|
NG Kerk in Oos-Kaapland Begeleidingsnetwerk
Tuisblad - Aanbieders Lidmaatbediening - Inligting Lidmaatbediening - Skriba's
Verskeie Begeleidingsnetwerke Die Sinodale kommissie het die volgende lys van ad hoc begeleidingsnetwerke, wat as deel van die Begeleidingsnetwerk (B-Net) funksioneer, as vertrekpunt goedgekeur: 1. Gemeente-ontwikkeling Hierdie netwerk fokus op die bedieningspraktyk van gemeentes en uitdagings waarvoor gemeentes te staan gekom het. 2. Navorsing Navorsing word in samewerking met die ander netwerke oor sake van strategiese belang gedoen. Dit sluit leerstellige en aktuele sake in, maar strek oor wyer. 3. Predikantebegeleiding (A-Z en VBO) Primêr handel die netwerk met die implementering van die A-Z riglyne en die Voortgesette Bedieningsontwikkeling van predikante 4. Toerusting en Lidmaat-Bediening Die toerusting van lidmate om prediking en pastorale versorging te hanteer, sorteer onder andere hier. 5. Fasilitering Hierdie netwerk koördineer die beskikbaarheid van fasiliteringsdienste in ringe en aan gemeentes. 6. Ontwikkeling
Dié netwerk sal moontlik primêr uit lidmate saamgestel word en
beoog om ontwikkelingsgeleenthede vir ringsprojekte en gemeentelike bediening
raak te sien in vennootskap met bv die staat, en - veral - om te kyk na
moontlike bronne van befondsing uit ander vennote se begrotings. 7. Geloofsoordrag Die Sinode van 2007 het B-Net versoek om dringend navorsing te doen oor metodes waarop ons geloof kan oordra na die volgende geslag. Dit het te doen met die kerk wat in ‘n krisis verkeer omdat die evangelie nie meer effektief aan jongmense gekommunikeer word nie. Hier moet ons nie net aan ons eie gemeentelike jongmense, ons dooplidmate, dink nie, maar veral evangeliserend, oor bestaande gemeentegrense heen. Dit gaan oor véél méér as bloot die kultuur-sensitiewe kommunikasie van die evangelie d.m.v. musiek of ander metodes wat jongmense sou aanspreek. 8. Gebed Die waarde van gebed word in die sinode beklemtoon. Hierdie netwerk sal gebedsversoeke koördineer en inisieer. 9. Seisoen van Luister Die begeleiding van die Seisoen van Luister in ons sinodale gebied, is hierdie netwerk se verantwoordelikheid. 10. Vrouelidmate Hierdie netwerk neem verantwoordelikheid vir projekte gefokus op vrouelidmate. 11. Netwerk vir Verteenwoordigers Die instelling van ‘n netwerk wat bestaan uit diegene wat die sinode op verskillende instansies verteenwoordig, word sterk oorweeg. Hierdie verteenwoordigers sal dan ook inskakel by die netwerke waartoe hul betrokkenheid natuurlikerwys heenwys.
|
|
Tuisblad - OosKaap eNuus Argief - Administratief Navrae: Danie Mouton |