Amptelike Nuusblad : NG
Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 7 - Nommer 10 - 26 Maart
2009 - www.ngkok.co.za/enuus
NG
Kerk doen Mediaverklaring oor die Dalai Lama
Media-vrystelling: Dank oor
Werk van Biskop Paul Verryn (Central Methodist Church, Johannesburg)
Oorweeg gerus om ‘n Zulu of Xhosa preekbundel te skenk
Publikasie:
Fakulteit Teologie vier 150 jaar op Stellenbosch
Paul
Stoltz se werk by die BIEC (Bible Institute Eastern Cape)
Taste
Africa - ‘n eendagseminaar oor kruiskulturele werk in Afrika
Vakature Gemeenteleraarspos : NG Kerk Okahandja
“Moenie
die ketting breek nie” - hoekom hierdie soort snert jou benadeel
HIV – A Call to Action (World Evangelical Alliance)
(Vandeesweek se OosKaap eNuus kom uit die VSA, waar ek
gelukkig genoeg is om ‘n goeie internetkonneksie by die Lutherane te kon verkry.
Ons sal moet sien wat gebeur teen volgende week....)
NG Kerk doen Mediaverklaring oor die
Dalai Lama
Dr Kobus Gerber, Algemene Sekretaris van die NG Kerk,
het die volgende verklaring oor die weiering van ‘n visum aan die Dalai Lama
uitgereik:
PRESS RELEASE: THE DALAI LAMA
The
refusal of a visa to the Dalai Lama to attend a peace conference in
Johannesburg is a disgrace. The reasons offered by the South African
government, and the rhetoric they use to justify their actions, are totally
unacceptable.
On the 18th February 2009 the
leadership of the Dutch Reformed Church met with a delegation from the ANC
under the leadership of their Secretary General. We were assured that the ANC
is totally committed to our Constitution and the Bill of Rights in it- also
with regard to religious freedom and the rights of all beings. We call on the
ANC to put their money where their mouths are and take a clear stance against
the actions of their government regarding the Dalai Lama.
Our Constitution and all human rights are
in grave danger. The legacy of people who fought for it and the labour of those
who are fighting for it everyday in all facets of civil society are being
threatened.
We support the voices against this
discrimination towards the Dalai Lama. We call for a clear, unequivocal answer
from government regarding human rights in South Africa and globally.
Media-vrystelling:
Dank oor Werk van Biskop Paul Verryn (Central Methodist Church, Johannesburg)
Die Moderamen van die Algemene Sinode van die
NG Kerk het by sy jongste vergadering van 17-18 Maart 2009 te Kempton Park die
volgende besluit geneem na aanleiding van die gebeure in Johannesburg ten
opsigte van die werk van die Central Methodist Church:
Die
Moderamen van die Algemene Sinode van die NG Kerk het met groot waardering
kennis geneem van die werk wat Biskop Paul Verryn in Johannesburg verrig. Die
wyse waarop hy en sy gemeente sy kerkgebou in die middestad tot beskikking van noodlydendes
en vreemdelinge stel, is vir ons ‘n voorbeeld en ‘n inspirasie. By die Central
Methodist Church word die Evangelie van Jesus Christus op ‘n heel besondere
manier gekonkretiseer. Ons wil Biskop Verryn van ons voortdurende steun en
voorbidding verseker.
Strauss de Jager van Albanie laat weet:
Dr Riaan van der
Merwe van die Instituut vir Christelike Spiritualiteit bied 'n Predikantsvroue
Retraite aan op uitnodiging van die Ring van Albanie Vrydag 29 - Sondag 31 Mei.
Daar is beperkte plek beskikbaar vir predikantsvroue uit die res van ons
sinodale gebied, en ons nooi enigeen hartlik uit om in te skryf.
Tema: " Word die
mens wat jy werklik wil wees".
Plek en tyd: Assegaai
Trails Konferensiesentrum (tussen Grahamstad en Boesmansriviermond), vanaf
Vrydag 16:00 tot Sondag 15:00
Koste: R650 (en
verskaf eie vervoer)
Bring saam: Bybel,
skryfgoed, beddegoed, stapskoene, baaikostuum (daar is 'n swembad, as die weer
dit toelaat!)
Navrae: Strauss de
Jager, 046 6334598; 083 633 0881; strauss@imaginet.co.za
Rethie van Niekerk, sinodale verteenwoordiger by die
Seisoen van Luister, skryf:
Ons is besig om ‘n nuwe proses te ontwikkel
waaroor ons baie opgewonde is: “Groei oor Grense”. Mense sal by die
Padberade reeds ‘n voorsmakie hiervan kry. Intussen moedig ons almal aan
om ‘n draai te gaan maak by die Seisoen van Luister se webtuiste en as ‘n
gebruiker te registreer: www.seisoenvanluister.co.za.
Oorweeg gerus om ‘n Zulu of Xhosa
preekbundel te skenk
Amanda Carstens van die Christelike lektuurfonds bring
die volgende onder ons aandag:
Christelike Lektuurfonds,
(CLF) het nou twee preekbundels beskikbaar – in Zulu deur MS van Rooyen en in
Xhosa – ‘n versameling van David Bosch se preke.
Usizo lwabathweswe umthwalo ukuphatha izinkonzo van MS van Rooyen is beskikbaar teen R39.50 en
Vuthelani
Ixilongo van David Bosch teen R69.50.
Gemeentes kan ook hierdie
preekbundels vir sustergemeentes in hul areas aankoop en skenk aan kerkleiers.
Vir meer inligting of om hierdie bundels te bestel, stuur ‘n e-pos aan info@clf.co.za of skakel 021 873 6964
Christelike Lektuurfonds – die Boodskap van die Bybel aan almal deur
gratis en bekostigbare lektuur in elkeen se taal
Schalk en Bonnie van Niekerk is twee entrepreneurs van
formaat. Saam het hulle Ramah Rescue op die been gebring wat vir talle
ontwortelde en gemarginaliseerde mense hoop bring in Port Elizabeth se
middestad. Hulle deel nuus mee:
Die jaar het met n spoed afgeskop en ons n bietjie opgefrommel
agtergelaat, Tog prys ons die VADER vir vele genade en liefde wat HY deur julle
almal aan ons bewys het,
Ons gesondheid is hewig
aangeval en Bonnie se knie moes geopereer word. Ek self moes n noodoperasie en 2 opvolg laser behandelings
ondergaan. Net hierna is ek van scooty afgery in n tref en trap ongeluk wat my
met harsingskudding en sonder vele velle gelaat het. Dank aan GOD dat die skade
nie groot is nie!!!
In ons vorige brief is die
jaar beplanning aan almal voorgelê, en het ons met groot afwagting afgeskop net
om in die werklikheid van die resessie vas te loop toe ons hoofborg moes briek
aandraai as gevolg van die motor industrie se ineenstorting. Weereens het ons
VADER tot ons redding gekom en presies op die regte tyd het 2 instansies sonder wete die regte bedrae
geskenk en kon die beplande werke begin word !!!
Weereens het ons in verwondering
gesien hoe presies GOD werk.
* 38 kinders kon vervoer word na ST Marks
gemeente se raak plasie en het pastoor Kenneth en sy span jeugwerkers die jonges
getrakteer en vertel van dwelms.
* Die dames bediening kon afskop deurdat die
deposito vir n goedkoop woonstel langs ons betaal kon word en die meisies nou n
tweede fase herstel woning het.
* Jasmyne en Liesel het terug gekeer van die
plaas en die volgende gedeelte van hulle programme kan nou begin
* 5 bybel klasse is in Salamtu aangebied
benewens die uitstappie en ons bars uit ons nate uit met tot 51 kinders wat nou
opdaag op n Saterdag middag. Alle dank aan my getroue medewerkers Mimi Orchid,
Thaban en Ernesto
Gebedsversoeke
* Bid asseblief vir standvastige fondse om die
program vir die jaar te dek
* Bid vir Tanya en Hennie wat besig is met
hulle rehabilitasie teen dwelms
* Bid dat die vaardigheids opleiding en
Bybelskool programme n verskil sal maak
in ons mensies
se lewens
* bid vir ons gesondheid en vir wysheid om die
sending volgens GOD se wil en met sy liefde te bestuur
* Bid vir ons eie plekkie in Salamtu om die
jeug aksie te huisves asook die nodige sport uitrusting
* Dank ons VADER saam met ons vir elkeen wat ons in die tyd
liefde gegee het , vir ons gebid het,
ons gehelp het en wat
tyd , geld en arbeid geskenk het
Nuusbrokkies
* Logan het met sy Bybelskool studies afgeskop
en trek dorp toe om n deeltydse betrekking te begin
* ons internet bediening is op dreef en
verskeie jong mense is al bedien met raad en ondersteuning
* Salamtu jeug het nou die 50 tal bereik
Ons deel graag n vers wat in
hierdie tyd n nuwe betekenis vir ons gekry het. Toe die ongeluk gebeur het was
ons net klaar met n vas en het n besonderse vrede ondervind in JESUS. Dit was
dus moontlik deur die gees om tussen deur die vellose pyn vergifnis te skenk en
DIE VADER te vra om die persoon terug na my te stuur om dit te ontvang—bid saam
dat dit sal gebeur. O ja die vers
LUKAS 7:23 GESEEND IS HY WAT NIE WEGVAL AS
GEVOLG VAN MY NIE
Mag ons nie faal wanneer ons
VADER verheerlik moet word nie !!!
MAG GOD SE GENADE BY JULLE WEES ELKE DAG. WEES VERSEKER DAT JULLE IN ONS HARTE ENGEBEDE
IS
Groete in CHRISTUS
Publikasie: Fakulteit Teologie vier 150
jaar op Stellenbosch
Uit die pen van prof
Pieter Coertzen (as eindredakteur) het ‘n besondere publikasie by Bybelmedia verskyn,
met die titel: Teologie vir 150 jaar - die verhaal van teologiese opleiding op
Stellenbosch. Bestel dit gerus direk van Bybel-Media (0860 26 33 42) of stuur
vir Chantall by ons sinodale kantoor ‘n e-pos hieroor by db@nogkok.co.za.
‘n Opgewonde André
Brink van die Child Evangelism Fellowship
se bediening in Mthatha laat weet dat een van hul bedieningsinstrumente, die Wonderboek,
nou in Xhosa vertaal is. Hy vertel: Ons is baie opgewonde dat hierdie boekie nou
uiteindelik by die drukkers is en binne die volgende week of so beskikbaar sal
wees. Ek het nooit besef dat vertaalwerk soveel werk is nie. Ons
moes dit 'n hele paar maal proeflees om seker te maak alles is reg!
Ons het met twee nuwe Goeie Nuus Klubs
begin. Die een klub is vir die Pre-primêre klas by Itipini waar Sanette ook op
'n Donderdagmiddag klub het. Ncediwe, die een helper is die onderwyseres van
die klas. Sy is nou al opgelei en weet hoe om Bybellesse aan te bied. Ek
help haar om die voorskoolse materiaal van CEF te gebruik om elke dag die
kinders vir so 20 minute te bedien.
Die ander klub is by Sinethemba. Dit is 'n
"Special Skill Centre for Mentally and Physically Challenged
Children". Die groter kinders geniet die klub net so baie. Na
die klub hou ek weeklikse opleiding vir drie van die volwassenes sodat hulle
mettertyd self die klub kan aanbied en ook in hierdie kinders se geestelike
behoeftes kan voorsien.
Mooi so, André en Sanette - altyd lekker om
van julle te hoor.
Paul Stoltz se werk by die BIEC (Bible
Institute Eastern Cape)
Dr Paul Stoltz, ‘n
lidmaat van ons kerk, vertel oor sy bediening rondom die opleiding van
gemeenteleiers uit die Afrika-konteks in Port Elizabeth:
Ek
is nou amptelik aangestel as die Adjunk-hoof van BIEC. Ofskoon dit net
nog ’n titel is sonder vergoeding vind
ek baie stimulasie uit die uitdaging. My hoof verantwoordelikhede lyk nou
kortliks soos volg: Aanbied van 4 modules elke termyn; Direkteur van die
Satellietprogram; Organisasie van die
konferensies in Januarie; alle administratiewe werk rondom die skakeling met
die Departement van Onderwys, SAQA, CHE en die NQF; skakeling met die
Universiteit van Fort Hare; die bestuur van die Biblioteek; Voorsitter van die
Fakulteitsvergaderings en Bestuurder van die onderhoude met voornemende
studente. Dit gaan dus maar dol maar ek ervaar geweldige werksvreugde en vir
die eerste maal in my lewe voel ek werklik “dis waar ek altyd wou wees”.
As ek nou terugkyk na die afgelope
twintig jaar: na al die beloftes in die Here se Woord dat Hy my tot seën
vir die nasies sal maak, dat Hy nie my stem stil sal maak nie ; deur tye van
twyfel en amperse moed opgee; tye van geestelike groei en opbou; die 12 jaar in
Botswana en alles wat daarmee gepaard gegaan het ; die wonderlike wyse waarop
die Here my na BIEC gelei het: dan weet ek verseker in my wese dat Hy in beheer
is. En daarvoor loof ek die Almagtige Koning!!
Lana (Paul
se vrou) en ek voel albei sterk daaroor dat sy weer voltyds by haar roeping
as jeug-bedienaar betrokke moet raak. Daar is soveel behoefte in ons omgewing
vir die opleiding van jeug-leiers, veral ook by gemeentes en BIEC.
Lana beplan nou om haar finale
afrondingskursus by Petra- kollege te voltooi en dan voltyds as
opleidingsbeampte van jeugleiers te funksioneer. Dit sal derhalwe beteken dat
sy haar werk moet bedank en intussen vir borge vir haar bediening moet vertrou.
Lana benodig borge vir R3000-00 per maand. Bid asseblief saam met ons dat die
Here ook aan hierdie behoefte sal voorsien.
Bid ook saam vir al die voorbereiding en
die vir die finansiële voorsiening vir die betaling van die afrondingskursusse.
Taste Africa - ‘n eendagseminaar oor
kruiskulturele werk in Afrika
Jean Greyling laat
weet dat Africa Inland Mission aan die einde van Mei ‘n eendag-seminaar in Port
Elizabeth aanbied. Dit handel oor kruiskulturele werk in Afrika en behandel
interessante onderwerpe. Volledige besondere
is net ‘n muisklik ver.
Vakature Gemeenteleraarspos : NG Kerk Okahandja
GEMEENTEPROFIEL:
Die NG Gemeente Okahandja is 'n plattelandse gemeente
(70km noord van Windhoek) bestaande uit +/- 500 doop-en belydende lidmate (dorp
en 3 plaaswyke). Dit is 'n gemeente met 'n groot persentasie senior burgers en
'n jeugbediening.
LERAARSPROFIEL:
'n Leraar wat gelei word deur die Heilige Gees,
verkieslik getroud wat ouer lidmate, sowel as entoesiastiese jongmense en
kleingroepe doeltreffend kan bedien.
VERGOEDING:
Vergoeding en voordele volgens sinodale riglyne sal
tydens onderhoud bespreek word. Ruim pastorie word voorsien.
AANSOEKE:
Persone wat hulleself beskikbaar stel vir hierdie pos,
moet 'n volledige CV met verwysings stuur aan:
Die skriba, Posbus 292, Okahandja, Namibië, E-POS: ngkokh@iafrica.com.na
SLUITINGSDATUM:
5 April 2009. Slegs kandidate op kortlys sal genooi
word vir 'n onderhoud.
NAVRAE:
Skriba Tel: 00264-62-50-1231; Faks:
00264-62-50-0527; E-pos: ngkokh@iafrica.com.na
Hardus Maritz: Tel:
00264-62-50-1450; Sel: +264-81-1290577
Hannes Kellerman: Tel: 00264-62-50-1964;
Sel: +264-81-2775419
Ds. Andre Theron: (Konsulent) Sel:
+264-81-2317053
“Moenie die ketting breek nie” - hoekom
hierdie soort snert jou benadeel
Riaan Steyn bring die volgende
onder ons aandag:
E-MAIL TRACKING
Here is something everyone should read and take the advice. If you
don't, you’re hurting yourself and your email buddies.
By now, I suspect everyone is
familiar with www.snopes.com <http://www.snopes.com> and/or
www.truthorfiction.com <http://www.truthorfiction.com> for determining
whether information received via email is just that: true/false or
fact/fiction. Both are excellent sites.
Advice from Snopes.com Very
important!
1) Any time you see an E-Mail that says
forward this on to '10' (or however many) of
your friends, sign this petition, or you'll get bad luck, good luck, you'll see
something funny on your screen after you send it, or whatever, it almost always
has an E-Mail tracker program attached that tracks the
cookies and E-Mails of those folks you forward to.
The host sender is getting a copy each time it gets
forwarded and then is able to get lists of 'active' E-Mail addresses to use in
SPAM E-Mails, or sell to other spammers. Even
when you get emails that demand you send the email on if you're not ashamed of
God/Jesus ....that’s E-mail tracking and they're playing on your
conscience. These people don't care how
they get your email addresses - just as long as they get them. Also, emails
that talk about a missing child or a child with an incurable disease - “how
would you feel if that was your child"....E-mail
Tracking!!!
Ignore them and don’t participate!
2) Almost all E-Mails that ask you to add your name and forward on to
others are similar to that mass letter years ago that asked people to send
business cards to the little kid in Florida who wanted to break the Guinness
Book of Records for the most cards. All it was,
and all any of this type of E-Mail is, is a way to get names and 'cookie' tracking information for
telemarketers and spammers - - to
validate active E-Mail accounts for
their own profitable purposes.
You can do your friends and
family members a GREAT favour by sending this
information to them; you will be providing a service to your friends, and will be rewarded by not getting
thousands of spam E-Mails in the future!
If you have been sending out (FORWARDING)
the above kinds of E-Mail, now you know why you get so much SPAM!
Do yourself a favour and STOP
adding your name(s) to those types of listings regardless how inviting they
might sound!...or make you feel guilty
if you don't!...it's all about getting email addresses - nothing more!
You may think you are
supporting a GREAT cause, but you are NOT! Instead, you will be getting tons of
junk mail later and very possibly a virus attached! Plus, you are helping the spammers get
rich! Let's stop making it easy for
them!
Also: E-Mail petitions are NOT
acceptable to Government, or any other organization - i.e. social security,
etc. To be acceptable, petitions must have a signed signature and full address
of the person signing the petition, so this is a waste of time and you’re just
helping the Email trackers.
Please read the full story
here:
http://www.snopes.com/inboxer/petition/internet.asp
HIV – A Call to Action
(World Evangelical Alliance)
Interessant dat spesifek Evangelicals onderstaande
verklaring uitreik - wat deur Nelis du Toit onder ons aandag gebring word:
While we have not always
acknowledged it, we recognise today that the Body of Christ, His Church, is
living with HIV. With brokenness we admit that as Evangelical Christians we
have allowed stigmatisation and discrimination to characterise our
relationships with people living with HIV. We repent of these sinful attitudes
and commit to ensuring that they are changed. We will follow Jesus’ example and
identify with those who are affected (Matthew 9:12-13) as we intercede
fervently for one another (Romans 8:26).
We recognize that as the current generation
of young people in our churches enters adulthood and becomes sexually active we
have not always provided a clear, biblical framework of human sexuality and
life skills for their guidance and nurture. We are cognizant that we have been
insensitive to the inability of women, children and
the most marginalised to
exercise real choices and that in many areas of the world marriage and
gender-based violence are risk factors for HIV transmission. We apologise for
this failure and resolve to model and teach the essential value of human
sexuality within the bounds of God-honouring lifestyles. We also commit
ourselves to listen with understanding to our children, youth, women, and the
most marginalised – especially people living with HIV – so that we can work
together for a healthy and safe future which will enable all people to live in
the abundant life Jesus promised (John 10:10).
The HIV pandemic has reminded us that the
health of all communities is connected to the health of the most vulnerable and
marginalised in our societies. We commit as leaders to equip ourselves and our
congregations to follow the footsteps of Jesus. Since ours is the ministry of
reconciliation (2 Corinthians 5:18-19) we will seek to live out incarnational
faith working in partnership with the most marginalised and vulnerable to HIV
infection.
As a community of Evangelical Christians we
believe that all people regardless of belief, identity, gender, ethnicity or
health are created in the image of God (Genesis 1:27). Hence it is an essential
element of our identity that we bear witness to the love of God for all people
in word and deed, in private and in public. We therefore resolve to strengthen
our theological reflection and practical action in our advocacy, respect for
life and justice with dignity for all people. We realize that this resolution
will profoundly challenge us as we deeply long to be a holy people who please
God (1 Peter 1:15-16; Matthew 5:8). We reaffirm that we all live in and by the
grace of God (Ephesians 2:8-9; Romans 5:1-2) and agapé love (1 Corinthians
13:1-8).
We commit to working in HIV prevention in
partnership with others to halt and reverse the spread of HIV. In so doing we
understand that there are many social drivers that contribute to HIV
transmission and that no one group or organisation can do everything. We will
therefore work alongside other sectors of society so that all people will know
how to protect themselves from infection and have access to the services needed
to do so.
We commit to playing our part in caring
relationships – individually and corporately – working to mitigate the impact
of HIV on individuals, families and communities and advocating for
comprehensive HIV services in prevention, treatment, care and support. We will
work towards universal access for these services for people living with HIV so
that they become less vulnerable and are enabled to be meaningful contributors
within the Church and society.
We commit to develop a comprehensive HIV
strategy in collaboration with our member-networks, people living with HIV and
other partners.
As a community of Evangelical Christians
expressed globally, nationally and locally we will foster connections between parts
of the Body of Christ. We will strive for practical solidarity and sacrificial
giving among Christians – person-to-person, congregation-to-congregation,
denomination-to-denomination, and country-to-country – in order that Jesus may
be lifted up, the Father glorified and men and women brought into His saving
grace through the life revolutionising power of the Gospel we preach (Romans
3:23-24; 6:23; Ephesians 5:8; Colossians 1:13).
Die Sinodale
Kommissie het besluit om Vorm A (die vorm vir kerklike ondersoek deur gemeente,
ring en sinode) te hersien en te vereenvoudig. Die nuwe Vorm A is voltooi en op
ons webblad beskikbaar - www.ngkok.co.za/admin.
Gebruik dit asb alreeds vir die 2008-9
verslagjaar.
TEACHER: Maria, go to the map and find North America
MARIA: Here it is.
TEACHER: Correct. Now class, who discovered America ?
CLASS: Maria.
TEACHER: John, why are you doing your math multiplication on the floor?
JOHN: You told me to do it without using tables.
TEACHER: Glenn, how do you spell 'crocodile?'
GLENN: K-R-O-K-O-D-I-A-L'
TEACHER: No, that's wrong
GLENN: Maybe it is wrong, but you asked me how I spell it.
TEACHER: Donald, what is the chemical formula for water?
DONALD: H I J K L M N O.
TEACHER: What are you talking about?
DONALD: Yesterday you said it's H to O.
TEACHER: Winnie, name one important thing we have today that we didn't have ten
years ago.
WINNIE: Me!
TEACHER: Glen, why do you always get so dirty?
GLEN: Well, I'm a lot closer to the ground than you are.
TEACHER: Millie, give me a sentence starting with 'I.'
MILLIE: I is . . .
TEACHER: No, Millie . . .. Always say, 'I am.'
MILLIE: All right . . . 'I am the ninth letter of the alphabet.'
TEACHER: George Washington not only chopped down his father's cherry tree, but
also admitted it. Now, Louie, do you know why his father didn't punish him?
LOUIS: Because George still had the axe in his hand.
TEACHER: Now, Simon, tell me honestly, do you say prayers before eating?
SIMON: No sir, I don't have to, my Mom is a good cook.
TEACHER: Clyde, your composition on 'My Dog' is exactly the same as your
brother's. Did you copy his?
CLYDE: No, sir. It's the same dog.
TEACHER: Harold, what do you call a person who keeps on talking when people are
no longer interested?
HAROLD: A teacher
Inhoud
Sinodale Kommunikasie