Amptelike Nuusblad : NG
Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 7 - Nommer 12 - 23 April
2009 - www.ngkok.co.za/enuus
Padberade: Waar bevind gemeentes en ringe hulle?
Berei
die Geloofsgemeenskap voor vir 2010 en daarna
Geloofsvormende
reis vir predikante
Nuus
van Stéphan en Carina van der Watt - UIT Japan!
Nasionale
Oproep tot 10 DAE van Nag en Dag Gebed
Everything Changes from a Missional Perspective
Vandeesweek se OosKaap eNuus kom met
komplimente uit Graaff-Reinet waar ons padberaad hou terwyl mense elders stemme
tel laat dit bars. Die goeie nuus: Ons het die verkiesing oorleef!
Vanjaar vind die skoolverlaterskampe
weer in die winter-skoolvakansie plaas, van 28 Junie tot 5 Julie 2009.
Volledige besonderhede tesame met die
inskrywingsvorm is beskikbaar by:
www.ngkok.co.za/skollies/inskrywingsvorm.pdf
Padberade: Waar bevind gemeentes en
ringe hulle?
Ek skryf hierdie
woorde terwyl ons besig is met die derde van ses padberade met gemeentes en
ringe.
Een van die wonderlike ervarings is die
groter-wordende getal lidmaat en lidmaat-leiers - naas die predikante - wat die
padberade bywoon. Dit dra ‘n breë perspektief en groter wysheid in die
gesprekke in. Die eerlikheid is ook opvallend: die tyd is verby dat ons met
mekaar kompeteer en ‘n goeie, blikgevryfde bo-kant probeer voorhou.
Vanjaar se padberade fokus met erns op die
gemeenskappe en kontekste waarvan ons deel is. Die verskillende ringe bou
fotobeelde van hul gemeenskappe en ons luister na gemeenskapsleiers wat gesels
oor die vraag wat die gemeenskap benodig en hoe die kerk ‘n verskil kan maak.
Tematies handel die padberade oor die
oorstek van grense - watter grense ook al - in die naam van die evangelie. Die
fokusteks is Johannes 4 waar Jesus die Samaritaanse vrou ontmoet. In hierdie
gebeure steek Jesus verskeie grense oor - en natuurlik die vrou ook.
Ons hoor pragtige verhale van hoe gemeentes
nuwe energie ontvang het toe hulle oor grense beweeg het en die gemeenskap
begin bedien het. Daar is die verhaal
van Uitenhage-Noord wat die skoolterrein gaan skoonmaak het na ‘n groot
gospelkonsert op ‘n Sondag (die aanddiens is afgestel); die kategeseskool van
Sherwood wat ‘n gemeenskap-dissipelsentrum geword het; Somerstrand wat ‘n groot
donasie Xhosabybels ontvang het en die impak op lidmate wat dit begin versprei
het. Ons hoor van einste Somerstrand wat ‘n bevestiging van hul roeping ontvang
het toe hulle (na aanleiding van die nuwe Vorm A) ernstig oor die konteks begin
besin het. Kareedouw vertel hoe hul biduur vir reën ‘n nuwe gemeenskapsbewussyn
geskep het toe ‘n lidmaat mense oor grense na die biduur genooi het.
Daar is ook verhale van hooploosheid oor
vasgevalde gemeenskappe en waar die kerkleiers mismoedig voel oor die gemeente
en groter gemeenskap wat alle kreatiwiteit en behoefte na groei en vernuwing
verloor het. Die hoop is dat die Here woestyntye gebruik as voorbereiding vir ‘n
nuwe begin.
Ons is diep onder die indruk van die lyding
wat wêreldwye ekonomiese realiteite op die geïndustrialiseerde gedeelte van die
Oos-Kaap het. Dit raak veral die motorbedryf en verwante sektore. Die voortslepende
brande in die Langkloof en die nadraai van die droë somer is ook vir die landbou
in verskillende gebiede ernstige implikasies.
Tog is ons hoopvol - veral omdat die
padberade daartoe bydrae dat ons ‘n groeiende vriendekring van roepingsgedrewe
gelowiges word.
Berei die Geloofsgemeenskap voor vir
2010 en daarna
Die SA Teologiese
Seminarium bied ‘n besondere opleidingskursus gedurende Junie aan om gemeentes
en gemeenskappe voor te berei vir die uitdaging van 2010-evangelisasie. Klik
hier vir die volgende dokumente:
2. Program,
en
Dit sal baie goed
wees as ringe elk ‘n verteenwoordiger na hierdie opleiding kan stuur.
Geloofsvormende reis vir predikante
‘n Besondere
geloofsvormende reis vir predikante is onlangs in breë trekke ontwerp. Gys van
Schoor van Durbanville-Moedergemeente en Deon Loots van Somerstrand neem die
leiding. Die reis strek oor drie jaar. Die eerste jaar handel oor die
ontwikkeling van ‘n gesonde spiritualiteit. Die briljante materiaal van Peter
Scazzero oor gesonde spiritualiteit en Deon Loots se ewe briljante dissipelskapretraite
word onder andere benut. Die tweede jaar neem die reis nog dieper, en die derde
jaar fokus op geloofsvormende gewoontes.
Die beplanning is dat hierdie geloofsreis
ook in die Oos-Kaap aangebied sal word.
Sodra meer logistieke inligting beskikbaar
is, deel ek dit met julle.
Die
Cedarberg konferensie vir plattelandse gemeentes vind weer vanjaar in Citrusdal
plaas. Die plaaslike gemeentes van die VGK en NGK bied die konferensie in
samewerking met Communitas aan. Soos verlede jaar sal die konferensie fokus op
bediening in die platteland. Die tema is: God is ons hoop!
Sprekers en werkswinkel-aanbieders met ervaring van
plattelandse bediening deel hulle insigte.
Die fokus is nie net gemeenteleiers nie,
maar alle lidmate wat graag betrokke wil raak in die Koninkryk! Verlede jaar
was konferensiegangers entoesiasties oor die nuwe energie wat hulle ontvang het
vir hulle bediening in die gesellige atmosfeer en gasvryheid van die Citrusdal!
Indien u meer inligting verlang oor die program en werkswinkels wat aangebied
gaan word kan u gerus vir Johan Witbooi (VGK Citrusdal) kontak by 022-9212602 /
083 629 5067 of vir Danielle van Zyl (NGK Citrusdal) kontak by 022-921 2300 of 083 261 7650. Ons sien uit daarna om u te ontvang in
die Goue Vallei!
Nuus van Stéphan en Carina van der Watt
- UIT Japan!
Net ‘n kort briefie
om te laat weet hoe ons aankoms in Japan verloop...
‘n Besonder
gasvrye ontvangs!
Na ‘n uitputtende
vlug (wat Woensdag-oggend 8 April uit Kaapstad vertrek het), het ons verlede
Vrydag middagtyd veilig hier in Tokushima (op die eiland Shikoku) aangekom. ‘n
Klein groepie gemeentelede het ons baie hartlik ontvang nadat 3 van hulle ons
by die lughawe in Osaka opgelaai het. Daar is ons ook verras die Greeff-familie
(sendeling onderwysers in dié stad) wat ons spesiaal kom verwelkom het.
Ons eerste treë in Japan op Goeie Vrydag was veral betekenisvol, en ‘n
hoogtepunt tot dusver was beslis die nagmaalsviering op Paas-Sondag saam met
ons nuwe Christen-familie hier. Almal wat die erediens bygewoon het, het ons
met warmte omarm en ons behoorlik tuis laat voel deur lekker saam te eet, sing
en kuier ná die tyd!
Daar is natuurlik
baie dinge wat opvallend anders is in Japan, en wat ek graag sal wil beskryf
sodat jy ook ons leefwêreld beter kan verstaan...ongelukkig ontbreek die tyd om
dit nou te doen, maar ek sal beslis in die volgende paar nuusbriewe moeite maak
om dit wat ek reeds aangeteken het, te omskryf.
Bevestig om te
dien in Shikoku
Vroeër dié week was
ons deel van ‘n vergadering van die ringsgemeentes van Shikoku. ‘n Deel van die
vergadering was my amptelike bevestiging as sendeling-predikant in die ring van
Shikoku (hier is 19 gemeentes en sendingposte). Ons (ek, Carina en Annlie) is
baie dankbaar en voel klein voor hierdie groot roeping. Gedurende die volgende
twee jaar is ons as gesin se eerste taak om Japannees so goed as moontlik aan
te leer terwyl ons die kultuur en kerk-omgewing in die ring terselfdertyd leer
ken. Die bou van verhoudinge met plaaslike kerkleiers is daarom ook baie
belangrik. Ná twee jaar sal die RCJ ons evalueer en besluit oor ons uitplasing
na ‘n spesifieke gemeente.
Ons nuwe tuiste
en wat voorlê
Verder, met die
intrekproses in ons nuwe huis gaan alles baie goed. Dinsdag het ons vraghouer
met goedere veilig en stiptelik (tipies Japan) aangeland, en kon ons begin
uitpak. Dit gaan nog ‘n tydjie neem want ons is ook nog besig om te herstel van
die lang reis en die aanpassing van ons liggame by die tydsone van Japan (7 ure
voor SA). Ons is baie bevoorreg om intussen by Carina se ouers te kan
woon...dit maak die aanpassing baie makliker! Ons was ook totaal oorweldig deur
die wyse waarop Tokushima gemeente ons huis vir ons gereed gemaak het: baie
veranderings binne die huis is spesiaal vir ons aangebring, wat dit wonderlik
leef-vriendelik maak. Hulle is ook nog besig om ons internet verbindings ens.
aan te lê, wees daarom maar asb. geduldig as ons nie dadelik kan reageer nie.
Nog heelwat ander adminstratiewe en praktiese sake sal binne die volgende week
of twee hanteer word.
Gisteraand het ek en
Carina saam met haar ouers en ‘n paar gemeentelede ‘n baie verrykende
(weeklikse) Bybelstudie geleentheid bygewoon (al kon ons nie alles verstaan
nie). Tydens die naweek wat voorlê gaan ons o.a. na Kochi om daar ‘n mini-reünie
van die Japanese toergroep wat onlangs in SA was, by te woon. Volgende week
begin ons taalstudie program amptelik saam met ons onderwyser, en volgende
Sondag kry ek die eerste keer geleentheid om te preek en my roepingsverhaal te
deel (via pa Tobie as tolk) hier in Tokushima gemeente…die wiele is aan die
rol!
’n Paar
foto’s en ‘n reënboog
* Om ‘n paar foto’s van ons verwelkoming by
die RCJ Tokushima te sien, kliek hier: http://www6.ocn.ne.jp/~nkktk/photo_e.htm
* Lees gerus ook hieronder
‘n baie besondere stukkie wat pa Tobie geskryf het oor die simboliek van die
reënboog vir ons en Missie Japan.
Bid asb. saam
met ons deur...
* Dankie te sê vir alle praktiese reëlings wat
tot dusver in plek is vir ons vestiging, en die gasvrye en warm ontvangs van
ons mede-Christene hier.
* Dankie te sê vir ons ongebore baba (nou 32
weke) en vra vir krag vir Carina in die swangerskap.
* Vir ons, sowel as Gys en Linda Olivier
(sendeling-onderwysers van Missie Japan), se aanpassing in Japan.
* Vra vir volharding en dissipline in die
taalstudie wat nou amptelik hier begin.
* Vra vir ondersteuning deur gemeentes en
individue wat nog hul betrokkenheid oorweeg.
Baie dankie dat
jy vir Missie Japan by die Here intree!
Vrede
Stéphan en Carina
Nasionale Oproep tot 10 DAE van Nag en Dag
Gebed
21-30
Mei 2009
Ons nooi
die plaaslike kerk en gemeenskappe uit om saam met miljoene Christene regoor
die wêreld vir 10 Dae ononderbroke deur gebed en intersessie vir die geestelike
transformasie van ons gemeenskappe, stede en nasies in te tree. Gedurende
hierdie tien dae van 24/7 gebed, fokus ons daarop om ons voor God te
verootmoedig, ons lewens en gemeenskappe aan God toe te wy en Sy Woord en plan
ons stede en nasies te verklaar. Gelowiges sal in allerhande plekke en huise op
verskillende tye van die dag bymekaarkom en op verskeie maniere 24/7 saam bid.
Nadat
hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is
almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die Woord van God
verkondig.”
(Hand
4:31)
Hierdie
tydperk van volgehoue gebed vanaf Hemelvaart (21e) sal afgesluit word met
'n dag van gebed en verootmoediging op die Wêrelddag van Gebed 31 Mei
2009.
Die 10 Dae Gebedsgids verskaf gebedspunte en inligting vir elke
dag tot en met Pinkster Sondag. Kopieë van al die vertalings van die 10 Dae
Gebedsgids is beskikbaar by die webblad http://www.globaldayofprayer.com/10days.php of skakel (+27 21) 856 3130 vir meer inligting.
Gebedsmateriaal
en riglyne vir die opstel van 'n gebedskamer, asook mobilisering van mense
vir 24/7 gebed, is beskikbaar by www.jwipn.com
of www.globaldayofprayer.com
of e-pos info@global24-7.org
of skakel +27(0)12 365 3213.
Indien jy
besluit om deel te neem aan hierdie inisiatief, registreer asseblief
deur die registrasievorm te voltooi en te antwoord op hierdie e-pos of deur
dit te faks na +27(0)12 365 3214 of
kliek
op http://www.jwipn.com/register.asp
en registreer jou gebedswag elektronies.
Jericho Walls
International
Private Bag X22
Lynnwood Ridge
0040
South Africa
10 Dae van 24-uur Gebed
Registrasie
21-30 Mei 2009
|
Title/Titel |
|
|||
|
Name/Naam |
|
Surname/Van |
|
|
|
Church/Gemeente |
|
|||
|
Area/Streek |
|
Fraternal |
|
|
|
Postal Address/Posadres |
|
|||
|
|
|
|||
|
|
Postal Code/Poskode |
|
||
|
Tel(h) |
|
Tel(w) |
|
|
|
Fax/Faks |
|
Cell/Selfoon |
|
|
|
E-mail Address/E-pos adres |
|
|||
|
Town/Dorp |
|
|||
|
Province/Provinsie |
|
|||
Tydskriftemaatskappy,
'n divisie van Bybel-Media, wag
aansoeke in vir die pos van Redakteur: Kerkbode, amptelike koerant van die NG Kerk. Dit is 'n voltydse betrekking wat op Wellington setel. Tyd kan wel
gedeel word met Bybel-Media (bv
boekeredakteur) en verwante kommunikasiefunksies vir die Algemene Sinode.
Die posbekleër sal
Oor deeglike en bewese joernalistieke en taal- en skryfvaardighede beskik,
ten einde die werk saam met die redaksie te kan doen, nl om:
* die koerant ’n spieël van en
vir die kerk se lidmate te laat wees
* die kerk met amptelike
standpunte (in noue samewerking met die
algemene sekretaris van die Algemene Sinode), inligting,
debatte/gesprekke en verhale van mense te bedien
* elke uitgawe te beplan
* artikels (oa hoofartikels) te
skryf
* skrywers en kopie te reël
* kopie te redigeer
* bladproewe te proeflees.
Die posbekleër
moet
* teologies vaardig wees, asook
ingelig oor die ekonomie, politiek, maatskaplike sake, ens
* die kerk verstaan en met die
verskillende vertakkings/denkrigtings binne die kerk op 'n wyse kan werk dat hulle voel hulle hoort bymekaar
* oor goeie kennis en begrip
van die kerklike strukture en prosedures beskik, en lojaal daarteenoor wees
* kreatief wees en innoverend
kan dink
* 'n ekumeniese bewussyn hê
* 'n aktiewe plan hê om die
koerant nasionaal aanvaarbaar en verteenwoordigend te maak
* 'n goeie spanspeler wees met
uitstekende menseverhoudings en redaksionele bestuur
* bereid wees om ontbrekende
vaardighede te bekom deur formele opleiding, bv 'n kortkursus in InDesign
* bereid wees om
persoonlikheidsevaluering en 'n vaardigheidstoets
gedurende die keuringsproses te ondergaan.
Die posbekleër hoef
nie noodwendig 'n gelegitimeerde van die kerk te wees nie, en moet verkieslik
nie later nie as 1 Julie 2009 diens aanvaar.
Rig aansoeke, tesame
met 'n bondige CV en dekkingsbrief waarin u aantoon hoe u aan die bostaande vereistes voldoen, nie later nie as 16:00
op 13 Mei 2009 in elektroniese formaat per e-pos aan: pieter@bmedia.co.za. Navrae kan
per e-pos gerig word aan alvr@bmedia.co.za.
A little
girl is saying her prayers one evening.....
She prays:
thanks Jesus for the food we eat
The mother
says: what about your mom and dad
She prays:
Jesus thank for the food we eat, and mom and dad
Her mother
says: what about your brother and sister
She prays:
Jesus thank you for the food we eat, mom and dad and my brother and sister
Her mother
says what about the clothes you wear?
She says:
J e s u s p l e a s e ho l d o n , m y m o m w a n t s
t o s p e a k t o y o u .................
Everything Changes from a Missional Perspective
Dave Dunbar (www.biblical.edu) skryf:
A few years ago I participated in a colloquium of
missional church leaders. One of the participants made a striking comment:
"When I look at things from a missional perspective, everything
changes!"
In this
issue of the Journal I want to focus on the first of four
"convictions" affirmed by the faculty and board of Biblical Seminary.
It is a conviction we think changes seminary education.
The Missional
Character of the Christian Church
We
believe the life and witness of the church should be thoroughly shaped by its
participation in the mission of God to reconcile the world to himself in Jesus
Christ, and by the call of Jesus to be the people of God sent into the world to
proclaim and live out the gospel.[i]
Perhaps the
first observation to be made is that a statement about mission is not usually
the first point mentioned when seminary teachers present their theological
convictions. The reason is that for centuries mission simply has not been
central to the teaching and research that most theologians do.
I began my
seminary teaching career at Trinity Evangelical Divinity School near Chicago.
Trinity was (and is) a large institution offering multiple degrees from a
number of departments. I was part of the theology and biblical studies faculty.
Most of us were housed in a suite of offices separate from the "practical
theology" faculty which included those who taught missions and
evangelism.
Faculty in
my area tended to view themselves as the "heart" of the academic
program; the other areas were peripheral. After all, we did the heavy work of
exegesis, interpretation, and theological reflection. The "practical"
folks just had to apply the stuff we figured out! Of course, we never
quite articulated these opinions, but we held them...or perhaps I should leave
my colleagues out of this and just say that I held these views.
One of my
friends who taught in the missions area would occasionally challenge my stance.
"Shouldn't we give a more central place to missions?" he would ask.
"How can we teach systematic theology without focusing on the sending of
the church into the world?" In one way the answer was simple: We didn't
because our predecessors didn't! The tradition of Protestant theological
studies since the 16th century worked from the assumptions of Christendom--Europe
needed reformation not "missioning." So it was not surprising that
the great leaders of the Lutheran and Reformed traditions had little to say
about mission, or that this gap can still be found in theological education.
Nevertheless,
the questions bothered me. I didn't know what to do with the questions at the
time, but my friend had a point. It did seem like the Great Commission had become the
Great Omission for biblical and theological studies.
Not long
before I left Trinity to move to Biblical, I visited with
missiologist-theologian Harvie Conn and talked about his then recently
published Eternal Word and Changing World. Here was a Reformed
theologian and professor from one of my alma maters who was also pressing the
questions that mission raises for theology. Conn believed that the Reformed
tradition for many had become fossilized. In their view "the
Reformation is completed, and we in the West wait for the churches of the Third
World to accept as their statements of faith those shaped in a corpus
Christianum by a Western church three centuries ago." Furthermore,
systematic theology must be seen as a compilation of the Western history of
dogma, "and that history, in the process of compilation, has lost its
missiological thrust."[ii]
Much of
Conn's work made sense to me, but I was not sure where to go with it. However,
the seed had been planted in my mind for a new direction. When I encountered
the missional church movement years later it made sense. Here I found
missiologists, theologians, and biblical scholars in constructive conversation
around the question, "What does it mean to say that the church is God's
missionary people?"
This
subsequently became a major point of discussion within the faculty and board of
Biblical Seminary. We have reshaped our teaching and curricula because we are
convinced that mission is the most important question (or set of questions)
facing the church in North America today.
Now if these
ideas are new to you, I suspect you may be thinking, "So what's the big
deal? Hasn't the church always been concerned for missions? Surely focusing on
mission would not change our understanding of theology or how we view the
church?" This is where I started myself, so it seems quite reasonable that
you may feel the same way.
But in
reality the church in the West has not always been concerned for
missions, or for The Mission. In fact when we focus on The Mission
our perspective on many things changes. Let me give some illustrations:
1. Theology
A theology focused on mission begins with the
character of God. As our conviction statement reads, "While the love shared by Father,
Son, and Holy Spirit from all eternity past precludes any divine need, it is in
God's nature to desire to extend this love and the fellowship it fosters to
others." It is this desire to extend his love that
motivates both creation and redemption.
What is
crucial here is that mission is not first and foremost a job
description for the church, but a reference to what God is up to in the
world--God is on a mission! So the Father sends the Son, and subsequently both
send the Spirit to empower Jesus' disciples to join in the world-wide mission.
The church is sent into a harvest that God has already initiated.
The critical
point here is that mission is not an after-thought in the divine agenda, and so
it cannot be an after-thought in the church's agenda. It is not something we
try to get to once we are finished with the real business of "doing
church." As someone cleverly put it, "God's church does not have a mission in the world;
rather, God's mission has a church in the world!" Think
about it--there are far-reaching implications to this. So we say this in our
convictions statement, "...the mission of God should constitute the unifying
motif of theological education."
2. Church
Our statement also says, "The life and witness of the
church should be thoroughly shaped by its participation in the mission of
God...." It "should be" but it usually
is not. Rather, our churches are largely shaped by the assumptions of
Christendom, namely that we live in a "Christian" nation, that the
majority of people around us understand the basics of the Christian faith and
are favorably disposed toward the message, and that if we provide church
programs of sufficient number and quality they will come. The result is that
most of our churches spend the majority of their time, energy, and money on
activities that take place within the walls of their buildings.
A missional
approach to the church reminds us that God is already at work outside the
building. It emphasizes that the kingdom is larger than the church and it
invites us to look outside the walls and ask: How we can join God in his
mission? This question leads to others: How much of the annual budget should we
spend on ourselves? How much time should church members invest in-house? How
would a change in the posture of our churches affect the kinds of staff we hire
or the job descriptions of church leaders?
As you can
see, thinking about God as a missionary God and the church as a missionary
people is challenging and uncomfortable. Does this mean that everything
changes? Well, no, not everything. Scholars often exaggerate to make a
point right? But note well--there is a point to be made. The church in North
America is in trouble and our current efforts to reach our culture seem less
and less effective. There
is much that needs to change!
Daan van Wyk van die Dowe-bediening stuur hierdie. Ek plaas dit op sy
verantwoordelikheid…
NICKNAMES
* If Laura, Kate and Sarah go out for lunch, they will call each other
Laura, Kate and Sarah.
* If Mike, Dave and John go out, they will affectionately refer to each
other as Fat Boy, Godzilla and Four-eyes.
EATING OUT
* When the bill arrives, Mike, Dave and John will each throw in $20,
even though it's only for $32.50. None of them will have anything smaller and
none will actually admit they want change back.
* When the girls get their bill, out come the pocket calculators.
MONEY
* A man will pay $2 for a $1 item he needs.
* A woman will pay $1 for a $2 item that she doesn't need but it's on
sale.
BATHROOMS
* A man has seven items in his bathroom: toothbrush and toothpaste,
shaving cream, razor, a bar of soap, deodorant and a towel .
* The average number of items in the typical woman's bathroom is 337. A
man would not be able to identify more than 20 of these items.
ARGUMENTS
* A woman has the last word in any argument.
* Anything a man says after that is the beginning of a new argument.
FUTURE
* A woman worries about the future until she gets a husband.
* A man never worries about the future until he gets a wife.
SUCCESS
* A successful man is one who makes more money than his wife can spend.
* A successful woman is one who can find such a man.
MARRIAGE
* A woman marries a man expecting he will change, but he doesn't.
* A man marries a woman expecting that she won't change, but she does.
DRESSING UP
* A woman will dress up to go shopping, water the plants, empty the
trash, answer the phone, read a book, and get the mail.
* A man will dress up for weddings and funerals.
NATURAL
* Men wake up as good-looking as they went to bed.
* Women somehow deteriorate during the night.
OFFSPRING
* Ah, children. A woman knows all about her children. She knows about
dentist appointments and romances, best friends, favorite foods, secret fears
and hopes and dreams.
* A man is vaguely aware of some short people living in the house.
THOUGHT FOR THE DAY
A married man should forget his mistakes. There's no use in two people remembering
the same thing!
Mildred, the church gossip, and
self-appointed monitor of the church's morals, kept sticking her nose in to
other people's business. Several members did not approve of her extra curricular
activities, but feared her enough to maintain their silence.
She made a mistake, however, when
she accused George, a new member, of being an alcoholic after she saw his old
pickup parked in front of the town's only bar one afternoon. She emphatically
told George (and several others) that everyone seeing it there would know what
he was doing.
George, a man of few words,
stared at her for a moment and just turned and walked away. He didn't explain,
defend, or deny... he said nothing.
Later that evening, George
quietly parked his pickup in front of Mildred's house... walked home... and
left it there all night.
Sinodale Kommunikasie