
27 Januarie 2010
Vir aandag: Leraars en lidmaat-leiers
VBO-Geleentheid
Werkswinkel oor Diversiteit
Sluitingsdatum
vir inskrywings:
Donderdag, 18 Februarie 2010
Geagte kollegas,
WERKSWINKEL OOR DIVERSITEIT : 24-25 FEBRUARIE 2010
Die Ring van PE bied in samewerking met die Seisoen van Luister en die
Algemene Sinodale Taakspan Diversiteit ‘n werkswinkel oor Diversiteit
aan. Die doel van die werkswinkel is om predikante en ander leiers te
laat deelneem aan ‘n proses waartydens groter bewussyn gekweek
kan word vir die invloed van magsverhoudings, diskoerse, taal
en ander praktyke wat ‘n rol speel in die leef met diversiteit binne die
Suid-Afrikaanse konteks.
Hierdie proses kan dien as basis om lidmate en leiers binne gemeentes te help
met die ontwikkeling van liefdevolle en gasvrye praktyke van saamleef
met die naaste wat die “ander” verteenwoordig. Aangesien ras en geslag (en
hiermee sterk verweef altyd ook sosiale klas) histories, en ook huidiglik, die
kategorieë van diversiteit is wat in Suid-Afrika die hardste skree van onreg,
gebruik ons dit as voorbeelde tydens die proses.
Aanbieders/Fasiliteerders: Elize Morkel, Nelis Janse van Rensburg
Elize Morkel is ‘n sielkundige wat haar tyd verdeel tussen ‘n
privaatpraktyk, gemeenskapswerk en opleiding van kollegas in narratiewe
terapie. Binne die NG Kerk dien sy tans op die moderatuur van Suid-en
Wes-Kaapland, is lid van die taakspan vir Geslag en Diversiteit van die
algemene sinode en voorsitter van die kerkraad van Helderberggemeente in
Somerset-Wes, waar sy die afgelope drie jaar ‘n taakspan vir diversiteit en
inklusiwiteit lei. Elize doen navorsing oor deelnemende pastorale
praktyk as transformerende aksie binne die Suid-Afrikaanse gemeenskap. Meer
inligting oor haar werk op www.elizemorkel.co.za.
Nelis Janse van Rensburg is voorsitter van die Seisoen van Luister
taakspan.
Vir meer
inligting kan jy vir Rethie van Niekerk by rethie@global.co.za
kontak.
PRAKTIESE BESONDERHEDE
Plek:
NG Kerk De Duin, H/v Larocherylaan en
Schaeferplein, Humewood, PE.
Roete:
Draai uit Marinerylaan in Larocherylaan en
regs in Schaeferplein
(oorkant
die EPRFU Stadion, ou Boet Erasmus).
Datum: Woensdag, 24 Februarie om 10:00 tot Donderdag,
25 Februarie om 16:00
(Let
asb daarop dat ons Woensdag-aand ook besig gaan wees.
Reël asb. jou program dienooreenkomstig.)
Kursusfooi: R200 per
persoon
Etes:
Middagete, asook Woensdag se
aandete, word by die NG Kerk De Duin genuttig, en is
deel van die kursusfooi.
Verblyf:
Jy reël jou eie verblyf (‘n lys van enkele beskikbare
gastehuiseis beskikbaar by http://ngkok.co.za/vbo/gastehuiseokt2009.pdf
en jou kerkraad / ring aanvaar gewoonlik verantwoordelikheid vir die koste
hiervan).
Reiskoste:
Die reiskoste is ‘n reëling tussen jouself en jou kerkraad.
Sommige ringe het aansoek gedoen vir ringsprojekfondse om leraars te subsidieer
- kontak jou ringskriba in hierdie verband.
VBO-Punte: Bywoning van die werkswinkel
verdien 15 punte, 10 punte vir ‘n bykomende werkstuk wat na die tyd ingedien
word.
Moenie hierdie
unieke geleentheid misloop nie! Sien julle daar!
Rethie van
Niekerk
Oos-Kaap
verteenwoordiger: Seisoen van Luister
"
VBO : Werkswinkel oor Diversiteit
Inskrywingsvorm
Sluitingsdatum: Donderdag, 18 Februarie 2010
Naam en
Van:
__________________________________________________
Gemeente:
__________________________________________________
Adres:
__________________________________________________
Tel en
Sel:
__________________________________________________
E-pos en
Faks:
__________________________________________________
Betaling
ingesluit:
__________________________________________________
Inskrywings:
Rig inskrywings
aan:
Die Direkteur
Begeleiding
Posbus 34842
NEWTONPARK
6055
Faks: 041
365-3156
E-pos: db@ngkok.co.za
Direkte
Bankinbetalings word aan die Ring van PE gedoen:
ABSA
Tjekrekening
Naam:
Ring van Port Elizabeth
Rekening
nr:
0290 7000 27
Takkode:
ABSA Newtonpark
(Kode 511-917)
Verwysing:
Diversiteit + Jou Van
Stuur u
inbetalingstrokie asb saam met u inskrywing, en onthou asb die verwysing