Amptelike Nuusblad : NG
Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 7 - Nommer 11 - 16 April
2009 - www.ngkok.co.za/enuus
Dit gaan
nie oor sokker nie. Dit gaan oor ‘n voertuig vir die skeppende krag van die
evangelie
SK-Dagbestuur
neem afskeid van Willie van Zyl
Pinkster
2009: “Opreg en Bereidwillig” - Nagedink oor Calvyn en die Heilige Gees
Pinkster-voorbereidingsretraite met Coenie Burger
en Dirkie Smit
Om in die vreemde oor Belhar te leer
Cambridge-Gemeente (Oos-Londen) dien met voedingskema en
nasorgsentrum
Ontdekking
van nuwe maniere om kerk te wees in stedelike kontekste
Luisterseisoen
bied bruikbare materiaal
Verklaring van die 11de Konventus van Reformerede Kerke in
Suidelike Afrika
Verklaring van die Konventus oor die komende algemene
verkiesing
Waarvoor
ons in Pase 2009 kan bid
Esti
van Rooyen se nuwe musiekvideo
Susan
Boyle se droom: Never judge a book by its cover
Kerke, Kanale van Hoop fasiliteerder opleiding in
Julie vakansie te Wellington
Gary en Rhona Kieswetter tree in PE-Hoogland op : 2 Mei
2009
Seën
die Volkere-Konferensie: 26-28 Junie 2009
Benodig
jou gemeente ‘n Yamaha-orrel?
Bybel-Media – jóú bedieningsvennoot
Goeie nuus oor klein
Laraine Botha
Kettingbrief vir perfekte dominee...
Dit
gaan nie oor sokker nie. Dit gaan oor ‘n voertuig vir die skeppende krag van
die evangelie
Die SK-Dagbestuur het
op 16 April ‘n baie sinvolle gesprek oor die 2010-sokkerwêreldbeker gevoer.
2010 skep ‘n besondere geleentheid vir gemeentes om met die evangelie uit te
reik. Hierdie geleentheid bestaan in alle gemeenskappe (klein- en groot dorpe,
stede), omdat sokker aanhang in gemeenskappe geniet en as voertuig gebruik kan
word om ‘n impak op die gemeenskap, en veral jongmense te maak. Dink aan misdaad, geweld, die gesinslewe
e.s.m. Proefprojekte toon aan hoe maklik
jongmense rondom ‘n sokkerbal bymekaargebring word, wat ‘n geleentheid skep om
hulle, en hul gemeenskappe, op ‘n toepaslike manier met die evangelie te
bereik.
Gemeentes word daarom genooi om praktiese
planne te maak om die Wêreldbeker te benut as geleentheid om die krag van die
evangelie te beleef.
Die Oos-Kaapse Beplanningskomitee (met die
naam TUG, uitgespreek: tuck, wat
staan vir The Ultimate Goal) gaan ‘n
strategie ontwikkel wat deur die volle Sinodale Kommissie goedgekeur sal word
vir voorlegging aan gemeentes as ‘n geleentheid om sinvol en prakties deel te
neem aan 2010-evangelisering. Ringe, gemeentes en kerkrade kan dan oorweeg om
deel te neem, en hoe hulle die strategie konkreet wil toepas.
Die SK-Dagbestuur se volledige besluit lui
as volg:
1. Die
TUG-projek word as ‘n eenmalige, unieke, landswye en interkerklike evangelisasie-aksie aanvaar en die NG Kerk in
Oos-Kaapland gee sy samewerking daarmee.
2. Die
Oos-Kaapse TUG-bestuur beplan ‘n strategie, wat aan die Sinodale Kommissie
voorgelê sal word, ten einde alle Oos-Kaapse NG Gemeentes te begelei om
betrokke te wees in plaaslike TUG-Gemeenskapskomitees en -projekte.
3. Die
Kantoor van die Direkteur Begeleiding sal as kommunikasiekanaal met die
Oos-Kaaplandse gemeentes optree.
4. Die
aanstelling van dr Mike Muller as sekretaris van beide die Oos-Kaapse
TUG-komitee en SASCOL word verwelkom en hy word daarmee gelukgewens. Die SK verleen alle moontlike bystand en
ondersteuning aan die Oos-Kaaplandse TUG-komitee.
5. Die
SK moedig plaaslike gemeentes en ringe aan om by die plaaslike TUG-komitees en
-projekte betrokke te raak.
SK-Dagbestuur neem afskeid van Willie
van Zyl
Ds Willie van Zyl,
aktuarius van die NG Kerk in Oos-Kaapland, het ‘n beroep na die NGK Greytown
aangeneem. Hy verlaat dus die sinodale gebied.
Willie sien homself as ‘n brugpredikant, en
het reeds hierdie funksie by die NGK Maclear verrig. Hy gaan dus nou hierdie
roeping in sy nuwe werkkring uitleef, en verlaat ons voor die einde van April.
Tydens sy vergadering op 16 April 2009 het
die SK-Dagbestuur van Willie afskeid geneem. Ds Hansie Schutte het hom gehuldig
as ‘n toegewyde en vernuwende leraar wat ‘n groot invloed in die Oos-Kaap
uitgeoefen het, Die sinode se beste wense vergesel Willie en Emmerentia op hul
lewenspad vorentoe.
Ds Hansie Schutte is aangewys as
waarnemende aktuarius in die plek van ds Van Zyl.
Pinkster 2009: “Opreg en Bereidwillig”
- Nagedink oor Calvyn en die Heilige Gees
Die Pinkstertema van die NG Kerk se pinkstergids vir
2009 is “OPREG EN BEREIDWILLIG”:
NAGEDINK OOR CALVYN EN DIE HEILIGE GEES.
Hieroor skryf dr Gideon van der Watt, namens die opstellers:
Die bedoeling is dat ons in
hierdie 500ste herdenkingsjaar van Calvyn se geboorte saam met ander
Gereformeerde kerke oor die wêreld heen opnuut sal nadink oor Calvyn as die
teoloog wat hom by uitnemendheid besig gehou het met nadenke oor die werk van
die Heilige Gees. Dit is deur die Heilige Gees wat ons, so het Calvyn dit as sy
slagspreuk verwoord, “opreg en
bereidwillig” gemaak word in ons roeping in die wêreld.
Calvyn dink oor die Heilige
Gees natuurlik vanuit die belydenis oor die Drie-eenheid. Hy was baie bang dat
die Drie-eenheid op enige manier as drie heel afsonderlike persone verstaan sou
word. Vir hom was die Heilige Gees eerder die krag van God, en dus die handelende God self. Die Heilige Gees wat
in ons kom woon het, is tegelyk die Gees van God en die Gees van Christus (Rom
8:9). Alles wat die Vader en Seun doen, in die skepping, die herskepping en die
voleinding, word toegepas en werklikheid gemaak deur die werk van die Gees. Die
werk van die Gees gaan dus veel verder as net die bemiddeling en toeëiening van
die heil in die individu. Die Gees het ook ‘n kosmiese werking, in die skepping
en herskepping, in die natuur en kultuur, die politiek en die geskiedenis.
Daarom handel die grootste deel van Calvyn se teologiese besinning oor die werk
van die Heilige Gees.
Die reeks is geborg deur Christelike
Lektuurfonds. Die volledige dokument is in Afrikaans en Engels beskikbaar vanaf
21 April 2009. Dit sal op ons webblad beskikbaar wees. Intussen kan julle hier
klik vir ‘n opsomming van die reeks.
Pinkster-voorbereidingsretraite
met Coenie Burger en Dirkie Smit
Communitas laat weet:
In aansluiting by die Calvyn
500-vierings (Calvyn is in 1509 gebore) gaan vanjaar se Pinksterreeks fokus op
hoe Calvyn vir ons die Bybelse getuienis oor die werk van die Gees verduidelik
en ontvou het.
Die Vrystaatse kerk, onder
leiding van Gideon van der Watt, is verantwoordelik vir die opstel van die
reeks. Hulle het reeds tien temas gekies waaroor daar studies uitgewerk
sal word en wat - so hoop ons - eersdaags beskikbaar gemaak sal word.
Communitas het besluit om weer vanjaar - soos verlede
jaar - `n driedaagse pinkstervoorbereidingsretreat te reël. Die gedagte
is dat ons vir die drie dae byeenkom op Stellenbosch en saam praat, bid en
verder voorberei aan die boodskappe. Coenie Burger en Dirkie Smit sal deel wees
van die sessie en insette oor die temas maak.
Ons begin Dinsdag 5 Mei om
10:00 en maak klaar op Donderdag 7 Mei om 13:00. Die kursus is deel
van die VBO-aanbod en dieselfde reëlings geld hier as wat geld vir ander
VBO-kursusse.
Kontak vir Coenie by cwbu@sun.ac.za of vir Chrisna by cmer@sun.ac.za of skakel 021 808 3624
vir meer inligting. Die inskrywingsvorm is beskikbaar by www.communitas.co.za .
Om in die
vreemde oor Belhar te leer
Hierdie artikel, deur J
Leslie van Rooi, is in Burger van 11 April 2009 gepubliseer:
Al byna 27 jaar is die Belydenis van Belhar
deel van die storie van die familie van NG Kerke.
Al byna 27 jaar is hierdie belydenis, komende
uit die hart van die kerk in Suider-Afrika, deel van die teologiese opbou van
veral die voormalige NG Sendingkerk en die Verenigende Gereformeerde Kerk in
Suider-Afrika (VGKSA).
Al byna 27 jaar word hierdie belydenis ervaar
as ’n onversoenbare realiteit in stryd met Gereformeerde leer, as ’n politiese
dokument gebou op onbybelse beginsels, as ’n dokument wat steeds die familie
van NG Kerke daarvan weerhou om struktureel één te word.
Debatte rondom die struktuur, inhoud en plek
van die belydenis binne ’n verenigde kerk word oor die jare gevoer – soms met
baie negatiewe uitvloeisels. Die kerklike kalender van 2008 het ons in hierdie
verband weer nie teleurgestel nie.
Om hierdie en ander rede’s was dit absoluut
verfrissend om in November verlede jaar in Nederland in gesprek te tree met ’n
groep jong teoloë wat saam gesels het oor hierdie juiste belydenis. Die
diskoers van hierdie gesprek was in skrille kontras met ván die gesprekke oor
Belhar soos wat dit uitspeel in die konteks van Suid-Afrika. Veral hierdie jong
teoloë se kennis oor die geskiedenis en inhoud van Belhar asook hul kennis van
die verhoudinge binne die familie van NG Kerke ver weg aan die suidelike punt
van Afrika het my opgeval.
Hierdie teoloë kon net sowel sonder my
vergader het. Maar hulle wou graag die stem van ’n jong Suid-Afrikaanse teoloog
hoor. Hulle het my dus genooi om deel te hê aan ’n gesprek wat my uitkyk op
veral die plek van ’n Belydenis binne die Gereformeerde kerklike tradisie
verander het.
Terwyl ek besig was om die laaste dokumentasie
rondom die ontstaan en die inhoud van Belhar te versamel – ek kon darem nie met
leë hande na die gesprek gaan nie – wonder ek wat ek gaan sê as hulle my oor
Belhar uitvra. My gedagtes dwaal deur sinodale besluite en koerantberigte en
die menigte briewe oor Belhar soos dit gereeld in die koerante tuis verskyn.
Ek wonder hoe hulle sal reageer op die inhoud
en ontstaansgeskiedenis van Belhar. Ek wonder by myself of dit in elk geval vir
hierdie teoloë moontlik is om werklik die hartklop van Belhar ten volle te
verstaan.
Met al hierdie vrae in my gemoed stap ek die
gang af na die lokaal waar ons sou vergader.
Almal sit gereed met die belydenis voor hulle:
jong en opkomende teoloë van Mianmar, Indië, Japan, Zambië en Nederland. Vir
die meeste van die teoloë uit Asië en Afrika is dit die eerste keer dat hulle
in ’n Europese konteks byeen is. Die vreemdheid daarvan blyk uit die
gebrokenheid van hul taal.
Vir die Nederlanders is dit die eerste keer
dat hulle binne so ’n multikulturele konteks saam dink oor ’n Gereformeerde
belydenis vanuit ’n Afrika-konteks. Die vreemdheid hiervan wys in die
gebrokenheid van hul teologiese formulerings wat skielik nie meer so “reg”
oorkom in ’n tweede taal nie.
Een vir een vertel die teoloë wat hulle in
Belhar lees en wat hulle deur die belydenis raaksien in hul konteks. Hulle
vertel van die vele uitdagings in hul kontekste en hoe die kerk nie altyd weet
wat om te sê en waar om te staan nie. Hul verhale wissel van menseregtevergrype
tot kulturele skeidingspraktyke; van die heersende ekonomiese krisis en die
impak daarvan op elke mens tot die “lot” van homoseksuele mense en wat nou
eintlik die posisie van die kerk rakende homoseksualiteit behoort te wees; van
die uitdagings van ’n toenemende multikulturele konteks tot die eenheid van die
kerk en sy getuienis.
Uit die gesprekke is dit duidelik dat hierdie
groep jong teoloë hul konteks baie ernstig opneem en dat hulle, deur middel van
die beoefening van goeie teologie, ’n verskil in hul land van herkoms wil maak.
Eensklaps besef ek dat hierdie duidelike
(her)interpretasie van hul konteks(te) egter nie as vanselfsprekend aanvaar
moet word nie. Dit vind nie sommer net plaas nie. Ek besef die storie van
Belhar en die konteks van die kerk in Suider-Afrika – en spesifiek die kerk se
stryd teen apartheid – was juis die katalisator wat hierdie teoloë laat vra na
die belang en plek van teologie in hul spesifieke kontekste.
Skielik begin die teoloë een vir een sê wat
hulle opval van die belydenis voor hulle. Dit is asof Belhar lewe begin kry op
’n vars manier. Nee, nog meer, dit is asof die belydenis lewe begin blaas in
die teologiese raamwerk van dié verteenwoordig. Veral vir my.
Die teoloë hoor die oproep tot eenheid, die
pleidooi vir versoening en die mandaat vir geregtigheid waartoe Belhar elkeen
oproep – elkeen op ’n besonderse manier. Dit is asof hierdie dokument voor
hulle skielik rigting gee binne kontekste van onsekerheid. Ek staan verstom en
sonder woorde.
Die Zambiërs praat met trots oor die feit dat
hierdie belydenis uit Afrika kom en interpreteer dit aan die hand van hul
siening oor die rol van die kerk in die konteks van Zambië. Ook die xenofobiese
aanvalle op Zambiërs deur Suid-Afrikaners en die lot van duisende Zimbabwiërs
in Zambië word bespreek. En Belhar praat van eenheid.
Die teoloog uit Mianmar vertel van die plek
van die kerk binne ’n Boeddhistiese konteks en hoe hy en sy familie daagliks
marginalisering op verskillende maniere ervaar omdat hulle hul geloof uitleef.
Hy hoor hoe Belhar praat oor geregtigheid.
Die studente uit Indië vertel van die
ekonomiese uitdagings in Indië en die kulturele praktyke wat sommige insluit en
andere uitsluit. Hul belewenisse in Nagaland (Noord-Indië) gryp ons almal aan
en laat dink ons saam oor die waarde en plek van Bybelse versoening – die
versoening waarvan Belhar getuig.
Die Nederlanders vertel van die uitdagings
rondom integrasie en hul ervarings binne ’n konteks van groeiende
multikulturaliteit in Nederland. Die rol en die plek van die kerk binne ’n
sekulêre konteks word in diepte bespreek. Saam dink ons aan die implikasies van
die eeue oue belydenis dat Christus die Heer is en wat dit impliseer.
Die bespreking lei ons verder tot kritiese
vrae rondom die karakter en opbou van Belhar en in watter mate die belydenis
“deel” kan wees van kerklike konteks(te) in Wes-Europa. Ons hoor van navorsing
oor die ontvangs van Belhar binne die Protestante Kerk in Nederland. Hierna
volg ’n waardevolle bespreking oor die rol en plek van belydenisse binne die
gereformeerde kerklike tradisie aan die hand van ’n jong Japanse teoloog. Ek
staan verstom, sonder woorde.
Verder gesels die jong stemme oor die plek van
Belhar binne die VGKSA en die familie van NG Kerke in die breë. Die fokus val
hier veral op die impak van Belhar op teologiese denke binne hierdie kerke.
Hier word veral gelet op die besluite en uitkomste van die laaste Algemene
Sinode van die VGKSA (2008) en hoe Belhar daar vertolk/geïnterpreteer was.
Die eenheid van die familie van NG Kerke word
ook bespreek in verhouding tot die nalatenskap van apartheid op die psige van
Suid-Afrika. Met groot versugting bespreek die groep krities wat hulle beskou
as teologiese uitdagings binne die konteks van Suid(er)-Afrika. Ek moes
bontstaan om vrae te beantwoord.
Dit is later pikdonker buite, maar die
bespreking gaan voort.
Ek besef my Suid-Afrikaanse stem – vanuit die
geledere van die VGKSA – is nou byna heeltemal stil. Met verbasing luister ek
na die gesprekke van ’n groep “vreemdelinge” om ’n tafel met vier hoeke in die
weste van Europa – die tuiste van die meeste ander historiese gereformeerde
belydenisse. So nou en dan glip daar ’n vraag na my kant. “We would just want
to make sure about this . . .”; “how does it work in die
context of the church in South Africa . . .”; “what do you
think about . . .”. Maar vir die res van die gesprek is ek op
die kantlyn. En tereg so. Belhar behoort mos nie aan ’n spesifieke kerk nie –
dit is ’n geskenk aan die wêreld komend vanuit ons Suider-Afrikaanse konteks en
hier om die tafel is die wêreld met groot dankbaarheid besig om die belydenis
te laat leef.
Die gesprek om my maak my al hoe stiller.
Ek dink aan ons land in die verte. Ek dink veral
daaraan dat ek nog nooit met so ’n verskeidenheid mede Suid-Afrikaners om ’n
tafel byeen was om die relevansie en impak van Belhar op ons verskillende
kontekste te bespreek nie.
Ek dink daaraan hoe besprekings rondom Belhar
ons soms eerder rigtingloos laat eerder as wat dit aan ons rigting bied; hoe
gesprekke rondom Belhar ons dikwels eerder vervreem as wat dit ons nader aan
mekaar bring.
Hoe wonderlik dat binne ’n vreemde konteks,
omring deur mense komend vanuit ander lande met ’n beperkte kennis van die
konteks van die kerk in Suider-Afrika, die inhoud en teologiese opbou van
Belhar lewend bespreek kan word.
Hoe vreemd dat ons dit nie kan regkry binne
die konteks van die familie van NG Kerke nie. Hopelik lyk dinge vanjaar anders.
J Leslie van Rooi is ’n doktorale student in die teologie aan die US.
Cambridge-Gemeente (Oos-Londen) dien
met voedingskema en nasorgsentrum
Ds Sas Swart van
Cambridge vertel die volgende (en rig ‘n belangrike versoek):
Cambridge Gemeente het na
aanleidi
Een van ons lidmate, Susan
Olivier, wat ook ons dienswerker by Garcia woonstel is, hou by die saal toesig
en maak die etes vir die kinders. Sy is
elke weeksdag by die kerksaal van o
Ons beskik tans oor drie
rekenaars met twee lazer drukkers waarop hulle navorsi
Binne ’n paar dae het die kinders
van enkeli
Die behoefte is so groot dat ons
dit nie kan staak nie.
Graag wend ons ons na elkeen wat
die brief lees en deur die Here self geïnspireer word, om by ons voedi
Baie dankie dat u ons verdra met
die skrywe en as u nie kan bydra nie vir ons te bid.
Ontdekking van nuwe maniere om kerk te
wees in stedelike kontekste
Prof Malan Nel deel die volgende inligting met ons:
Teologiese
wandel...stadswandel...nuwe teologiese wandel.
Regdeur die wêreld het stede die enjins geword wat amper elke aspek van
ons wêreld-gemeenskap aandryf - van ons mikro- en makro-ekonomieë tot die klere
wat ons dra en dít wat ons ons kinders leer.
Stede het die spilpunte
geword waarom ons regerings- en besigheidsektore wentel. Hiér vind ons ook die
vernaamste afsetgebiede van amper enigiets: van verpakte katoenbolletjies tot
atoomwapens.
Dit het ook die enjin geword
wat ons denke oor kerk en teologie aandryf, omdat ons in die stad ’n natuurlike
laboratorium aantref van amper elke denkbare menslike kondisie. In die stad
vind ons die arme en die ryke en die sg. middelklas; ons vind hiér plaaslike
Suid-Afrikaners en vreemdelinge; gesonde mense en baie siekes; die aanvaarbares
en die onaanvaarbares; dié wat huise het en die haweloses. Hiér hoef ons nie te
gaan soek vir die sosiale “Goliats” van ons tyd nie. In die stad kom hulle ons
tegemoet en in ons ontmoetings word ons teologie en kerkmodelle uitgedaag, en
as ons sterk en oop genoeg is, verander en versterk.
Sleutel-aspekte wat in ons
samesyn uitgedaag sal word:
* Ons kontemporêre en populêre idees oor Christus
* Ons idees oor kerk- en kerkontwikkeling
* Ons idees oor kulturele kerk en kerklike kultuur en inter- of
multi-kulturele kerk
* Ons verhoudinge met lede van ander godsdienstige gemeenskappe
* Ons teologiese voorveronderstellings mbt sommige van die meer
uitdagende aspekte van ons samelewing
* Ons idees oor stede en hoe hulle behoort te lyk
Aangebied deur die Sentrum
vir Kontekstuele Bediening aan die Universiteit van Pretoria, PEN,
’n christelike en maatskaplike middestadsorganisasie betrokke by opheffingswerk
in Pretoria, en die Noordelike Sinode van die NG Kerk
Datum: 8 tot 10 Junie
Koste: R350 pp (sluit koffie, tee, middagetes in)
Plek: Bosmanstraat-kerk, Hoek van Bosman- en Vermeulenstraat, Pretoria
Krediete: Leraars van die NGK, hierdie Kursus kan jou 30 krediete vir
jou VBO-vereistes verskaf vir 2009!
Vir meer besonderhede skakel Anita: 012 323 6688 / info@pen.org.za of vir Suki: 012 420
4951 / suki.vanjaarsveld@up.ac.za
.
Dr
Kobus Gerber, Algemene Sekretaris van die NG Kerk, skryf meegaande toeligting
na aanleiding vam
1. Julle sou in die media (TV, radio en koerante) kennis
geneem het van bogenoemde geleentheid op 2 April 2009 in Sandton. Die media het
ook hulle eie interpretasies van die geleentheid weergegee in hulle berigte,
opskrifte en plakkate.
2. Ter wille van deursigtigheid en duidelikheid die
volgende opmerkings:
2.1 ‘n 34-tal Afrikaner/ Afrikaanse (hoofsaaklik)
instellings/organisasies/verteenwoordigers uit elke denkbare segment het
geleentheid gehad om elk ‘n 5 min voorlegging te maak. Vier kerke was
teenwoordig: die NG Kerk, die Ned Herv Kerk, die Gereformeerde Kerke en die
AGS. Ekself asook Rinel Hugo het die NG Kerk verteenwoordig.
2.2 Die voorleggings was in ‘n geslote sessie waar almal veilig
was om hulle harte uit te praat. Dit het ook gebeur. Mnr Zuma se twee insette
was oop vir die media.
2.3 ‘n Goue draad deur al die voorleggings was dal almal
wat teenwoordig was hulleself as deel van hierdie land sien, hier wil bly en
hier ‘n verskil gaan maak. Dit was wonderlik om dit uit die monde van alle
segmente te hoor. Nasiebou was ook hoog op die agendas.
2.4 In die voorleggings is nie net gekla nie: daar is
talle konstruktiewe voorstelle gemaak oor hoe om van die knelpunte in die land
aan te pak en goed wat werk nog beter te laat werk. Van die sake wat genoem is,
is oa onderwys, taal, misdaad, plaasmoorde, dienslewering, omgewing,
regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging, landbou en
voedselvoorsiening, naamveranderings, historiese erfenisse, grondhervorming,
die Grondwet en die belang daarvan, amnestie, versoening, nasiebou, die SABC,
korrupsie, die rol van geloofsgemeenskappe, landelike ontwikkeling, gesondheid,
respek, die gebruik van godsdiens en die Bybel/ Jesus in verkiesingstoesprake,
ens. Die NG Kerk se voorlegging is deur myself hanteer en het om twee punte
gewentel: ons 2002 Roepingsverklaring asook ons siening van ons rol mbt die
konstitusionele bedeling waarin ons is (besluite van die Algemene Sinode 2007).
Dit is goed ontvang.
2.5 Daar was ‘n duidelike verstandhouding dat hierdie nie
‘n verkiesingsoefening is nie. Die ooreenkoms is dat mnr Zuma se span die
voorleggings verder sal bestudeer en dat opvolggesprekke rondom bepaalde sake
en detail so gou moontlik na die verkiesing sal plaasvind.
2.6 Dit was ‘n konstruktiewe en positiewe gesprek.
Duidelike erkenning is gegee aan Afrikaanse mense/ Afrikaners asook die sake
wat hulle genoem het. Vir die eerste keer sedert 1994 het ‘n president van die
ANC begin om duidelike, ondubbelsinnige antwoorde op bepaalde kwelvrae te gee.
Daar was dankbaarheid vir die geleentheid.
2.7 Die afleiding wat die media maak dat omdat die
gesprek met mnr Zuma positief beleef en ontvang is hy die teenwoordiges om sy
pinkie gedraai het, is gewoon naïef.
3. Die geleentheid sal nog goed deurdink en evalueer moet
word. Ten minste is daar ‘n begin met positiewe, konstruktiewe gesprek gemaak.
Ek vertrou bogenoemde help julle.
Luisterseisoen bied bruikbare materiaal
Ds Jampie Nel van die Luisterseisoen skryf (met dank
oorgeneem uit die E-nuusbrief van die Noordelike Sinode):
Daar is soveel bruikbare materiaal en kursusse van die Seisoen
van Luister op die mark en ek wil dit graag met jou deel. Ek
nooi jou uit om die webblad te gaan besoek en te registreer - kliek hier: www.seisoenvanluister.co.za
Wanneer jy die blad oopmaak sal jy in die boonste
regterkantse hoek ‘n ikoontjie sien met ‘n wit kruisie in ‘n groen
kringetjie. Kliek daarop om te registreer. Dit is gratis en gee
vir jou toegang om deel te neem aan die blogs (gespreksgroepe). Ons ontvang met
graagte jou bydrae oor verhale van luister wat jy kan byvoeg onder
die opskrif luisterverhale.
Indien jy inligting soek oor die produkte en waarvoor
elkeen gebruik kan word, kliek op elkeen van die boeke en die inligting sal op
jou skerm verskyn. Verder is daar inligting oor die nuutste bydraes en
natuurlik wonderlike bruikbare preke met powerpoints om gratis af te laai.
Daar is tans veral 2 uitstekende kursusse – een oor geestelike
onderskeiding in vergaderings en die nuutste oor groei oor grense
(hierdie kursus is veral ‘n handige hulpmiddel om lidmate te help om geestelike
verhoudings te bou met mense van ander kulture of denke).
Die Oos-Kaaplandse verteenwoordiger by die Seisoen van
Luister is ds Rethie van Niekerk - kontak haar by rethie@global.co.za.
Verklaring van die 11de Konventus van
Reformerede Kerke in Suidelike Afrika
Felix Meylahn, Port Elizabethse leraar van die
Evangeliese Lutherse Kerk, bring die volgende onder ons aandag. Ek is Felix
baie dankbaar hieroor, aangesien die NG Kerk ook hierby betrokke is. Dr Kobus Gerber was onlangs deel van ‘n gesprek
op RSG oor die Konventus. Ongelukkig is die teks net in Engels by Felix
beskikbaar:
The 11th Conventus convened in
the Carmelite Retreat Center in Benoni on the 2-4 March 2009, with the intent
to facilitate a Reformed-Lutheran Consultation. Against the background of the
Leuenberg Agreement, a document that resulted from the Reformed-Lutheran
Dialogue within the European context in 1973, the Conventus ventured to explore
similar possibilities of agreement within our own context.
The Leuenberg Agreement indeed proved to be
an example of constructive dialogue without risking the danger of reducing all
voices to one. All the participants were struck by the profound impression that
our common heritage as churches of the Reformation supersedes our various
differences by far. Different perspectives historically conditioned or
otherwise should not therefore lure us away from our common grounding in the
Gospel of the justification of the godless sinner by Grace through faith alone
(the unconditional acceptance of the unacceptable). The salvific acts of God in
God’s caring and redeeming love liberating us to responsibility - in freedom -
remain the fixed reference point of our common theology.
In the light of the above we confirm that
the Gospel in Word and Sacrament (Ephesians 4) proclaims us to be one in
Christ, a unity initiated in Baptism (Matthew 28) and celebrated in Holy
Communion. Insofar as divisions tear apart the church into camps hostile or
indifferent to each other, the disunity among the churches is sinful.
However, we do confirm that the rich
diversity of different theological perspectives within the framework of our
reformational confessions does not endanger unity, nor does it necessitate the
reduction of different traditions to one exclusive model of understanding
church governance and service. In embracing one another in this
communion/conversation our individual identities do not become obsolete but are
enhanced as participations in the multifaceted grace of God (1 Peter 4, 10).
We therefore encourage the participating
churches to take up this conversation on national and local level for the sake
of speaking in one Spirit. This unity ought to become concrete in prophetic
witness towards the society at large and the state in particular.
Socio-economic needs that prevail – poverty, unemployment, violence, crime, HIV
and Aids – ought to be addressed in cooperation with one another. We are
convinced that God calls the church to be instrumental in the healing of our
Subcontinent and as the heirs of this heritage of the Reformation we regard
this first movement towards each other as a part of a much larger process of
reconciliation, to which we see ourselves called with all believers. We
therefore urge our brothers and sisters to accept the ministry of
reconciliation (2 Corinthians 5) as our God-given privilege and responsibility.
The Conventus suggests the following in
pursuing the practical implementation of our commitments:
1.
Explore means of communication and growing towards each other with the ultimate
goal of establishing pulpit and table fellowship.
2.
Engage in unpolemical theological conversations about:
Key
issues concerning Christology, Ecclesiology and Ethics, Church governance and
ministry.
3.
Encourage the establishment of forums on local level (i.a. ministers’
fraternals, Bible study groups) to create an awareness of being one family, and
make it possible to witness together, celebrate together (especially on
important festivals), and thus make our unity visible.
Verklaring van die Konventus oor die
komende algemene verkiesing
Verteenwoordigers
van Kerke van die Lutherse en Gereformeerde tradisies wat by die Konventus
van 2–4 Maart 2009 ontmoet het, doen die volgende verklaring met betrekking tot
die komende algemene verkiesing:
Ons is aan die
vooraand van 'n baie belangrike algemene verkiesing in ons land. In sommige
gebiede in ons land is daar gretige afwagting op hierdie belangrike gebeure; in
ander gebiede is mense baie bekommerd oor intimidasie en geweld.
Ons doen 'n beroep op ons regering en alle
betrokke gesagsliggame wat betrokke is by die beplanning en uitvoering van die
verkiesing om alles moontlik te doen om te verseker dat geweld en intimidasie
aan bande gelê word en 'n vrye en regverdige verkiesing kan plaasvind.
Ons doen 'n beroep op politieke partye en
almal aktief betrokke by die verkiesingsveldtogte om hulle daarvan te weerhou
om hulle ondersteuners aan te hits, hulle aan te moedig om hulle opponente te
respekteer en om vrye inligtingsdebatte oor hulle beleide en die geskiktheid
van hulle kandidate vir leierskap toe te laat.
Ons doen 'n beroep op die burgers van ons
land om inligting te bekom oor die verskillende partye en kandidate, noukeurig
na verkiesingstoesprake te luister, asook na die beleide wat aangebied word om
onreg te herstel, korrupsie te bekamp, misdaad te beveg, toereikende
gesondheidsorgfasiliteite daar te stel, toereikende onderwys te verseker,
werksgeleenthede te skep, armoede te verlig en omgewingsbewaring in die hand te
werk. Dit is die reg en ook die morele plig van burgers om hulle stemme uit te
bring nadat hulle al die opsies wat aan hulle gebied is, noukeurig oorweeg het.
Ons doen op ons predikante in die
gemeentes 'n beroep om daarop te wys dat die Christelike geloof nie aan ons die
reg gee om kandidate óf te demoniseer óf te vergoddelik nie, en op die
aanvoerders van veldtogte om hulle daarvan te weerhou om Bybeltaal of -konsepte
te gebruik wanneer hulle kandidate en hulle visies vir die toekoms van ons land
voorstel.
Suid-Afrika is 'n
verklaarde konstitusionele staat. Die onderskeie howe is daar om te waak
daarteen dat selfs die regeerders nie die grondwet en wette van die land
ondermyn nie. Ons is bekommerd oor die
baie gevalle waar die gedrag van regeringsamptenare daarop dui dat hulle hul
verhewe bo die reg beskou en doen 'n beroep op politieke partye om hulle van
sulke praktyke te distansieer.
Ons is bewus van die feit dat baie
Suid-Afrikaanse burgers op stemdag tydelik buite die landsgrense sal wees en
doen 'n beroep op die regering en die Onafhanklike Verkiesingskommissie om te
verseker dat soveel moontlik van hierdie burgers in staat sal wees om hulle
stemme uit te bring.
Ons verbind ons daartoe om oor hierdie
kwessies te preek en te onderrig sonder om misbruik te maak van ons kansels vir
partypolitieke doeleindes en ons verbind ons daartoe om vir ons land, sy
leierskap en al sy burgers, die komende verkiesing en die vorming van 'n nuwe
regering te bid.
Mag God se seën op Suid-Afrika rus!
Waarvoor ons in Pase 2009 kan bid
Die Evangeliese Alliansie
van SA (TEASA), waarvan die NG Kerk ‘n lid is, gee die volgende riglyne vir
sake waarvoor ons hierdie Pase kan bid - klik hier. Me
Zerilda Nel, NG-lidmaat, is die voorsitter van TEASA.
Esti van Rooyen se nuwe musiekvideo
‘n Trotse pa, ds
johan van Rooyen van De Duin, laat weet dat sy dogter, bekroonde sangeres Esti
van Rooyen, se jongste musiekvideo besigtig kan word by http://www.youtube.com/watch?v=ODJJfpJFVHA.
Susan Boyle se droom: Never judge a
book by its cover
Reeds meer as 12
miljoen mense het die Youtube-snit van die 47-jarige, werklose Susan Boyle
besigtig. Met die tipiese sinisme en beskamende opmerkings eie aan die
Idols-tipe reekse, benader die beoordelaars van Britain’s got talent die valerige middeljarige vroutjie.
En kry die verrassing van hulle lewe wanneer
sy I dreamed a dream uit Les Miserabeles sing!
Besigtig die snit by http://www.youtube.com/watch?v=9lp0IWv8QZY
Die lirieke is as volg:
I dreamed a dream (Les Miserabeles)
I dreamed a dream in time gone by
When hope was high,
And life worth living
I dreamed that love would never die
I dreamed that God would be forgiving.
Then I was young and unafraid
When dreams were made and used,
And wasted
There was no ransom to be paid
No song unsung,
No wine untasted.
But the tigers come at night
With their voices soft as thunder
As they tear your hopes apart
As they turn your dreams to shame.
And still I dream he'll come to me
And we will live our lives together
But there are dreams that cannot be
And there are storms
We cannot weather...
I had a dream my life would be
So different from this hell I'm living
So different now from what it seems
Now life has killed
The dream I dreamed.
Kerke, Kanale
van Hoop fasiliteerder opleiding in Julie vakansie te Wellington
Ds Nelis du Toit, van die Christen-Vigsburo bring die
volgende onder ons aandag rondom belangrike fasiliteerder-opleiding:
Hierdie MIV
opleidingsprogram bied ‘n unieke kombinasie van wetenskaplike inligting,
fasiliteringsvaardighede en ‘n Bybelse verwysingsraamwerk. Die kursus sluit ‘n
gemeentemobilisering fokus in. World Vision International en Operation
Mobilisation implementeer dit wêreldwyd met groot sukses. CABSA (die Christen
Vigsburo) het self al meer as 400 kerkleiers opgelei. Van 6 tot 12 Julie 2009
bied CABSA die opleiding te Wellington aan. Die opleiding geskied in ‘n
“retreat situasie” waarvoor huisvesting deur CABSA gereël word. Daar is
beperkte plekke beskikbaar en belangstellendes moet asseblief dadelik met CABSA
by 021 873 0028 of training@cabsa.co.za
skakel. Meer inligting is by die volgende internet adres beskikbaar: http://www.cabsa.co.za/newsite/DisplayPage.asp?Id=278.
Gary en Rhona Kieswetter tree in
PE-Hoogland op : 2 Mei 2009
Heinrich Alberts laat weet dat PE gelukkig is om Gary & Rhona Kieswetter
saam in een naweek te ontvang:
Gary tree
Saterdagaand in PE-Hoogland gemeente op. Sy tema vir die aand is: “Die
noodsaaklikheid van verhoudings in my lewe. ”
Gary gaan met
hierdie tema wys hoe geen mens in isolasie kan leef nie, en gaan die geestelike
aspekte van “om in verhouding te staan” vir ons belig. Gary is ‘n uitmuntende
spreker met ‘n besonderse insig in die Woord van God vir vandag! Moenie hierdie
geleentheid mis nie
Saterdag 2
Mei - 10:00
Navrae : (041) 367
1485 of 083 294 0650
NG Kerk PE-Hoogland,
Isobellaan 1, Charlo.
Toegang
Gratis - slegs ’n kollekte sal opgeneem
word.
Beide
geleenthede is vir mans en / of dames
Seën die Volkere-Konferensie: 26-28
Junie 2009
Jean Greyling laat
weet dat die 22ste jaarlikse Seën die Volkere Konferensie van 26 tot 28 Junie
by die Algoapark Gemeenskapskerk plaasvind. Sprekers sluit onder andere Davind
Lundy, Internasionale Direkteur van die Arab World Ministries in. Meer
inligting is beskikbaar by info@blessthenations.co.za.
Benodig jou gemeente ‘n Yamaha-orrel?
André Stroebel
(telefoon 041-367-4051) het 'n Yamaha Orrel wat hy graag aan 'n gemeente wil
skenk. Skakel hom as julle een benodig.
Bybel-Media – jóú
bedieningsvennoot
Hans
Steyn, Hoof: Bemarking en Fondswerwing (hans@bmedia.co.za)
skryf:
Lees in die Mei-uitgawe van Lig:
● “Clara” van 7de Laan se aksent is krommer en skewer (en
bekoorliker!) as wingerd- stompies. Maar in die ware lewe is “Clara”, oftewel
Angelique Gerber, ’n egte Afrikanernooi wat voor in die kerk gaan staan het om
Jesus as haar Redder aan te neem.
● Dis al nege jaar sedert Monique en Callie Strydom in Maleisië deur
Al-Qaeda gevange geneem is. Monique bly steeds dankbaar dat sy destyds kon leer
dat God ʼn spesiale plan met haar lewe het, en dat sy nooit moed mag
verloor nie.
● Lees drie aangrypende ware verhale! ’n Ma ervaar pyn en swaarkry ná
die swembad-verdrinking van haar dogtertjie; nóg ’n ma vermoor haar seun en
leef daagliks met die skuld, en ’n derde ma verloor haar kinders nadat sy in
die web van prostitusie beland het.
● Moet ook nie die volgende artikels misloop nie: 10 dinge wat my
dogter moet weet, Verloof is (ook nie) perdekoop nie en Misluk suksesvol ...
Siegfried Ngubane - NBI baanbreker
Bybel-Media betree ’n
nuwe era met die aanstelling van ds Siegfried Ngubane by die Nehemia
Bybelinstituut (NBI). Vanaf 1 April 2009 is hy die bestuurder van die NBI se program in die
Nguni-tale, Zoeloe en Xhosa.
Hy is aangestel omdat NBI ’n nuwe
rigting inslaan met die vertaling van die kursus in Zoeloe. Laasgenoemde is
reeds byna voltooi. Tot dusver was die kursusse hier in Suid-Afrika net
beskikbaar in Afrikaans en Engels. Dit het egter ’n groot deel van ons
teikengroep uitgesluit. Baie van die leiers van die onafhanklike kerke is nie
regtig gemaklik met Afrikaans of Engels nie. Hulle moet in hulle eie taal
bedien word.
In die afgelope twee jaar het
daar ook ’n ander klemverskuiwing gekom by die NBI. Waar ons in die verlede
hoofsaaklik deur korrespondensie gewerk het, maak ons nou toenemend gebruik van
klein Bybelskooltjies om die kursus aan te bied.
Siegfried het self met groot sukses so ’n Bybelskool in Khayelitsha
bedryf en kan dus uit persoonlike ondervinding help om stukrag te gee aan dié
nuwe ontwikkeling. Dit is vir NBI baie belangrik aangesien hierdie benadering
ons getal nuwe inskrywings laat styg het van 328 in die vorige
jaar na 605 in die afgelope jaar!
Ons verwelkom dus vir Siegried
met groot opgewondenheid hier in Wellington.
Rimpels-projek
Gedurende Februarie is die Rimpel-projek, wat fokus op die aktiewe deelname van alle lidmate, geloods. Bybel-Media het die Rimpel-bekendstellingspakket en -CD, saam met Kruisgewys in ’n pakkie vir alle leraars en kerkkantore gestuur. ’n Aantal leraars se pakkies het egter as onafgehaal teruggekom by Bybel-Media. Ons stuur weer die pakkies, want ons glo dat elke leraar daarby sal baat vind. Vra gerus by die kerkkantoor of julle pakkie al aangekom het!
Rimpels het reeds groot opgewondenheid ontlok. Tientalle gemeentes het al op die Rimpel-webblad geregistreer. Op hierdie manier kry hulle toegang tot die jongste Rimpelsinligting en kwalifiseer hulle vir spesiale korting op alle Rimpel-produkte. Die aanbod geld nie net vir nou nie, maar ook vir die toekoms!
Verder het verskeie gemeentes besluit om dié materiaal as vertrekpunt vir die jeug-, vroue- en klein groepbediening te gebruik. Kerkrade en leraars wat nog nie hierby ingeskakel het nie, moet gerus weer na die materiaal kyk.
Om te registreer: www@rimpels.co.za
Inligting, Navrae en Diensverskaffing
Of stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za
Of koop direk met
jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.co.za
Goeie
nuus oor klein Laraine Botha
Paul
Odendaal van Adelaide stuur hierdie nuus oor klein Laraine Botha aan - dit is
aan die einde van Maart 2009 geskryf:
Laraine se witbloedseltelling
het hoër begin raak en was vandag by 2,5.
Dit dui daarop dat die beenmurgoorplanting suksesvol was!
Volgens die dokter is dit die vinnigste
ooit waarvan hy weet wat die witbloedseltelling begin styg het nadat
koordbloedselle tydens ‘n beenmurgoorplanting gebruik is. Daar was verwag dat dit eers vyf of ses weke
na die beenmurgoorplanting sou begin styg aangesien koordbloedselle van ‘n
naelstring heelwat langer neem om te begin werk as wanneer selle van ‘n skenker
gebruik word. Laraine se
witbloedseltelling het begin styg na slegs twee en ‘n half weke!
Alle eer aan ons Hemelse Vader! Dankie vir elkeen wat nog steeds saam bid vir
Laraine.
Laraine het so vier dae nadat die beenmurgoorplanting
gedoen was, begin sleg voel as gevolg van diaree, maagkrampe, swelling,
seertjies in haar mond en keel, koors en naarheid, alles newe-effekte van die
prosedure. Verlede week was veral baie
moeilik. Laraine se longfunksie het
begin verswak en daar was baie slym in haar longe. Sy het donderdagmiddag vir ‘n ruk lank
gesukkel om asem te haal en ons almal was baie bekommerd en het baie vir haar
gebid. Sy het gedurende die nag weer ‘n
keer benoud gevoel.
Vrydag het dit bietjie beter gegaan, maar
sy het ‘n uitslag op haar lyfie gekry.
Die dokter het gesê dit kan een van twee dinge beteken: Dat daar slegs ‘n paar selletjies in Laraine
se liggaam is wat veg teen die die nuwe selletjies wat oorgeplant is, of dat
haar liggaam besig is om die nuwe selletjies heeltemal te verwerp. As haar liggaam dit heeltemal sou verwerp,
sou sy baie siek word en die beenmurgoorplanting sou waarskynlik onsuksesvol
wees. Daardie selfde dag het haar witbloedseltelling egter gestyg van 0,2 na
0,5. Saterdag was die telling 1,24! Dit het volgens die dokter beteken dat haar
liggaam nie besig was om die nuwe selle te verwerp nie en dat dit lyk asof die
beenmurgoorplanting suksesvol was! Teen
sondag (29 Maart) het die witbloedseltelling wonderbaarlik gestyg na 2,58! Die dokter was so tevrede met haar vordering
dat medikasie wat die witbloedselletjies “boost” gestaak kon word. Dit was nodig om dit te staak op daardie
stadium, maar dit kan veroorsaak dat haar witbloedseltelling weer daal.
Laraine se witbloedseltelling is vandag (30
Maart) weer effens laer (2,5) maar dit het gelukkig nie baie gedaal nie. Die uitslag op haar lyfie is baie beter, haar
longetjies is weer reg en sy lyk baie goed…
Nog iets waaroor ons baie dankbaar is, is
dat die tering wat Laraine het geensins erger geraak het nie. Daar was ook ‘n groot moontlikheid dat
Laraine ‘n infeksie sou kry aangesien pasiënte dit gewoonlik kry ‘n week nadat
‘n beenmurgoorplanting gedoen is. Sy het
egter geen infeksie gekry nie.
Ons wil vir
elkeen van julle vra om asb. saam te bid dat Laraine se witbloedseltelling net
sal aanhou styg.
Op die oomblik produseer Laraine se bloed
ook nog nie bloedplaatjies nie. Dit is
egter iets wat net tyd neem voor dit sal herstel. Bid asb. saam dat sy so wonderbaarlik vinnig
sal aanhou genees sonder enige terugslag.
Nog iets wat ons graag met julle wil deel…
Gedurende die
afgelope paar maande het ons en veral Laraine se ouers baie hoop en versekering
gekry uit die Bybel dat sy sal gesond word.
Vanoggend het Munnik, Laraine se pa, die Bybel oopgemaak en begin
lees: Esegiël 12:25… “want Ek is die Here! Wat Ek sê, gebeur altyd. Dit sal nie verder uitgestel word nie… (Nuwe
Lewende Vertaling)
Ons glo dat God besig is om Laraine gesond
te maak!
Laraine se webblad sal weer binnekort
opgedateer word. Ons sal ook probeer om
‘n onlangse foto’tjie daarop te laat sit.
(www.larainebotha.org)
Weereens ook baie dankie vir elke
finansiële bydrae. Dit is wonderlik dat
mense nog steeds bydraes lewer. Dit help
Laraine se ouers baie met rekeninge wat steeds gedurig betaal moet word en ons
almal waardeer dit dat soveel mense omgee en help.
Groete, Janie
(namens die res van Laraine se familie)
Veneto
Keyter stuur hierdie tragies-spitsvondige opmerkings aan:
Another man,
one of his disciples, said to Him, "Lord, first let me go and bury my
father." And Jesus told him, "O.K. No problem--it's just as well that
you do that right now--I mean, I wouldn't want to inconvenience anyone."
Read
Matthew 8:21
But the fruit of the Spirit is: size,
body-count, budgets, buildings, accolades, celebrity endorsements,
denominational affiliation, boasting in men and self-promotion... because
everyone else is doing it.
Read
Galatians 5:22
If a brother sins against you, go and tell
someone else, but do not approach the brother about it. If he sins against you
again, go and tell another person. And if he sins yet again, mention it to
someone else, then drop a hint to the brother. Sooner or later, he'll get the
message. If not, leave the church and find somewhere else to go.
Read
Matthew 18:15
"Teacher" he asked, "What
must I do to inherit eternal life?" He
answered:
"Love the Lord your God with all your emotions, neglecting your mind, and
love yourself first or you cannot begin to love others."
Read
Mark 12:30
Then he said to them all, "If any want
to become my followers, you should join Amway, because you all look like real
winners to me!"
Read
Luke 9:23
When Jesus heard this, He said to him,
"You still lack one thing--sell all you possess and give to the poor. No,
not you--of course! I meant that other guy over there."
Read
Luke 18:22
"Whoever believes in the Son has
eternal life, but whoever rejects the Son, well, he will be OK too since
nowadays everyone knows that God's love is unconditional."
Read
John 3:36
The Lord is my Shepherd, I shall not want;
except for a new car, a better home, cosmetic surgery, and to win the lottery.
Read
Psalms 23:1
"Therefore go and make disciples of
all nations, baptizing them in the name of Jesus Only. And you'd better baptize
them before they die, or there is no way they are getting into heaven!"
Read Matthew 28:19
And the Lord added to the church daily,
such as those who liked the entertainment and felt the ministry was seeker
sensitive.
Read
Acts 2:47
And now these three remain: faith, hope
and love. But the greatest of these is tongues.
Read 1 Corinthians 13:13
“Based in part on Den Hart's feature in the
Wittenburg Door” http://www.acts17-11.com/cows_memory.htm
Die Sinodale Kommissie het besluit om Vorm A
(die vorm vir kerklike ondersoek deur gemeente, ring en sinode) te hersien en
te vereenvoudig. Die nuwe Vorm A is voltooi en op ons webblad beskikbaar - www.ngkok.co.za/admin. Gebruik dit asb alreeds vir die 2008-9
verslagjaar.
Kettingbrief vir perfekte
dominee...
Ds Dries Coetzee van Oos-Londen-Noord snel (talle?)
gemeentes wat onder hulle dominee ly met hierdie advies te hulp:
Die uitslag van ‘n
gerekenariseerde opname onder lidmate het aangedui dat die perfekte dominee aan
die volgende kenmerke voldoen:
* Hy preek presies vyftien minute lank en die
eredienste wat hy lei is nooit langer as een uur nie.
* In elke boodskap wat hy bring veroordeel hy
sonde maar hy kom nooit enige iemand te na nie.
* Hy werk van 8vm tot 12 nm en dien ook as
koster van die gemeente.
* Hy verdien R2,000.00 per maand, dra die
nuutse modes, ry die beste motor, koop die nuutste boeke en gee R5,000.00 per
maand vir die armes.
* Hy is 28 jaar oud en het preekondervinding
van minstens 30 jaar.
* Hy het ’n brandende begeerte om met die jeug
te werk en spandeer al sy tyd met die bejaardes.
* Hy glimlag altyd want hy het ’n sin vir
humor wat hom werklik toegewy hou aan sy werk.
* Hy doen minstens 15 besoeke per dag by
lidmate, siekes en eensames.
* Hy is altyd in sy kantoor as hy nodig gekry
word.
As jou dominee nie aan
hierdie vereistes voldoen nie, stuur eenvoudig hierdie brief aan ses ander gemeentes
wat ook moeg is vir hulle dominee. Pak dan jou dominee in ’n kartondoos en
stuur hom na die gemeente bo aan die lys. In een week sal jy 1,643 dominees kry
– een van hulle sal sekerlik die perfekte dominee wees. Maar jy moet in hierdie
prosedure glo. Een gemeente het die ketting verbreek en binne drie weke hulle
ou dominee teruggekry. MOENIE DIE KETTING BREEK NIE.
Children's science exam answers...
Q: Name the four seasons.
A: Salt, pepper, mustard and vinegar.
Q: Explain one of the processes by which water can be made safe to drink.
A: Flirtation makes water safe to drink because it removes large pollutants
like grit, sand, dead sheep and canoeists.
Q: How is dew formed?
A: The sun shines down on the leaves and makes them perspire.
Q: How can you delay milk turning sour?
A: Keep it in the cow.
Q: What causes the tides in the oceans?
A: The tides are a fight between the Earth and the Moon. All water tends to
flow towards the moon, because there is no water on the moon, and nature hates
a vacuum. I forget where the sun joins in this fight.
Q: What are steroids?
A: Things for keeping carpets still on the stairs.
Q: What happens to your body as you age?
A: When you get old, so do your bowels and you get intercontinental
Q: What happens to a boy when he reaches puberty?
A: He says good-bye to his boyhood and looks forward to his adultery.
Q: Name a major disease associated with cigarettes.
A: Premature death.
Q: How are the main parts of the body categorized? ( e.g., abdomen)
A: The body is consisted into three parts -- the brainium, the borax and the
abdominal cavity. The brainium contains the brain; the borax contains the heart
and lungs, and the abdominal cavity contains the five bowels A, E, I, O, and U.
Q: What is the fibula?
A: A small lie.
Q: What does 'varicose' mean?
A: Nearby.
Q: Give the meaning of the term 'Caesarian Section.'
A: The Caesarian Section is a district in Rome.
Q: What does the word 'benign' mean?'
A: Benign is what you will be after you be eight.
(Dankie Jan Viljoen!)
Sinodale Kommunikasie