbegrip is by uitstek: God is met ons.
So ís God!
Ten einde mense wat onder MIV ly, tot hulp te
wees, is die teopaschitiese (God ly saam) paradigma van
onskatbare waarde. Dit versterk die gedagte van ’n medelydende identifisering
met lydende mense, ‘n identifisering wat opkom uit ‘n Goddelike werklikheid. Die
jammerte, na ‘n verrekening van die skeppings- en inkarnasie teologie, is dat
ons steeds gekonfronteer bly met die werklikheid van die virus en die lyding
van mense. Die teodisee-vraag (lydingsvraag) meld hom nog steeds springlewendig
by ons aan: Maar as God dan nou so teenwoordig en betrokke is, waarom tog die
virus en die werklikheid van die kwaad? Dié vraag kan tog nie geignoreer word
nie, omdat dit werklikhede is wat nie weggewens kan word nie. Dit is absoluut
waar dat MIV in sommige gevalle aan onverantwoordelike gedrag toegeskryf moet
word. Die gedagte aan sonde en skuld kan nie summier buite die MIV diskoers
gehou word nie. Promiskuiteit en verkragtings is aan die orde van die dag.
Daarom is dit net te begrype dat die gedagte aan straf na die oppervlak sal
kom. Dit is uiteraard van kritiese belang vir ‘n teologiese en etiese debat.
Genade, soos dit aan die kruis van Christus as’t
ware gedefinieer is, kan die werklikheid van sonde binne ‘n teologiese
benadering nié buite rekening laat nie. Die kruisgebeure hét straf, sonde en
vergifnis tot inhoud. Dus, wanneer ons die reeds besproke gedagte aan
stigmatisering in berekening bring, moet ons verder as die kruis, inkarnasie,
medelye, sonde en straf beweeg. Genade behels meer.
Die sluimerende gevaar eie aan ‘n
kruis-sonde-vergiffenis benadering is dat, vanweë stigmatisering, sommige mense
wat aan MIV ly, steeds geteister bly met skuldgevoelens en die gevaar van
blootgestel te wees aan ‘n veroordelende benadering. Vrees vir verwerping en
angs is dikwels teenwoordig as gevolg van ‘n idee dat dit ‘n “sondaarsiekte” is
wat grootliks aan immorele gedrag te wyte is (Hoffman 1990:21-22).
Die krities belangrike teologiese vraag is: Hoe
kan die kerk ontslae raak van die stigma en blywende vereenselwiging met die “sondaarsiekte”
ten spyte van al die medelye en vergiffenis wat die kerk verkondig? Hoe kan die
teologie dié veroordelingsteologie te bowe kom? Die teologie kan gewoon nié
sonde en oordeel ignoreer nie. Maar kan dit hoegenaamd die finale antwoord in
die MIV debat wees?
Dit staan bo alle twyfel vas dat die medelye
perspektief van die die theologia crucis (teologie van die kruis) van
kardinale belang vir die pastorale bediening van die kerk is. God is inderdaad
verwondbaar en maak van ons almal “wounded healers” (Henri Nouwen 1997). Maar
is dit al? Is God dan nie almagtig nie? Kan Hy nie in sy almag die werklikheid
van ons lyding en skuld transformeer nie? Kan Hy nie die kwaliteit van ons lewe
ten spyte van die virus verander nie? Hoe moet die Christelike hoop en
oorwinning en singewing van ons bestaan verstaan word? (Moltmann 1966).
Die pastorale antroplogie mag net eenvoudig nie
beperk word tot die pessimistiese gedagte dat oor die mens niks meer gesê kan
word nie as dat hy ‘n sondaar is nie. Terselfdertyd sal die pastoraat moet waak
teen ‘n oor-optimistiese beskouing dat die mens oor al die noodsaaklike
potensiaal beskik om te ‘cope’ met lyding en oor die virus kan triomfeer.
Ten einde die probleem verder aan te spreek,
sal na ‘n teologiese werklikheid deurgestoot moet word, te wete die
opstandingsgeloof. Dít is hier waar die verlangde paradigmaskuif sy
fokusarea vind! In beginsel vernietig die opstandingsgeloof alle vorme van
dood. Die opstanding triomfeer oor alle vorme van wanhoop, dit maak plek vir
oorwinningsgeloof. Opstandingsgeloof het alles te make met bemagtiging, ons
fisiese bestaan en die volheid van lewe.
Stigmatisering plaas die teologie voor ‘n
uitdaging: Vors die implikasies van die teologie van die opstanding (theologia
resurrectionis) opnuut deeglik na ten einde by ‘n teologiese verstaan van
die mens met sy beperkinge en tekortkominge te kan uitkom. In beginsel is die
opstanding van Christus die finale kritiek van God op die dood, lyding,
menslike beperkinge en stigmatisering.
In die lig van die opstanding word die mens nie
meer vanuit die perspektief van die dood (vernietiging) gesien nie.
Opstandingshoop handel oor die dood van die dood; oor die totnietmaking van
elke vorm van verwerping, stigmatisering en isolasie. Mense wat aan MIV ly, behoort
daarom bemagtig te word om te begin om, ten spyte van die virus, positief en
konstruktief te lewe.
Die pastorale vraag binne die
stigmatiseringsdebat is hoe om jou positiewe status in terme van ‘n realistiese
hoop te lewe.
Destigmatisering: Teologie van hoop
Die rol wat die opstanding in die Westerse teologie
gespeel het, is verbasend min. Veral op die gebied van die dogmatiek staan die
opstandingsgebeure dikwels in die skadu van die versoeningsleer en die
kruisteologie. Volgens Hendrikus Berkhof (1973:332) het die Westerse teologie
die opstanding as sentrale heilsfeit nog altyd in die skadu van die kruis laat
staan. Hierdie onderwaardering van die opstanding is volkome in lyn met die
Westerse teologie se klem op die werke van Christus in teenstelling tot
die Oosterse Kerk se fokus op die Persoon van Christus. Lekkerkerker
(1966:134) huldig die mening dat die Oosterse Kerk Christus se lyding en sterwe
verstaan in terme van die oorwinning oor die bose magte en bygevolg meer ‘n
aanvoeling vir die triomf van die opstanding getoon het. In die versoeningsleer
het die Westerse Kerk meer op die juridiese en forensiese dimensie van die
kruis as bevryding van die sondaar gefokus.
‘n Ander faktor wat tot die onderevaluering van
die opstanding kon bydra, is moontlik die sekularisasieproses en tegnologiese
berekenbaarheid. Binne die geslote denkmodel van natuurwetmatige sekerhede is
daar min ruimte vir ‘n opstandingsevangelie wat met sy paar grafdoeke minder
bewysbaar klink as ‘n kruisevangelie met Pilatus se opskrif aan ‘n houtkruis
buite Jerusalem. Rudolf Bultmann se konsentrasie op die subjektiewe moment van
die geloof en sy toespitsing van die kerugma op die eksistensie, laat maar min
ruimte vir die opstandingsfeit. Binne ‘n besondere rasionalistiese en positivistiese
model blyk daar nie veel ruimte te wees vir die evangelie van die opstanding
nie. Die histories-kritiese model met sy intellektuele ingesteldheid toon ‘n
opvallende gebrek aan ruimte vir die wonder van die liggaamlike opstanding van
Christus. Die Formgeschichte het ook tot die relativering van die
opstandingsevangelie bygedra. Die huiwering om die opstanding as ‘n historiese
feit te erken, moet ten ene male betreur word. Die opstanding het vir hulle
meer ‘n waarheid oor die kruis gebly en ‘n legitimasie van die verkondiging as
dat dit ‘n feit is wat gebind is aan ‘n oop graf. Dat die sogenaamde Nuwe
Hervormers hier te lande hulle binne die ban van hierdie styl van denke bevind,
staan bo alle twyfel vas.
Die opstanding is ‘n unieke, skeppende daad van
God aan die gekruisigde Christus. Dit is ‘n reële gebeurtenis wat nie met die historische
Forschung nagespeur kan word nie. Vir die geloof is die opstandingsgebeure
gekoppel aan ‘n oop graf asook aan die verskyning van Christus in sy
opstandingsliggaam. Die “aardsheid” en liggaamlikheid” van die opgestane
Christus stempel die opstandingshoop tot ‘n reële werklikheid wat die totale
versoening van Christus raak. Die opstanding is ‘n pneumatologiese werklikheid
(mortificatio en vivificatio) met konsekwensies vir die sterflike
liggaam van die mens: “die opstanding van die vlees”.
Vanuit ‘n tradisionele en leerstellige
perspektief wil dit voorkom asof die leerstellinge rondom die soteriologie
(verlossingsleer) en inkarnasie die teologiese agenda van die verskeie sinodes
gedomineer het. Na die Ariaanse kontrovers en die klem wat op die Godheid van
Christus by die Sinode van Nicea geval het, het die opstanding nie meer in
teologiese diskussies voorop gestaan nie. Die opstanding moes hoogstens dien as
die finale bevestiging van die Godheid van Christus. Die opstanding word op die
ou end ‘n noodwendige konsekwensie van die kruis binne die opeenvolgende fases
van vernedering en verhoging. Die opstanding het dus as bykomende legitimasiefaktor
moes dien: as ‘n bewys van óf die sending van Christus, óf vir die waarheid van
die Skrifte, óf die Godheid van Christus, óf vir die effektiwiteit van Jesus se
heilswerk. As sodaning het die opstanding nié gedien as ‘n bevestiging van ‘n
teologiese antroplogie nie.
‘n Gerespekteerde Nuwetestamentikus, Goppelt
(1980:56), wys daarop dat die boodskap van die opstanding die hart en wortel
van die Nuwetestamentiese teologie uitmaak. Die opstandingsboodskap vorm die
basis daarvan. Die opstanding speel ‘n onmiskenbaar belangrike rol in die
uitsig op God se heilsbeweging. Na die uitstorting van die Heilige Gees is die
boodskap van die opgestane Christus die inhoud van die heilsverkondiging. Die
opstanding plaas die visier van kerk en teologie, mens en wêreld, onmiskenaar
op hoop, die Christelike hoop. Dit is die onmisbare basis van die
Christen se hoop op die toekoms. As ‘n daad van God het die opstanding
implikasies vir die tradisionele Godsbeelde. Die boodskap van die opstanding is
allesbepalend vir die verkondiging van die evangelie. Volgens Berkouwer
(1961:246) staan Paulus se bediening in die teken van ‘n opstandingsverwagting.
Vir hom is in die loëning van die opstanding van die dooies alles geloën en
sink die lewe weg in die oormag van die dood (1961:231). Hoop is ten diepste opstandingshoop.
Die opstanding as heilsgebeurtenis vorm die basis en norm van alle diskussies
oor die toekoms (eskatologie). In die denke van Karl Barth (1953:329 e.v.)
speel die opstanding ‘n kardinale rol. Dit is vir hom ‘n daad van God. Die
opstanding is so belangrik dat Barth van die opstandingsdaad praat as ‘n
heilsdaad van waaruit alles verstaan moet word (dit ‘n Offenbarung
überhaupt, 1953:332).
Die geloof kan nie sonder nadenke oor die leë
graf nie. Geloof in die opgestane Here is gebonde aan ‘n historiese feit: die
leë graf. En hierdie leë graf is God se finale kritiek op die werklikheid van
die dood en elke vorm van dood wat so eie aan ons menslike bestaan is,
insluitende die dood van verhoudings en die berowing van menslike waardigheid,
byvoorbeeld die vrees vir verwerping en om sonder enige onvoorwaardelike liefde
te moet klaarkom.
Wat hier nie uit die oog verloor mag word nie,
is dat die opstanding nie maar net ‘n nuwe perspektief is nie, maar ook ‘n
historiese werklikheid; dit het konsekwensies vir die hoop. Die
opstandingsgebeure bied nie maar net ‘n verlange na die ewige lewe nie. Die
werklikheid van die opstanding is nie maar net ‘n psigologiese projeksie nie,
maar ‘n historiese openbaring van God in die skepping wat elke vorm van
dood dodelik getref het. God se openbaring in die opstanding impliseer ‘n
herskepping van die skepping – nie uit die niks nie, maar uit die dood. Jesus
het ‘n oop graf agtergelaat en het in die nuwe opstandingsliggaam aan
sy dissipels verskyn. So het Hy na die hemel opgevaar. Vir die pastotaat is die
leë graf in die tuin van Josef van Arimatea en die liggaamlikheid van Jesus se
opstanding van uiterste belang. Watter troos bied die opstanding as dit slegs
‘n eksistensiële betekenis het, naamlik as ‘n selfverstaan van die mens met die
oog op nuwe bestaansmoontlikhede (R Bultmann)? Die MIV pasiënt worstel met die
vraag: Sal ek as hierdie konkrete mens voortleef ná die dood en is dit hiérdie
liggaam wat tot stof vergaan maar wat ook weer sal opstaan? Die opstanding ís
‘n herskeppingswerklikheid. Dit voorkom dat die mens in vertwyfeling
sy hand aan eie lewe slaan, spreekwoordelik die “gifbeker” drink. Laat die
Christenmartelare ons hieraan herinner: opstandingshoop, oorwinningsgeloof –
dáárom gaan dit!
Dit is tog duidelik: Alles dui op ‘n
her-evaluering van ons fisiese bestaan. Weereens: dís die paradigmaskuif wat
moet plaasvind. Die opstanding openbaar die transformerende krag van God as ‘n
uitdrukking van die trou van God ten spyte van dood en lyding en al die
verminking wat dit al tot gevolg gehad het.
Die opstanding, as God se novum in die
skepping, God se herskeppingsdaad, behoort nie maar net tot die gebied van die
subjektiewe, in die geheue van mense nie, maar as God se nuwe daad waarin Hy
radikaal en oorwinnend met die hele skepping gehandel het. Dit het helende
implikasies vir beide die eksistensiële en historiese werklikhede van ons
bestaan. Die opstandingsgeloof is vreemd: dit hou rekening met die historiese
feit van die leë graf en die vernietiging van die dood, selfs die pandemie van
MIV – deur te bly hoop in die vaste wete dat die leë graf na sy teendeel
heenwys: die dood as die finale uitwissing van lewe.
As dit nou alles gesê is, watter implikasies
hou bevermelde opstandingshoop vir die pastoraat in? Op grond waarvan kan
die pastor die persoon wat met HIV moet saamleef, aanmoedig om te glo in die
opstanding? Op watter gronde is die eskatologiese hoop gefundeer? Die enigste
grond vir hoop is die nuwe verbond van God in die middelaarswerk van
Christus (versoeningshoop); die ryk van God wat as die nuwe skepping in
die opstanding van Christus aanbreek; die herskepping wat in Christus se
opstandingsliggaam die stoflike synswerklikheid kwalitatief bepaal, en die
toekoms van God as die voleinding van hierdie geskape werklikheid. In die
oorwinning van die opstanding is die ryk van God as nuwe, herskepte skepping
via die opgestane Christus liggaamlik as pand bemiddel en deur die
lewendmakende Gees as ‘n teenpand gewaarborg. Die oorwinning van God oor die
niks, oor angs en dood is ten diepste die enigste ware grond vir hoop. Hierdie
oorwinning, as herskeppingswerklikheid, raak die totale kosmos in sy eindigheid
en nietigheid. Paulus (Rom 8) het dit gewéét: Die skepping sug en word
reikhalsend.
Geloof in die opstanding is nié gefundeer in ons
angs oor die dood nie en die verwagting van die lewe daarna nie. Die
Christelike hoop is nié die antitese van angs nie. Ons hoop is nié gebore uit
ons angs vir die dood nie. In terme van die opstanding hoop ons ten spyte
van ons angs.
God se oorwinning oor die niksheid en ons
doodsangs is die enigste redes vir ons hoop. As verlossingswerklikheid raak
hierdie oorwinning die hele kosmos in al sy eindigheid en nietigheid. Nogeens
Paulus (Rom 8): Die skepping sug na die volle openbaarmaking hiervan: God se
trou teenoor sy beloftes, soos dit gerealiseer is in sy verlossingsdade, sy
kruis en opstanding. Kruis en opstanding in hulle wedersydse verbondenheid (nié
kousaal, waar die een outomaties op die ander volg nie) onthul die grondmotief
van die hoop: die trou van God aan sy verbond. Daarom besit die bestaan, die
geskiedenis en die kosmos ‘n bestemming, ‘n toekoms.
Kruis en opstanding bevestig die waaragtigheid
van God se trou en die waarheid van die eskatologiese oorwinning binne ons
geskape werklikheid. Die opstanding handel oor die onvoorwaardelike handhawing
van die lewe. Die lewe is ‘n pneumatologiese werklikheid (inwoning) en kan
daagliks ervaar word deur Geesbepaalde gedrag, te wete geloof, liefde en vrede.
Eie aan ‘n opstandingslewe is dat dit daagliks in die teken van danksegging en
lofprysing staan. Daar is heelheid in God se skepping en die menslike bestaan.
Die lewe is herbevestig; dit het ‘n nuwe omraming gevind. Die lewe is sterker
as die dood. Die lewe is nie noodwendig positief óf negatief nie; die lewe is werklik,
‘n lewe vol teenstellinge en paradokse, maar wat gelewe kan word deur die Gees
van die opstanding in hoop. Die opstandingsgeloof is fundamenteel vir die lewe
en die toekoms van die kerk. Dit is tog erg jammer dat die opstanding in die
geheel van die Christelike lewe en denke en teologie in die Weste nie die
skynbare rol vervul het soos dit hoort nie. Dis ‘n Westerse verleentheid (vgl.
DJ Smit 1983:8) – veral nieteenstaande die skitterende antwoord na die nut
van die opstanding in die Heidelbergse Kategismus (vraag en antwoord 45).
Die opstanding behels vir die bediening van die
pastoraat die volgende: doodsoorwinning en opstandingshoop te midde van
doodsangs. Pastoraat in lyding is bediening van die opstandingslewe. Gelowiges
moet gehelp word om die opstandingslewe na te jaag asof hulle dit kan gryp (Fil
3:12). Die doel van die pastoraat as oorwinningsorg is dat mense Christus en
die krag van sy opstanding sal ken (Fil 3:10). Die opstandingslewe is die
oorwinningsgeheim in lyding (vgl. Ef 1:19, 20). Dít is die nuwe uitgangspunt
van die teologie van die pastoraat, hierdie nuwe visie, hierdie nuwe
perspektief op alle dinge, hierdie nuwe sin, hierdie nuwe bestaansmoontlikhede.
Watter voordeel bied die opstanding van Christus
vir mense wat met MIV lewe? Deur Christus se opstanding het Hy die dood oorwin
sodat ons deelgenote kon word van sy geregtigheid. Dít is ‘n heilswerklikheid
wat die stigma-paradigma te bowe gaan. Stigma is ‘n modus van dood. Ook dít is
oorwin. Ons is dus deur hierdie opstandingskrag opgewek en bemagtig tot ‘n nuwe
lewe. Die opstanding bemagtig die MIV-postiewe persoon om ten spyte van sy
status te lewe. Die opstanding van Christus is die waarborg van God se finale
oordeel oor elke sonde. Ons nuutgevonde vryheid is om te lewe ten spyte van
watter vorm van stigmatisering dan nou ook. Die opstanding van Christus raak
ons fisiese bestaan. Christus het na sy opstanding fisies aan mense verskyn.
Die opstanding waarborg oorwinning oor die dood asook ‘n vaste hoop te midde
van angs en die dood vanweë sosiale stigmatisering. Die opstanding plaas ook
weer vertroue terug in die lewe. ‘n Nuwe hermeneutiek gaan voor ons oop: ons
kan God in elke dimensie van ons bestaan asook dié van die hele kosmos ervaar.
Tydens ons vorige bespreking (Deel 1) is na die
gevaar van ‘n theologia gloriae verwys. Dit is té opportunisties van
aard, is gesê. Die gevaar van hierdie teologiese styl van denke is daarin geleë
dat die klem op oorwinning dusdanig is dat die werklikheid van lyding en pyn
hoegenaamd nie verreken word nie. Die waarskuwing teen die gevaar van ‘n theologia
gloriae is veral van toepassing wanneer dit oor die tema hoop in lyding
handel. Die indruk wat dit alte maklik op ‘n mens laat, is dat hoop hier tot ‘n
goedkoop optimisme en oppervlakkige euforie lei. Die opstandingsperspektief
vind hier ‘n alte maklike weg uit die probleem van lyding asook die stigma wat
aan die pandemie kleef.
‘n Theologia resurrectionis, daarenteen,
moedig MIV mense juis nié aan om lyding te ignoreer nie; dit bemoedig mense in
hulle stryd en dring by hulle daarop aan om sin in hulle lyding te vind.
Opstandingshoop versterk die moed om te wees en spoor aan om die kwaad te
weerstaan. Hoop is alleen hoop in/ te midde van lyding, nie ‘n
wegvlug van lyding nie, nóg ‘n poging om dit te systap. Die harde werklikheid
van lyding bly immanente kritiek teen enige vermeende hoop wat poog om
spanning, angs, wanhoop, stigmatisering met behulp van verdedigingsmeganismes
te probeer vermy. Hoop in/te midde van lyding beteken nie
noodwendig die oorwinning uit lyding nie.
Valse triomfalisme lei maklik tot fariseïstiese
selfverheerliking en selfregverdiging sonder dat dit rekening hou met sonde en
skuld. Ware triomf is waneer ‘n mens sy skuld bely en deur die geloof (sola
fide, sola gratia) dankbaar oorwinning daaroor behaal.
In die lig van die verwerfde oorwinning is
pastorale sorg nie triomfalisme nie, nog toon dit enige teken van ‘n theologia
gloriae, wat die pynlikheid van pyn en lyding ignoreer. Oorwinning, as ‘n
eskatologiese werklikheid, verbind kruis en opstanding en spreek so die
pynlikheid van pyn binne die paradokse van die lewe aan. Die kruis roep tot
geduldige oorgawe, maar terselfdertyd tot protes; die opstanding wakker ‘n
gevoel van oorwinning aan en bemagtiging om lyding in die gesig te staar. Die
krag van die opstanding lei dus nie tot kapitulasie en passiwiteit nie. Dit kan
‘n mens selfs opstandig maak en bystaan in jou stryd teen lyding.
Hoop in die opstanding ken nie sy gelyke nie.
Dit verslaan alle magte. In lewe en in dood is dit gebonde aan die inhoud van
ons geloof: die trou van God. Die deurslaggewende beginsel in die bediening van
die pastoraat is ‘n teologiese stelling oor lewe en dood: Nie ‘waar daar lewe
is, is daar hoop’ nie, maar ‘waar daar hoop is, gedy, floreer lewe’.
Ons laaste bespreking van die MIV scenario
(Deel 3) sal meer op die praktyk gerig wees.
Dr. Dawie Oosthuysen
Ned Geref Gemeente Margate
Attending a wedding for the first time, a little
girl whispered to her mother, 'Why is the bride dressed in white?'' The
mother replied, 'Because white is the color of happiness, and today is the
happiest day of her life.' The child thought about this for a moment then
said, 'So why is the groom wearing black?'
~~~~~~~~~~
Three boys are in the school yard bragging about
their fathers. The first boy says, 'My Dad scribbles a few words on a
piece of paper, he calls it a poem, they give him $50.' The second boy
says, 'That's nothing. My Dad scribbles a few words on piece of paper, he
calls it a song, they give him $100...' The third boy says, 'I go t you
both beat. My Dad scribbles a few words on a piece of paper, he calls it
a sermon, and it takes eight people to collect all the money!'
~~~~~~~~~~~~
An elderly woman died last month. Having never
married, she requested no male pallbearers. In her handwritten
instructions for her memorial service, she wrote, 'They wouldn't take me out
while I was alive, I don't want them to take me out when I'm dead.'
~~~~~~~~~~~~
A police recruit was asked during the exam, 'What
would you do if you had to arrest your own mother?' He answered, 'Call
for backup.'
~~~~~~~~~~~~
A Sunday School teacher asked her class why Joseph
and Mary took Jesus with them to
~~~~~~~~~~~~
A Sunday school teacher was discussing the Ten
Commandments with her five and six year olds. After explaining the
commandment to 'Honor thy father and thy mother,' she asked, 'Is there a
commandment that teaches us how to treat our brothers and sisters?'
Without missing a beat, one little boy answered, 'Thou shall not kill.'
~~~~~~~~~~~~
At Sunday School they were teaching how God created
everything, including human beings. Little Johnny seemed especially
intent when they told him how Eve was created out of one of Adam's ribs.
Later in the week his mother noticed him lying down as though he were ill, and
she said, 'Johnny, what is the matter?' Little Johnny responded, 'I have
pain in my side. I think I'm going to have a wife.'
Sinodale Kommunikasie
[1] Reeds in 1985 het prof DJ Louw ‘n boek die lig laat sien, te wete: Sin
in lyding.‘n Teologiese besinning rondom kruis en opstanding. Lux Verbi.
Dié boek van prof Louw, een van my oud-dosente, nou emeritus en steeds
deeltydse dosent aan die teologiese fakulteit van die Universiteit van
Stellenbosch, het onder meer op ‘n besondere wyse my verstaanshorison rondom
die pastoraat verbreed. Daarvoor is ek hom groot dank verskuldig. Toe reeds het
hy aksente gelê wat ‘n enorme guns aan die pastoraat bewys het.
Desnieteenstaande is ek van oordeel dat bostaande pleidooi vir ‘n
paradigmaskuif, met veral die theologia resurrectionis en bygevolg ‘n
teologie van hoop op die oog, sedertdien nié genoegsaam in die pastoraat
verreken is nie. Hiervan is die MIV stigma ‘n sprekende bewys. Dit kon tot op
‘n groot hoogte van kerklike kant verhoed gewees het. Sien ook sy Cura
Vitae. Illness and the healing of life. Lux Verbi BM, 2008. Hierin word sy
vroeëre standpuntinname opnuut bepleit. Wat hier in ‘n ietwat verwerkte vorm
aangebied word, is grootliks die vrug van die jarelange navorsing van ‘n
deurwinterde kenner van die pastoraat.